Welkom BoogieMonster, van my ook.
Jammer ek het so laat ingekom om saam te gesels. Onthou net jy is nie alleen nie. Terloops dit was die stategie van godsdiens in die verlede (en nog steeds) dat indien jy nie saamstem nie word jy verwerp in die gemeenskap Nou preek/praat hulle van onvoorwaardelike liefde? Dis 'n regte Mafia onderneming: “You’re being offered the threat and protection from the same institution”.
Ek het Afrikaans-spekend en gekerk groot geword maar gelukkig vroeg in my lewe krities begin dink en van al die leuens en motiewe bewus geword. Dis baie jare gelede! Ek was alleen (analoog miskien soos 'n “closet gay”) Maar gelukkig was my vrou (Engels-sprekend) nie kerk-godsdienstig nie. En nadat ons seun gebore was, was hy blootgestel aan kerk/godsdiens (net Sondagskool),want ons wou hom nie laat verwerp voel nie. Geleidelik het ek hom begin blootstel aan ander denkwyses. Hy het dit moeilik gevind want sy maats het altyd gese " he is different".
Met dit genoem wil ek net se sterkte Boogie Monster. Onthou jy is nie 'n klonaal nie. Leef jou oortuiginge uit op 'n voorbeeldige manier. “Like they say God loves Atheists because they don’t ask Him much”. ;D
Barryl
LOL