Kom ons vat die argument 'n stappie verder: wat is die verskil tussen 'n sogenaamde ‘siel’ en ‘gees’?
Hier’s my siening:
Siel: is iets wat die religieuse ons vertel alle mense besit en wat die onsterflike komponent van die mens voorstel. Hulle se dis wat ons liggame verlaat as ons sterf en is dan veronderstel om hemel toe te gaan ens. Natuurlik is die bestaan van die ‘siel’ nooit bewys nie. Mens wonder of nie-gelowiges ook 'n siel het en wat word van hulle? Vat maar die miljarde Sjinese.
Gees (Eng: ‘Spirit’): Nou hier’s 'n mengelmoes van interpretasies! Vang gees! Die geeste loop alweer! begeesterd etc. Gees word dikwels gebruik om die bestaan van entiteite soos spoke, tokkelosse, ‘goblins’ geeste oproep ens. te beskryf. Laasgenoemde gebruik is natuurlik bo-natuurlik en dus ook hoogs betwisbaar of dit bestaan en as dit onderwerp word aan die onsinverklikker sal dit sekerlik faal.
As mens voor 'n cadaver van 'n onbekende staan in die lykshuis weet mens niks van die mens se doen en late nie: kon s/hy sing? was h/sy lief vir ander of 'n boef? ens…waar’s die gees nou?