Aanneem

My ma bly in 'n ouetehuis en toe ek gister vir haar gaan kuier sit sy saam met 'n paar ander tanies en gesels. Ek sit toe ook maar daar en luister. Een van die tannies (nie teenwoordig nie)se kleinseuns is 'n homoseksuele met 'n vaste lewensmaat. Maar die skandaal is toe dat die twee mans nou 'n baba dogtertjie aangeneem het.

Al die tannies stem saam dat hulle nie die kind sal kan grootmaak nie. In die eerste plek sê die Bybel jy kan nie so leef nie en hoe sal hulle nou weet as die kind siek is? Hoe sal hulle weet wat 'n meisie nodig het en so aan.

My pa het in 'n weeshuis grootgeword. Hy het nie eintlik daaroor gepraat nie maar ons het agtergekom dat dit nie lekker was nie. Ek dink 'n kind sal baie beter grootword in 'n ietwat ongewone huishouding as in 'n weeshuis. Hier is nou 'n famielie wat nie kinders kan hê nie, een baba wat uit die gemors gered kan word, en dis nou 'n skandaal?

Ja-nee, dit is tragies dat so 'n pragtige gebaar nou soveel kritiek uitlok.

Hopelik is die paartjie nie oordadig bekommerd oor ander se opinies nie, iets se vir my ons hoef nie daaroor te worry nie.

Almal is maar dom met hulle eerste kindjie, of dit nou die paartjie se eie is of aangeneem. Maar mense leer mos gou.

Mintaka