Aksente

Mag ek julle iets vra?

Is daar 'n verskil tussen ée en éé in hierdie voorbeelde?

[i]D. F. MALHERBE
NA DIE DROOGTE
[…]
My harte juig mede
en my dankbare bede
word éen met die skape se lied;
en saam klim na bowe
om die Skepper te lowe,
ons lofsang na swaar en verdriet.
[…]

D. F. MALHERBE
DIE ROOSKNOPPIE.
Daar onder in my tuintjie,
daar staat ’n boompie teer;
daaraan sit net één knoppie —
één roseknop, nie meer.
[…]
[/i]

Wat is die verskil tussen é en è, hoekom die verkillende aksente in die woord “vér / vèr”?

[i]H. H. JOUBERT
OP DIE LAERS AANSWERWENDE SOELOE-HORDES.
[…]
Want wyd
en vèr in die duister verspreid,
dool sluipende hordes om en om —
’n hygend-voortduwende dreiende drom
van ontsenuwende lis en onrus,
van onmenselike graagte en lus.
[…]

J. R. L. VAN BRUGGEN
HEIMWEE.
[…]
O, ek sien weer die ylbloue berge
Dáár vér aan die westerkim,
En ek wonder nie meer waarom weemoed
So sag uit my liedere klim;
[…][/i]

Dankie!

Die vorm ée is verouderd. Deesdae kry albei albei letters aksente.

Die vorm é word n akuutaksent genoem en [b]è[/b] n gravisaksent. Die akuutaksent is die algemene een en kan opsioneel gebruik word om lettergrepe te beklemtoon. Die gravisaksent is uiters skaars en die enigste twee Afrikaanse woorde wat in gereelde gebruik is en gravisaksente het, is appèl (met aanvoegsels soos ~regter, ~hof, ens.) en nè. Met hierdie woorde is die aksent verpligtend. Die vorm è het n verkorte uitspraak van [b]ê[/b]. Vèr is óf verouderd óf n spelfout.

En het gedink as jy die taal kan praat het jy nie Afrikaans as 'n vak nodig op skool nie. Einlik dink ek nog steeds so. Natuurlik die wat dit wil studeer moet dit kan doen, maar daar is baie meer belangrikke vakke om die skool dag se tyd te gebruik.

Dankie almal. In my boek het ek vér, vèr en vêr gevind. Ek dink daar is verouderd vorms in die boek.

Ja, miskien is dit nie belangrik nie, maar ek was nuuskierig. :slight_smile: