Sorry about the Afrikaans - but this really should be under education.
I received an sms from the High School (Marais Viljoen) on Thursday, encouraging the kids to attend the rugby game that will be broadcasted on TV, in return they’ll receive 10% on their Math results for this term. I was disgusted and told my (rugby illiterate and disinterested) son that he cant go (not that he was all that keen anyway). He was a bit put out because of the perceived loss of 10% on his exam, but generally got over it pretty quickly.
Now its hit the newspapers…
Kinders hoor: ‘Kom na rugby, kry punte’ 2010-06-07 22:27Sommige ouers is woedend oor dié wortel wat Saterdag voor skoliere se neuse gehou is om hulle aan te moedig om die FNB Classic Clash-rugbywedstryd tussen die Hoërskool Marais Viljoen en die Hoërskool Monument in Krugersdorp by te woon.
Beeld het klagtes van ouers gekry.
In die geval van Marais Viljoen is aan leerlinge gesê hulle sal tien punte by hul wiskunde-uitslae kry.
Monument het leerlinge 5% beloof vir volgende semester se eerste toets, ongeag watter vak dit is.
’n Ontstelde ouer het gesê: “Op dié manier word sport verafgod en lyk dit of die boodskap uitgestuur word dat die akademie maar daarvoor verkoop kan word.”
Nog ’n ouer het gesê kinders kan nie integriteit aanleer as hulle meen hulle kan omgekoop word nie.
“Ek het groot begrip vir die dilemma waarmee skole worstel om vandag se kinders te motiveer, maar om dié wortel voor hulle te hou, is nie reg nie.”
Daar was ook besware van ’n ouer wat meen kinders kan begin dink hulle hoef nie meer hard te werk nie omdat daar ander maniere is om hoër punte te kry.
“En watse motivering is punte vir dié kandidate wat in elk geval baie goed doen?”
Mnr. Sampie Pienaar, voorsitter van die beheerliggaam van Marais Viljoen, het gesê dit was heel toevallig dat albei skole leerlinge op dié manier wou probeer motiveer.
Hulle neem kennis van ouers se besware.
“Die werklikheid is egter dat dit nie vandag werk om net vir ’n kind te sê daag asseblief op nie.
“Hulle kyk jou snaaks aan en vra: ‘Rêrig?’
“Ons het gedink dit is ’n innoverende metode en het dit tien punte gemaak omdat dit nie werklik ’n noemenswaardige verskil aan die kinders se punte kan maak nie.”
Volgens Pienaar het die skool uit sy pad gegaan om van die dag ’n sukses te probeer maak. Bykomende busvervoer is selfs vir hulle gereël.
“Ons aanvaar ons het dalk een of twee ouers ontstel, maar in werklikheid het ons die kinders op dié manier bereik en uiteindelik meer as 950 op die paviljoen gehad.”
Mnr. Christo Swart, voorsitter van Monument se beheerliggaam, het gesê dié motivering is geensins “normale praktyk” nie.
Die wedstryd was volgens hom vir die skole baie belangrik omdat dit uitgesaai is. “Ons wou geesdrif by die leerlinge wek en sorg dat dit vir almal ’n mooi dag is.”
Daar is ook besluit om leerlinge so aan te spoor omdat dit tans bloktyd is en hulle nie almal by die skool is nie.
Die Gautengse onderwysdepartement het gesê hy gaan die saak ondersoek.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kinders-hoor-Kom-na-rugby-kry-punte-20100607
Opinions/Comments?