As hy weer kom...

…kom haal hy sy pêrels.

Okay nie regtig waaroor die een gaan nie. Dit is 'n eerste koms en nie 'n weerkoms nie. :wink:

“Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie. Hy is so klein en so skraal” is die liedjie (van alle liedjies) wat my half aangeklamde broer my Saterdag oggend 03:00 in die hospitaal kom toe sing het nadat klein cyghost 'n week te vroeg, sy (on)verwagte verskyning gemaak het.

'n Ongelooflike en haas onbeskryflike gedoente. :o En dit het nou nog nie behoorlik ingesink nie. As dit ooit gaan gebeur…

My broer se liedjie is toe egter eintlik nogal gepas want hy is so klein en so skraal en so weerloos dat dit die sterkste man se hart sal week maak. Maar 'n paar longe op hom sodat hy enige rock en roller sal groen van jaloesie laat. Gelukkig sovêr skreeu hy net blou moord wanneer hy gebad word en doek omgeruil word. Kostelik actually.

So. Ek dag ek sê julle maar net dit is nie net die Stormers wat my in 'n emosionele wrak gelaat het nie.

En dan my psigiese voorspelling vir die week is 'n Stormers - Crusaders Nuweland final. ;D

veels geluk en geniet die mannetjie…al speel hy eendag vir die Stormers ;D

BAIE GELUK!! Pajama parade!

Geniet die outjie, hulle word te vrek gou groot!

Dankie julle ;D

Baie geluk, cyghost. Ook aan Mev. cyghost en die toekomstige vleuel cyghost! :wink:

'Luthon64

vele geluk broeder. ek het nog net klein katjies grootgemaak, en dit was werk genoeg. jy is 'n brawe man.
leer hom die straight and narrow. en hoe om met die gelowiges te deal. dalk is hy ons toekoms. ons eie martin luther kind.

Veels geluk met die cygnet. Mag hy voorspoedig vaar.

Baie, Baie Geluk Cyghost, hoop die mannetjie bring jul sommer baie vreugde! :wink:

Ek soek 'n foto… babas maak my broeis en ek wil sien hoe lyk die outjie!

Geluk met die nuweling cyghost! :slight_smile:

Mintaka

Dankie almal.

Hies hy…

http://img33.imageshack.us/img33/2859/tayne.jpg

Hy is 50% Afrikaan en 50% Koreaan maar weet nie of ek enige iets in hom sien op hierdie stadium nie. Net 'n frons oor wat aangaan in die vreemde wêreld waarin hy homself bevind.

Jane of the Jungle ek het geen huidige antwoord oor hoe ek al die dinge gaan hanteer gesien in die lig van my ateïsme nie. Ek dink op die stadium vat ek dit soos dit kom. Ek vermoed ek sal dalk heelwat vrae hier stel :slight_smile:

Vir myself, was groot gemaak as NGK Christen met Sondag skool, ATKV en koffiekroeg asook so bietjie landsdiens ingewerk. Goeie Afrikaanse Laer en Hoër skole met al die wonderlike indoktrinasie daaraan verbonde (meer kerk, kadette en kaskenades). So ek ken die ou Chirstelike liedjies self baie baie goed en vind oor Kerstyd sing ek lustig en uit volle bors saam met baie van wat gespeel word. Ander dag innie kerk by 'n goeoe vriend se troue self 'n psalm of twee kon onthou. Net kop geskud vir die ongelooflike simpel beloftes wat gemaak is. Ai my volk.

En tog op een of ander manier het ek dit oorleef, deur die leuns en kak gesien (dalk geruik?) en is ek die skeptiese persoon wat ek vandag is.

So ons sal sien wat ons sal sien en net onthou dat sommige mense wat dink hulle is donners smart is nie altyd so donners smart nie - myself bo aan die lys.

Thanks vir die fototjie Cyghost, pragtig, (weet nie watse skerp lig Pa nou in sy gesig druk nie ;D )
Skuus man ek het my vragie verwyder, sekerlik toe jy al besig was om terug te antwoord, nie geweet of iemand dalkies sou dink dit is on van pas nie. Dankie vir jou antwoord nie te min! Ek wonder tog of daar in Engelse skole en kleuterskole nie minder klem op die soort van ding geplaas word nie.
Dit is heel waarskyn dan vir tyd en weil, die beste oplossing vir mense in ons skoene!

Nie hier waar ek woon nie…Hillcrest Durban. Daar is serious Christelike skole en ek vermoed dis om die halsbandjie en nie die hond nie! Sien jy kan op grond van geloof diskrimineer maar nie ras nie…aldus word skole skielik Christelik, Muslim en Joods. Moet erken 'n paar is daarem al lank so. Die Hillcrest Christian Academy is byv 'n moerse skool…die geld wat daarin gepomp word is ongelooflik…Kearsney College word bemark as 'n ‘Methodist School with Methodist values’ etc etc. Die ironie is dat hierdie skole baie goeie akademiese skole is en derhalwe laaaang waglyste het.

Ah-Junne, die fronsie is te pragtig! Is ma ok en oor die seer? Bederf maar so bietjie daar ook, die hormone speel gaos op 'n lyf net na die geboorte.

In kort, indien jou aansoek bo aan waglys land, glo waarin ONS glo, doen alles soos wat ONS dit gedoen wil he, of wees tevrede met tweede beste onderrig in 'n staats skool???

Sal steeds interesant wees om te hoor hoe Atheïs ouers die indoktrinasie by kleuterskole sou hanteer. Omdat 'n kind se ontwikkelings jare verskriklik belangrik is, wil mens juis hê dat hul gedurende daardie tydperk stabiel en geballanseerd onderrig moet word. Tuis onderrig is buite die kwessie, want hul moet ook in kontak met ander kinders hul ouderdom kom en soveel te meer indien dit ‘n enigste kind is. (Indien iemand al op ‘n ander “site” daaroor gelees het, praat ek luister :wink: )

Ek het eenvoudig net seker gemaak dat hulle verstaan dat die bybel stories onder dieselfde klassifikasie as feeverhale val. Ek het geen probleme daarmee opgetel nie, Noag se ark is 'n GREAT feeverhaaltjie. As hulle Thomas die Tank engine kan ontgroei omdat dit onder 'n storie geklassifiseer is, dan kan hulle bybel stories op dieselfde manier ontgroei. Ek het niks gestir in hulle gedagtes dat daar grootmense is wat genuine GLO in die stories nie. By die tyd dat hulle begin agterkom het dat ander mense bid en ons nie, en vrae begin vra het, was hulle oud genoeg om die verskil tussen 'n storie en logika te begin verstaan. Soos met stories op die tv, het ek die keuse geplaas - “Do YOU think its real or does it seem to be a story?” Ek wou he hulle moes self besluit (met so bietjie prodding na die rigting wat logies is).

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.

Gelukkig is babatjies goddeloos gebore, veral so 'n “handsome” een. Geluk Cyghost.

Geluk cyghost-gesin. Die skool, ens. worries sal binnekort vanself verplaas word deur moegheid. :slight_smile: Ek glo mens dink jy weet wat ware liefde is (vir 'n vrou en familie en so aan), maar die dag wat jy jou babatjie vashou dan weet jy vir die eerste keer wat dit is om onvoorwaardelik lief te wees. Weereens baie geluk.

Jy is reg Faerie, goeie idee om hul van kleins af te laat verstaan dat dit vergelyk kan word met fee verhale of dan mietes later van tyd. As hul deur die Tandmuis en Kersvader kan sien, kan hul ook oor die kom.

…maaaar die gedeelte maak my dimur in oor die hele situasie (wtf!!)

As my geheu my nie in die steek laat nie, kon ek sweer daar is in die christendom se geskiedenis 'n “ge-moan en groan” oor verdrukking van gelowiges. Hul self kan nie verdruk word nie, maar hul weet damn goed hoe om dit toe te pas en dit …ook nog klein kindertjies wat hulself nie teen volwassenes KAN verdedig nie!!!

Ek het op hierdie website afgekom, waar daar miskien antwoorde vir ouers met jong kindertjies kan wees:
http://www.lornacollier.com/Atheistparenting.html

(O ja Cyghost ekt nie geweet dis jou eerste kiddy nie, net gewonder of jy of enige iemand hier rond op die stadium ‘n kiddy in kleuterskool het. Indien dit jou eerste is, het jy darm nog heelwat tyd tot jou beskikking :wink: )

Junne, daar le nog baie baklei voor… maar dis soms nogal lekker baklei. Onderwysers (sorry as daar enige hier is want ek veralgemeen WEER EENS) is nie altyd van die brightest sparkplugs nie…

Ek het verlede week 'n “gesprek” met 'n onderwyseres gehad omdat my jongste 'n projek oor “Auras” moes inhandig. I mean REALLY??? (wtf!!)

Haar logika… menslike auras kan vergelyk word met die aarde se Auroras (Borealis/Australis) en sy wou dit uitwys aan die kinders. Watse TWAK!!! Hy’t 'n projek (met prentjies) oor die Borealis ingehandig. (en 94% gekry)