As hy weer kom...

Cyghost, ek wil graag voorstel dat jy ‘n baie cool boek aanskaf. Die ou mense het altyd gesê mens maak nie ‘n kind volgens ‘n boek groot nie, maar ons het al geleer om nie alles te glo wat hul kwyt raak nie :wink:

Ek het “Parent Power” aan geskaf eers met my 2de kid en was van groot hulp. Gee mens genoeg idees oor hoe om verskillende stadiums in jou kind se lewe te hanteer. Net wanneer mens dink jou kind is ‘n Alien, kom jy in die boekie agter dat dit net nog ‘n “stadium” is waardeer hul gaan! Enige ouer kan baat vind uit die boek (tot die wat van mening is hul kids in engeltjies :wink: )

dis mos nou complete stront daai. en ek bet, glad nie deel van die cirriculum nie. en nie halfpad waat either nie. sy kan netsowel vir die kids vertel santa is real. ek sal sommer by die hoof baklei daaroor. g’n wonder kids sukkel met die regte lewe as hulle die heelal ingewetter word nie.

ja en moenie vergeet van Spaaiderman, Soeperman en dies meer ook nie…‘n tragiese ervaring in my familie:
My kleinseun (5) en kleindogter (6) wou vir oupa die plaashek oopmaak en met sy Spaaiderman pakkie en al het hy (hy wou blybaar sy sussie wys hoe hy kan vlieg) sonder my medewete van my Landie afgespring en sy koppie vergruis…hy’s tien dae later oorlede. Hy sou nou tien gewees het. :’( :’( :’( :’( :’( :’( vir ewig in my gedagtes…en moenie glo dat dit vir’n ateis maklik is om dit te verwerk nie…hier is die xtians ons voor…dis maklik om te rasionaliseer en te se dis god/jesus of wie ookal wat hom by hulle wou he…stront dis wreedaardig. My dogter en skoonseun asook vriende het oor 'n miljoen mense wereldwyd gekry om vir hom te bid…Josef en Jesus se gestoei met God/Satan/die engele was kinderspeletjies gemeet teen my gesprekke met die mitiese god van liefde. Sorry man :-\ maar die les is die liegstories wat kinders opgedis word deur die media,skole, kerke en almal…dis 'n stryd.

jirre man, dis kak sad, en 'n storie wat ek al te veel keer voorheen gehoor het. al die superheroes is moerse, maar ouers moet ook kinners vertel, dis eintlik bollie.
en dan blameer die familie seker nog oupa ook.

Jirre Brian. Dit is 'n verskriklike hartseer storie. :frowning: Innige empatie man.

Ek moet sê ek hou myne soos 'n valk dop en enige bewegingtjie of geluidjie word fyn geanaliseer. Ek sal seker êrens moet ontspan. So blêddie weerlos die klein skepsel.

Dankie vir die boek naam Jane. Ek glo in boeke :smiley: Wil self nog Steve se boek opspoor.

Dis die beste van 'n kak storie…my familie het hegter saam getrek en ons is vandag nog baie heg veral ek en my oudste dogter wiese kind dit was…die enigste bliksems wat blaam toegedeel het was sekere xtians…fok! en bygevoeg…omdat ek 'n ateis is was dit my verdiende loon!!.. >:(

Dankie julle, maar soek asb ook my boek op “Moses was a Liar” Raider Books NY ISBN 13:9781616670061 ISBN 10: 1616670061 …die familie tragedie het my die nodige hupstoot gegee om die ding klaar te skryf…en terloops die gebeure was my finale nekslag in geloof alhoel ek reeds lank ateisties was.

'n ander interessante angle…is dat Uncle Angus ook so sy kind verloor het en dit hom bekeer het! horses for courses!

Dis baie “sad” om dit te hoor Brian en ook ‘n seer wat mens lank by bly, glo ek. Ek is bly om te sien jou verhouding met jou dogter het nie daaronder gelei nie. Solank mense kan verstaan dat GEEN normale mens so iets doelbewus aan jou eie kinders, kleinkinders of selfs medemens sal doen nie en dat dit ‘n ongeluk was wat enige tyd kon plaasvind. …en wie in sy “right” mind kom tot die verduiwelse slotsom dat dit ‘n ongelowige se verdiende loon is om so iets oor te kom, freakin siek!
Thanks, sal jou boek ook opsoek en lees :wink:

Brian, die smart wat met só ’n gebeurtenis gekoppeld moet gaan is heeltemaal bo my beste verbeeldingsvermoëns. Dit is nie genoeg dat mens – heel natuurlik – by hom- of haarself beduidende skuld vir soiets soek nie; boonop is die sg. “Gristene” wat blaam wil toedeel ’n las wat nog nodig nog hulpvaardig is nie - die onsedelike gekeuwel van die “morele” meerderheid.

Verder as dit is ek letterlik stom geslaan.

'Luthon64

Is self stomgeslaan. Daar is nie woorde nie. Behalwe, diepe simpatie!

Diepste simpatie en sterkte, Brian.