Ag nee man moz://a !

Dit lyk of die makers van my gunsteling internet snuffelenjin hulle skaar by diesulkes wat tog liefs net platforms will skep vir mense wat aan een of ander standaard voldoen. En dit terwyl vrye spraak juis die inklusiwiteit moet waarborg van enige poepol en sy opinie. Ek het meer verwag van 'n organisasie wat homself voorhou as 'n voorstaander van vrye sagteware en internetgebruik. Teleurgesteld, maar nie genoeg om die vlamjakkals se nek nou al om te draai nie.

Louwarm sensorskap soos hierdie is - ten minste - 'n klap in die gesig van die mensdom, met die implikasie dat mense nie vir hulself mag of kan dink nie.

Verwysingsskakel.

’n Bietjie sywaarts van die punt, maar indien jy dit nog nie gekyk het nie, hierdie is hoogs aanbeveel vir die nugterende insig wat dit bied in hoe en wat sosiale media bewerkstellig, veral Facebook, YouTube, en Google.

'Luthon64

My fok, mense wat deesdae hulle voorhou as internet baanbrekers het geen idee waaroor die internet nog altyd gegaan het nie.

Dankie, sal bietjie springmielies maak en loer vannaand.