Afrikaner wees?

Hi mense, ek is 'n ateïs. (Eerste keer wat ek dit moes tik…)

Dis snaaks dat ek seker nooit gedink het ek sal hierdie emosie moet hanteer nie. Maar ek voel baie soos 'n gay mens wat in die closet lewe, circa 1980. Of kom ons se, iemand wat VIGS het maar niemand daarvan sê nie. 'n Melaatse in die beloofde land… Die punt is ek is mostly-closeted oor my geloof. Van my vriende weet ek het geen geloof nie. Maar my geboorte-gesin en uitgebreide familie, het nie 'n clue nie. Ek is maar net die ou wat nie so gereeld (nooit) kerk toe gaan nie, en dus elke nou en dan 'n klik van die tong verdien.

So, 'n goddelose heidin wat skuil in die nasie van god. Of so iets. Dis 'n alleen lewe, met nie te veel plek om jou frustrasies te vent nie. Goed dan om hierdie forum so 'n rukkie terug te ontdek. En ekstra goed om Afrikaners hier te sien.

Ek het 'n ruk terug aan my ouers gesê (sonder om godsdiens te noem), dat ek my Afrikaner kaart liewer iewers wil gaan ingee. En net 'n mens wees vir 'n slag. Ek’s rerig moeg om ingeneuk te word by die spul. Daars die godsdiens ding, en, ek’s jammer as dit aanstoot bring, maar boere-sokkie-treffers, “Dis hoe dit is met Steve”, double-cabs, en bull games by Loftus gee vir my 'n enorme gevoel dat ek sekerlik nie deel kan wees van hierdie nasie nie. Of wil wees nie.

Ek loop nou natuurlik sekerlik in 'n leeuhok in waar iemand gaan se: “Hey, ek sokkie heel naweek by Loftus met my double cab! En ek is SLIM!”. Dis OK, ek verstaan, daars altyd 'n uitsondering. Ek’s ene, sien?

Hoe voel ander oor dit? Ook so gereed om die titel op te gee? Is dit net ek?

Hello BoogieMonster! ;D

Het jy onlangs 'n ateïs geword?

My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende. Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers. Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor. Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin. Nou moet jy nog van al die emosionele bagasie afgooi. Ek glo net skeptisisme, rede, logika en 'n goeie klomp interessante stokpertjies kan dit teweeg bring. Dit neem tyd. En hoe meer rede jy toelaat om oor te neem, hoe minder vrees sal jy he vir relegie, en sy aanhangers.

So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar. Wees skepties oor geloof en dring aan op bewyse. Rede sal stadig maar seker oorneem. En voel vry om goed te voel oor jou ateïsme. Dis die natuurlike staat. Jy was 'n ateïs gebore. Jou Christenskap is eers later aangeleer.

Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve for that matter. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie. Somige dinge soos ateïsme kan miskien nog vir 'n rukkie taboo bly, maar so what? Wees 'n pionier vir rede. Alles verander. En diegene wat jou nie wil aanvaar omdat jy verkies om jou kop te gebruik nie, se m**r.

Baie welkom by die forum. :slight_smile:

Mintaka

Hallo, en welkom by die forum!

Ek dink dat die eerste ding om te besef is dat sulke gevoelens nie net tot Afrikaners beperk is nie. Mens kry ooral buitestaanders wat diep in hulself ongemaklik voel met hul medemense.

Daar is myns insiens geen oplossing vir die toestand nie. ’n Mens moet maar probeer om die ongemaklikheid te verminder deurdat jy dinge doen wat jou vreugde gee: lees, fliek, skryf, of watookal. En ook om die oomblikke met andere te waardeer wanneer die verskille nie tussen julle groot en breed staan nie; d.w.s. saam dinge doen en geniet. Laastelik, om jouself en jou oortuigings getrou te bly.

Jammer, ek klink nou sommer soos ’n vaak self-hulp boek.

'Luthon64

Nie rerig nie, nee. Ek’s 'n hele paar jaar laas in 'n kerk gewees (troues uitgesluit). Ek sou myself agnosties genoem het aan die begin, maar definitief meer aan die ateïstiese kant. Ek het net die beskrywing 'n ruk terug verander. Ek sou nie se dit het my sienswyses rerig verander nie. Miskien so, 5-6 jaar? So iets.

My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende. Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers.

Kan nie se ek stem rerig daarmee saam nie… miskien verwar ons twee idees hier… die idee van my afrikaner kultuur vs. ateïsme?

Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor.

Nie so seer gaan verloor nie, my vriende en besigheids kennisse weet (waar dit ter sake is natuurlik). My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek “hel” toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer “red”.

Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin.

Inderdaad. Het my jare gevat om al my denkwyses heeltemal af te leer.

So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar.

Ek het genoeg stokperdjies om 'n … uhm… buitehuisie te vul. Geen gevaar dat ek rondsit en tulp nie. Die lewe is kort en daars dinge om te doen. ;D

Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve [i]for that matter[/i]. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie.

Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd. My ondervinding is dan anders as joune…

Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie? Het dalk die kat aan die stert beet maar ek weet dit was 'n “issue”. Maybe 'n ander fees… volg nie die kultuur dinge nie, soos jy seker kan dink.

Goed ek het dit gaan navors, daars was sprake van maar hulle is op die ou-einde toegelaat om te speel.

Ek kom toe ook op hierdie lirieke af:

Video:

Klink baie soos wat ek probeer se, ek moet erken…

My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek "hel" toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer "red".

Ja-nee dis baie waar, en 'n taai een. Ek weet nie of daar 'n self-help antwoord is nie. Maar dit wys net weer watse probleme godsdiens vir mens kan bring.

Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie?

Net die feit dat die polisiekarre vandag bestaan, of hulle nou mense omkrap of nie, is mos 'n teken van verandering, nie so nie?

Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd. My ondervinding is dan anders as joune....

Is jy seker jy was by al die biltongstalletjies? Somige van daai spices is rerig radikaal! :wink:

Mintaka

Goeie naand almal, my naam is Jane en ek is 'n “AttieJis” ;D (Psst waar de … kry jul die lees tekens ???)

Hi Boogie en almal, ek moet ook se, ek het nog nooooit vir iemand genoem dat ek die groot “A” woord is nie! Ek is seker daarvan vir hul is dit “all the same as”
= Anti christen of satan/satanis! Ek het ook 'n hele paar jaar gelede dieper begin dink, vrae gevra en nie die antwoorde gekry wat sin gemaak het nie. 'n Paar maande gelede die “google” ding begin doen, vir meer antwoorde. Ja, Ja, sal mens “party” mense hoor se, die internet is “evil” maar ek dink dit is net 'n dom persoon wat een “site” sal bekyk en besluit “thats the way to go” sommige mense sal dit natuurlik nie so insien nie :wink:

Ek het gister 'n “post” van iemand gesien, ??? kry dit ongelukkig nie nou gou genoeg nie maar, ek dink dit kan “Anacoluthon64” wees wat dit geplaas het. Baie naby aan wat my sienswyse van die lewe nou is: Leef jou hart uit, wys jou Liefde aan jou geliefde, spandeer tyd saam met hul, respekteer hul, ag man, waardeer net die tyd wat jy saam hul kan wees :slight_smile: “Because what you see is what you’ve got” Daar is nie nog opmaak vir als in “Heaven” nie, want ons weet daar is nie so iets nie. Ek wens soooooo dat meer mense “Dit” kan besef. (praat nou van “theists”)

Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie? Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? :slight_smile: (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Ek het al met my man en dan ook met twee van my familie lede daaroor gepraat. Vir hul ‘n paar redes gegee oor hoekom ek voel soos ek voel, ‘n paar vrae gevra (wat hul nie Kon antwoord nie) en toe mooi sagkuns verduidelik dat ek steeds dieselfde “ek” is en dat hul regtig nie bekommerd moet wees oor my „siel“ nie en ook nie ′n satanis is nie.
(as dit regtig hul grootste vrees sou wees)

My lewe het regtig soos dag by nag verander nadat ek die groot boek neergele het, rustiger, meer rationeel en realisties. Dit voel of daar ‘n berg van my skouers af is.

Maar …….ek moet se, dit is waar wat jy daar se “Mintaka” EK het nog daardie obsessie
Oor die geloof ding, wil net notas maak van al die bewyse wat opduik, net vir ingeval ek dit moet gebruik vir ammunisie! (Ek hoop wragtie nie dit gaan 2 jaar neem om oor te waai nie) Maar ek moet se, my kop voel nou soos ′n spons, wil net informasie in neem en in neem. My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees! Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense
vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie,
jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie ::slight_smile:

As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map

Ek is seker daarvan vir hul is dit "all the same as" = Anti christen of satan/satanis!

En moenie vergeet van die Boogie Man nie. (En daarvandaan, die naam)

Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie? Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? :) (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Nee ek’s nie getroud nie. Met “gesin” verwys ek na my ouers en broers/susters.
Ek gaan met 'n girl uit wat, alhoewel gelowig, nie rerig kerkmens is nie, en my standpunt heeltemal verstaan.

My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees! Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

Hulle gaan dit ongelukkig, soos ons, meestal vir hulself moet uitwerk.

PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie, jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie ::)

Dit was 'n moeilike stap. Ek was nog gereeld by my ouers, en moes mooi trippel om te verseker ek’s nog “op die goeie pad”. Uhm, ja, ek het gelieg om uit dit uit te kom. My punt is, dit was nie maklik, maar ek moes dit doen vir daai selfde rede. Jy sit skielik in daai plek met 'n hele ander stel oë.

As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map

Ok kewl, jip ek weet waar om dit te gebruik in Windows, net gedink jul tik sommer dadelik in die reply venstertjie ::slight_smile: anders gaan dit maar mal so tussen die ge- “cut” en “paste” tussen die programme, maar ek sal dit eerder maar volgende keer so doen :slight_smile:

Ek moet sê, as mens getroud is en al kinders het, plaas dit mens in 'n redelikke moeilike situasie wanneer jy dan eers „de-convert“. Eie familie, skoon familie, kinders en jou egenoot is in die prentjie en dit maak dit regtig 'n baie moeilik situasie en ek glo so iets
het al en kan ook in die toekoms baie families uit mekaar skeur. In meeste van die gevalle wat ek op die internet teegekom het, was dit die mans wat eerste die „ontdekking“ gemaak het en sy vrou wat dan oortuig moes word. In my geval anders om. Wat sleg is vir my, is die feit dat „geloof“ juis „vir“ hegte familie en gesins bande staan en wanneer een persoon sy lewe verander, hul bereid is om hom weg te stoot, terwille van hul geloof!!!
My vraag is net:
Is hul bereid om die kans te staan om hel toe te gaan deur so 'n daad?(volgens hul geloof)'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?
As hul die situasie mooi oorweeg, sal hul sien hoe onrealisties hul geloof is!

'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?

Deur die instruksies in die handboek te volg natuurlik:

2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

Mintaka

So wat wil jy vir iemand soos ek sê Mintaka? “I’m Doomed”

Ek staan ‘n kans om meeste van die mense in my lewe, wie vir my kosbaar is te verloor OF om voor te gee dat ek in hul god glo, om almal die verdriet te spaar? Daar nie erens ander in die bybel ‘n versie wat dit weerspreek nie? :-[
Daar is reeds soveel van hul beskikbaar, moet maar bietjie huiswerk doen die kant lol
Het jy toe na die links op die Recommended kant gekyk?

Natuurlik, so kan 'n situasie ontwikkel waar almal vir mekaar lieg maar niemand dit eintlik glo nie.

So wat wil jy vir iemand soos ek sê Mintaka? “I’m Doomed”

Nee wat, ek glo darm nie. My post was eintlik bietjie tong-in-die-kies, dalk ongevraagd. Baie mense het 'n wonderlike slag om enigiets wat hulle rerig wil doen op een of ander manier te regverdig deur o.a. willekeurig te pluk uit die groot versieboom. Byvoorbeeld,

DEUTERONOMIUM 14:8 Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.
is tog 'n heel duidelike instruksie om varkvleis te vermy, maar ek ken Christene wat net so lekker daaraan wegle as ekself.

Op een of ander manier regverdig hulle bacon-and-banana toebroodjies sonder te veel serebrale inspanning, hetsy deur 'n meer gunstige versie aan te haal, of so 'n biejie interpretende teologie te beoefen. (Blykbaar, soos ek dit verstaan, het die Ou Testamentiese wette ongeldig geword na die koms van Christus. O ja, behalwe jy mag nog steeds nie steel nie.)

Elkgeval, die punt is dit: Mense vind 'n manier om te doen net wat hulle wil binne die raamwerk van 21ste eeuse wetgewing, ten spyte van hul goddelike instruksieboek.

So as die familie 'n hegte band het, een van vele goeie dinge van Afrikanerdom, sal hulle heel moontlik die gewaande stres van 'n ateistiese familielid baie gou oorkom sodat skeuring nie plaasvind nie. Indien nie, was daar reeds groter probleme aan boord as die ongelowige.

Nie die engste Christen kan dit meer bekostig om die Bybel letterlik te interpreteer, en nog hoop om in vandag se samelewing in te pas nie.

Ek is dus versigtig optimisties dat ons families ons ateisme sal oorleef, en wel vir dieselfde rede dat hulle ham pizzas geniet.

Mintaka

Nee wat, ek glo darm nie. My post was eintlik bietjie tong-in-die-kies, dalk ongevraagd.

Dis kewl ek isi kwati ;D (net gewonder of ek moet begin tas pak en 'n “one way ticket”
uuuuhhhhmmm Siberia toe moet koop :wink:

(Blykbaar, soos ek dit verstaan, het die Ou Testamentiese wette ongeldig geword na die koms van Christus. O ja, behalwe jy mag nog steeds [b]nie steel nie[/b].)

Steeds nie??? >:(

Sal dit regtig baie geniet om in mense soos jul, se geselskap te wees so nou en dan. Jul laat die gemeenskap om my so bietjie bleek lyk :wink:

Ek moet sê, as mens getroud is en al kinders het, plaas dit mens in 'n redelikke moeilike situasie wanneer jy dan eers „de-convert“.

Ek is nogal nuuskierig. Oe presies vertel mens jou kinders dat jy nou besef jy’t hulle nie die waarheid vertel nie? Of het jy dit nog nie probeer nie?

In meeste van die gevalle wat ek op die internet teegekom het, was dit die mans wat eerste die „ontdekking“ gemaak het en sy vrou wat dan oortuig moes word.

Ek ken 'n paartjie wat een van die dae trou. Die dame is agnosties, en wil graag net gaan teken by die hof, en die man wil graag 'n kerktroue hê, want hy is natuurlik 'n gelowige. Nie baie erg nie, maar dis daar. In elk geval, dis net een geval waarvan ek weet, en ek dink nie dis baie volop nie.

In verband met die character map, hier’s 'n wenk:
As jy die karakter kry wat jy soek, klik op dit, en kyk links-onder aan die venster. Daar staan "Keystroke: " gevolg deur 'n kombinasie. Jy kan dit gebruik om die letters te “tik” sonder om weer character map te hoef oopmaak. Bv. Ek hou ALT in en tik 0234. Dan kom 'n “ê” uit.

How should nonbelievers be treated? :wink:

Uit my persoonlike ondervinding, het ek agter gekom dat mense nie so hewig reageer soos ek in die begin verwag het nie. Daar is sekere mense wat glad nie met jou sal saamstem nie en niks met jou te doen wil hê nie, maar hulle is gewoonlik in die minderheid en mense wat ek in elk geval nie veel gaan mis nie. Die mense wat saak maak en vir my omgee, aanvaar my soos ek is (hoe anders dan?).

Dis moeilik om die negatiewe konnotasies af te skud omdat dit so groot onding in ons wêreld waarin ons groot geword het was/is, maar dit gaan net verander as mens openlik vir ander mense wys dat dit nie 'n slegte ding is nie. En dat dit nie iets is om oor skaam te wees nie.

Ek dink omdat Afrikaner wees so nou met die kerk saamgegaan het, is dit nou bietjie complicated om een deel van jou identiteit te verwerp sonder om heeltemal daai identiteit te verloor. Maar dis nie onmoontlik nie :wink:

Ek is nogal nuuskierig. Oe presies vertel mens jou kinders dat jy nou besef jy't hulle nie die waarheid vertel nie? Of het jy dit nog nie probeer nie?

Lol Boogie “what a Question” :slight_smile:

Ek was in die gelukkige posisie, dat my ouer kind homself as “Agnostic” ge-“tag” het, jongste een het hom daaroor uitgevra en dit baie goed verstaan. Natuuuuurlik was ek baie verbaas en in 'n mate verlig dat ek nie nodig gehad het om teveelte please and explain nie :slight_smile: oor als uitgebrei en seker gemaak sy verstaan wat ek vir haar probeer oordra. :slight_smile:

Gelukkig weet my kinders ook dat dit regtig nie ‘n kwessie van „n leun“ wat deur my aan hul oorgedra was nie, maar meer 'n kwessie van “go with the flow” wat vir ons almal ‘n dure les op die ou end is/was. In ‘n mate was dit makliker vir my dalk, as wat dit vir mense met klein kindertjies kan wees, maar mens weet nie, dalk gaan dit so maklik soos wanneer hul van die Tand muis of kersvader moet afsien, ek weet nie, maar sou graag wou hoor van ander ouers met jonger kinders.

Die enigste ding wat my wel kwel is, dat dit baie moeilik vir my kinders in die skool is. Deur dat godsdiens in baie van die skole op hul afgedwing word en dat soveel van hul vriende en span maats godsdienstig is. Maar in die selfde asem ook heeltemal bereid sal wees om hul te verstoot indien hul sou uitvind! :frowning:

En, wat is haar siening nou? Nogsteeds gelowig, of het sy julle “lead” gevolg?

Die enigste ding wat my wel kwel is, dat dit baie moeilik vir my kinders in die skool is. Deur dat godsdiens in baie van die skole op hul afgedwing word en dat soveel van hul vriende en span maats godsdienstig is. Maar in die selfde asem ook heeltemal bereid sal wees om hul te verstoot indien hul sou uitvind! :(

Wel, ek dink die res van hulle lewe sal hulle daai span-tou moet loop, so hulle gaan dit moet gewoond raak.

En, wat is haar siening nou? Nogsteeds gelowig, of het sy julle "lead" gevolg?

Omdat ons 'n goeie verstandhouding het, het altwee aanvaar wat ek aan hul oorgedra het en vertrou dat ek nie snert met so 'n erns sal hanteer nie, selfs my seun wat 'n agnotis was, het aan beweeg. Agnotisme is myns insiens, slegs 'n “safe” place to be, if you know what I mean :wink: Alhoewel dit dalk 'n onvermeidelike fase is waardeer meeste “sceptics & Atheists” gaan :slight_smile: Ek wens net ek kon ook deurdring na my “hubby”, veral Sondae is dit 'n redelike ongemaklike situasie, wanneer hy alleen kerk toe gaan.
Dit is sekerlik vir hom 'n ongemaklike situasie om nou na baie jare, alleen in die kerk te sit, maar tegelyke tyd moeilik vir ons, omdat ons dit geniet om as gesin oral heen te gaan.

Wel, ek dink die res van hulle lewe sal hulle daai span-tou moet loop, so hulle gaan dit moet gewoond raak.

Jy is eintlik reg, dit is net moeilik vir 'n Ma om op die skeidslyn te sit :slight_smile: