Ateïsme en kinders

’n Ou gespreksdraad, maar die mees passende ene vir hierdie boiende onlangse onderhoud met Ben du Toit:

'Luthon64

1 Like

Ek het ou Ben se boek gelees; vir my is dit net verbasend dat hy sy hele lewe kon lei hieraan en eers teen die einde hierdie slotsom bereik. Ek is werklik stomgeslaan.

Wel, 99.9% van hulle lê in die graf lank voor die neurone begin werk het. Beter laat as nooit.

:crazy_face: dit is inderdaad so

ek sit en kyk nou die ding en Ben haal sopas Asimov se boek uit… en dan sê hy hy is onlangs oorlede… Asimov is een van my helde, ek is inderdaad tans besig om weer sy hele Foundation reeks te lees nadat ek die Foundation series gekyk het en dit verskriklik geniet het. Asimov is 1992 oorlede, iets wat ek nooit sal vergeet nie want op dieselfde Burger bladsy waar ek met skok die berig gelees het, was dit ook aangekondig dat die Rooms Katolieke Kerk vir Galileo Galilei omverskoning vra… so paar jaar na Galileio se dood.