POSITIEWE DENKE?

Hi Julle

Lekker om Afrikaners te kry wat bietjie anders dink.Ek dink ons Afrikaners is te bang om ooit te sê mens dink anders.

Die ding wat my deesdae die meeste irriteer is die positiewe denke storie. Ek dink dit is nonsens.Weereens het 'n klomp mense (bv. The Secret) nou weer 'n lekker manier gekry om geld te maak.Dit klink so wonderlik , maar in werklikheid verander niks in jou lewe nie.

Ek is van nature baie negatief en meestal depressief.So as ek nou sê dat ek al vir jare en jare dink, hoop en sê dat ek 'n terminale siekte wil hê, hoekom het ek dit nog nie??As positiewe denke werk sal die negatiewe ook werk.Dan moes ek al in my graf gewees het.

Jou lewe is slegs goed of gelukkig as jy in die regte familie met geld gebore is.Geen positiewe denke sal dit verander nie.

So nou wonder ek , wat maak die lewe vir julle die moeite werd.Hoekom moet mens aansnork as jou lewe basies 'n mislukking is.Selfmoord is 'n opsie maar ek het kinders en dan moet hulle die las nou verder dra as die ouer selfmoord pleeg. So nou lewe mens maar in 'n leun.

Hoe verander mens jou lewe sonder om hierdie esoteriese en spiritualistiese nonsens te gebruik?

Haai daar,
Jy is reg, as jy mense vertel wat hulle graag wil hoor sal hulle jou betaal. Hierdie Angus Bucan ou het dit nou weer uitgevind.
Wat selfmoord betref, ek glo nie dit is 'n oplossing nie. Daar is aaltyd iets om voor te leef. Die groot ding is seker maar om kinders te he, die voortplanting van die spesie, maar dan moet daai kinders en klein-kinders ook die bes moontlike kwaliteid van lewe kry. Jy wil jou gene laat voortplant.
Dan is daar ook die pure genot van die lewe. Om met 'n teleskoop na Saternus of Omega Centuri te kyk, 'n goeie rolprent te sien, 'n boek te lees of om uit 'n vliegtuig te spring.
Ons is nie almal Einsteins, Darwins of Mandelas wat die lewe die lewe kan verander nie, maar ons kan tog 'n verskil (partykeer klein) in ons gemeenskap maak.
Vir my is dit (hoe kan ek 'n verskil, ten goede, kan maak) die dryfveer. Partykeer is dit net vir myself, of my famielie maar soms 'n bietjie wyer.
Wat ek wel nie meer saamstem nie is om mense aan die lewe te hou wat nie meer eintlik kan lewe nie. Mense met doodlike kanker of so iets. As hulle wil selfmoord pleeg moet hulle toegelaat word.

Die spell check werk nie in Afrikaans nie!

Dankie vir jou kommentaar.Mense skrik maar as mens so direk van negatiewe dinge praat.Maar dit is die waarheid.En die waarheid is nie altyd lekker nie.

Genade dood is ek ook 'n voorstander van.Maar weereens dit is slegs op die fisiese gebaseer. As jy kanker het of so iets fisies. Maar wat as mens kanker in jou siel of gees het. Dink jy nie mens moet dan ook die opsie hê om die dood te kan kies nie?Jy raak in elke geval 'n las vir mense om jou. Maar mense gaan mos nou nie erken as jy eintlik 'n las is nie.

Ja daar is lekker dinge in die lewe , maar as mens nie geld het nie…wat kan ek sê???

Jammer het nie vir jou 'n antwoord nie. Parykeer het jy maar “posetiewe denke” nodig. As jy net sien wat sleg is, is alles naderhand sleg. Ek was self al bankrot - geen geld, 'n famielie om voor te sorg, die huis verloor en so aan maar om stil te sit en dink hoe sleg dit met jou gaan help nie eintlik nie. Ek het nie my hoop op onredelike goed soos die Lotto en gode geplaas nie, geweet daar is nie 'n maklike manier nie, en maar net weer probeer. Maak jou doelwitte so klein en kort as moontlik.
Maak nie saak hoe erg dit gaan nie, daar is aaltyd iemand wat dit nog slegter af het as jy en selfs die “juppies” het ook maar probleme.

Sterkte en “Look on the bright side of life”

Dankie man.Mens moet maar.Watter ander opsies het mens.

Ek dink dit het te doen met jou begrip en kennis van jou Siel.

In die ou Hebreeuse konteks was die siel in 2 dele verdeel - die Hoër Siel (Neshamah) en die Laer Siel (Nephesh)

Jou Hoër Siel is in kontak met God en staan altyd in stilte as toe toeskouer van jou en hou jy jou lewe lei sonder om in te meng.
Die doel van esoteriese “nonsens” is om jou Hoër Siel te kontak en 'n verhouding met hom/haar te ontwikkel om jou te lei deur jou lewe.

Jou HS het sy eie agende en doelwitte. So in daardie opsig is die hoeveelheid positiewe denkie nie van veel waarde nie.
Ek het egter ervaar, hoe verder jy van jou HS gedistansieer is, deur roekeloos en onverantwoordelik te lewe, hoe swaarder sal dit met jou gaan.

Dis maar as gevolg van die Kerk en Konstantyn se Christenskap wat al hierdie ou waarhede van die mensdom gestroop is om ons te kan beheer en in onkunde aan te hou. Daar is dinge wat die Kerk van vandag wegsteek vir die mense - soos die Esoteriese Kennis van die Boom van die Lewe, waarvan daar talle verwysings is in die Ou Testament en Leerstellinge van Jesus in die Dooie See rolle ens.

Dis ook raadsaam om te weet dat die Kerk in die 7de eeu die gebruik van Meditasie verban het vir die mensdom, maar die priesters was toegelaat om dit te beoefen in die geheim. its all about control! And you control people by keeping them in the dark, and in ignorance!

:o