Christenskap van vandag en die Kerk

“Voice crying in the wild”: Sê asb vir my na aanleiding van jou aanhaling: Is daar geen een van ons wat goed doen of gedoen het nie (“ons” synde nou die ongelowiges in hierdie forum), en is jy bereid om die aanhaling, wat jy jou eie maak, in die openbaar (op hierdie forum) te verdedig? Dit gaan, sonder sê, dat jy die “goed” wat jy, as gelowige, doen of gedoen het, ook sal moet uitpak hierso dat ons, wat “geen goed doen nie”, kan sien wat dit is wat julle wel goed doen en vergelyk met wat ons nie doen nie. As jy verstaan wat ek bedoel ;D.
Armando.