Dagsê! Verskoon tog aangesien hierdie my eerste inskrywing (enige beter Afrikaanse woord vir “post”) op die forum. Ek is vreeslik opgewonde om nie net Suid-Afrikaanse maar ook Afrikaanse ateïste en skeptici op die net tee te kom.
Ek wil graag hier vra vir enige voorstelle van Afrikaanse boeke wat uit 'n skeptiese of ateïstiese oogpunt geskryf is oor byvoorbeeld wetenskap, godsdiens, en ander soortgelyke onderwerpe.
Met die kort rukkie wat ek hier en op sommige blogs rondgesnuffel het, het ek klaar kennis geneem van George Claasen se boek Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery.
Ek sal van nou af gereeld op hierdie forum inloer en miskien selfs deelneem aan van die gesprekke - ek is nie juis goed met woorde nie en sukkel maar om my gedagtes agtermekaar te kry.
Ek het nog nie George Claasen se boek gelees nie - so laat weet ons asb. as jy hom klaar gelees het. Ek het nog bitter min van afrikaanse boeke met die onderwerp gehoor. Nog minder gelees… Die naaste wat ek daaraan gekom het, was seker Koos Kombuis se ‘The Secret Diary of God’
BTW. Daar is baie afrikaanse internet terme wat my laat gril, so ek sal maar bly by ‘post’.
Voel vry om enige iets te gebruik soos dit jou pas - soos jy is ek geen skrywer nie en solank die gedagte goed deurkom is ek gelukkig.
Laat weet ons asseblief as julle op 'n boek afkom. Ek dink hulle is skaars. Gosdiens is so 'n sterk deel van ons kultuur dat almal dit vanselfsprekend aanvaar. Jy kan nog wegkom om in 'n ander god te glo (nie maklik nie) maar geen god? Dit is ('n paar van my famielielede) 'n konsep wat nie bestaan nie, of is een van satan se truuks.
Ek het begin werk aan 'n algemene skeptiese gids wat ek probeer “local” maak deur dit relevant te maak tot gebeure en dinge in Suid Afrika. Ek beoog om dit vir voorlegging te stuur so teen September. Sal hierdie forum op hoogte hou van enige verwikkeling.
Goeie dag almal. Ek is 'n nuweling. Na baie gesukkel het ek tog hiernatoe deurgebreek, maar die gesukkel was net my eie skuld. Ivm Afrikaanse leesstof: die enigste relevante goed wat ek kry is dié wat ek van tyd tot tyd in BY vind ('n byvoegsel/binnekoerant van Beeld. Origens is ons uitgelewer aan Engelse/Amerikaanse boeke. As u (praat ek nou met die administreerder?) sal toelaat dat ek my eie poging aan u/julle voorstel: ek het 'n boek geskryf met titel “Ateïsme: Die Saak Teen God”. Ek is bereid om een of twee kopieë daarvan aan iemand wat dit vir hierdie Werf sal resensieer, kosteloos te gee. Laat weet net en los 'n adres. Ek is 'n ingenieur en hou my nie op met die bonatuurlike nie, maar die boek beskou meer as net dit. Terloops, die rede waarom ek dit geskryf het (dit het my 3 jaar geneem), is juis die frustrasie wat ek ondervind het met my soektog na iets wat inhoudelik sin gemaak het en wat nie bloot 'n “is/issie” argument is nie.
Welkom, en dankie vir die aanbod! Ek is seker iemand hier sal belang stel. Ek stel voor dat jy 'n nuwe topic begin en die link hier post, dan kan almal wat belang stel daar verder bespreek.