Nuweling

Hulle vertel dat n balbytermier in n dameskoshuis die eensaamste ding op aarde is, maar ek kan julle verseker dat `n Afrikaanssprekende ateis agter die boereworsgordyn self ook maar soms swaar trek. Daarom is ek so dankbaar dat ek onlangs hierdie forum raaggeloop het waar ek openhartig met mense kan gesels oor sake wat vir my belangrik is en mense kan leer ken wat soos ek dink.

Welkom in ons klein hoekie van die Internet, Pieter. (Of is dit dalk John?) Ek hoop dit gee vir jou wat jy kort. :slight_smile:

'Luthon64

Welkom Pieter. As ek kon kies, sou ek ook liewer daai mier gewees het. Hoop jy kuier lekker saam. :slight_smile:

Mintaka

Welkom

welkom Pieter

Alhoha :slight_smile:

Heelwat eensame afrikaners hier…

Welkom, maak jouself tuis!

Welkom, Pieter. Gaan mal!

Miskien vind jy daar is meer denkers agter die boerewors gordyn as wat jy dink. Ek weet self van 'n man wat gereeld in die kerk sit omdat sy eie vrou nie weet hy’s 'n ongelowige nie. Sulke dinge gebeur…

Kan jy ons se min-of-meer hoe VER agter die boerewors gordyn?

Baie dankie vir al die verwelkomings. Voel reeds redelik tuis hier. Het al op die forum rondgedwaal en hou baie van wat ek raakgelees het. BoogieMonster, ek kom van agter die mees suidwestelke punt van die boereworsgordyn. Come to Bellville en CY. Dit mag stedelike gebied wees, maar julle sal verbaas wees hoe eng en naief baie van die mense hier is. Die kat word wel in die donker geknyp, maar hulle hou van slange wat kan praat en heilige spoke en maagdelike geboortes en water wat in wyn verander. Hulle hou veral van water wat in wyn verander. En Sondae lui die klokke oorverdowend en sit hulle in die voorste banke en ruik na die wyn en dink aan die katte wat hulle in die donker geknyp het. Hulle is oortuig daarvan dat die ligte eers ongeveer 6000 jaar gelede aangeskakel is en binnekort weer afgeskakel gaan word.

Welcome bro. :slight_smile:

Ja op die 21st Mei 2011 ! >:D