ATKV en ander gelowe

AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR VEREENIGING. Nogal interessant hoe die Kultuur en Christendom so een en dieselfde ding geag word. Sover dit my aangaan, gaan die vereeniging oor die taal en nie die geloof nie, maar klaarblyklik voel nie almal dieselfde nie:

ATKV moet sê oor ander gelowe deur R. Snyder 2010-06-04 13:30

Ons word daagliks met onwaarhede gepeper en sal dit waardeer as die ander kant van die verhaal ook nou en dan verskyn.

My probleem is met mnr. Van Schoor van die ATKV, wat so ewe vroom Christelike waardes bysleep.

Ek het my lidmaatskap aan die ATKV onlangs beëindig, na korrespondensie aan hul bestuur (prof. Gouws). Hulle het die ATKV se deure oopgegooi vir Moslem-lede, wat sekerlik hulle reg is om te doen.

My probleem egter is dat hulle dit in die donker doen, en ewe skynheilig in die openbaar hul onverbloemde Christelikheid verkondig.

Op 'n vraag aan prof. Gouws hoe hy Christelikheid versoen met die oopgooi van die ATKV vir ander gelowe, was sy antwoord basies aanvaar dit so of bedank, wat ek dan ook gedoen het.

Prof. Gouws, Van Schoor en ander soos hulle moet net vir 'n slag eerlik met ATKV-lede wees en hulle meedeel dat die ATKV ontaard in 'n mengelmoes van vreemde gelowe, ten einde lede in staat te stel om te besluit oor voortgesette lidmaatskap al dan nie.

Hou net asseblief op met die skynheiligheid.

en hierdie “comment” is ook heel inseggewend:

Ek beskou n Christen wat al die ander gelowe akkommodeer of respekteer as n valse Christen,so persoon is eintlik n humanis,die mens self is eintlik sy god.Die prioriteit is nie vir mense om met mense gerekonsilieër te word nie maar vir alle mense ons met die Christelike God gerekonsilieër te word en om valse gelowe te verwerp.Dit is n hartseer dag vir afrikaners,miskien sal ons eendag verstaan wat Hendrik Verwoerd se eintlike visie was,hy was geen rassis nie maar n Christen in murg en been.

Ek kry skoon 'n benoude beklemming wanneer ek hierdie tipe opinies teekom.

post die link na die site toe asseblief, ek sal tog so like om my eie comment daar te sit.
wee jy, as ek die goed lees, is dit vir my baie moeilik om nie te vloek nie.

Jammer, hierso:

http://www.beeld.com/MyBeeld/JouStorie/ATKV-moet-sê-oor-ander-gelowe-20100604

Ek hou dop vir jou comment.

ek twyfel sterk my comment sal wys, want ek het te veel goed gese wat hulle nie sal like nie. kom ons kyk of hulle die balls het om dit op te sit.

Het jy onthou om in Afrikaans te swets? >:D

Dis tog so 'n beskrywende taal!

ek het hard probeer om nie te swets nie. die klomp is baie koekerig, en netnou upset ek iemand se gelowige stuck-up derms.

O Moer ek dag hierdie bliksems is al lankal vrek! of Orania toe!

Ha! Ek dog Jesus hang so lekker uit met die ongelowiges en raai in die bybel sterk aan dat alle gelowiges dit ook doen. (Natuurlik om hulle te probeer oorwen).

Sogenaamde Christene gooi weereens hulle bybels weg en maak hulle eie reels op.

Net toe ek so lekker lees, (insluitend GCG se reaksie) en wou self ietsie pos: “Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.”

Ek moet erken, weereens moet ek my kop skud vir my eie nasie.

Ek het my vroeer vanoggend kommentaar ook gelewer. Geensins is ek 'n ‘trotse afrikaner’ nie, maar as daar een ding is wat my erg verkeerd opvryf is dit as mense aanneem dat, omdat ek afrikaans kan praat, ek ook mos (soos hulle) kerk toe gaan en op die rollercoaster vir jesus is. Regtig, hoe het die taal wat jy praat enige iets uit te waai met die god wat jy aanbid (al dan nie?)

Het nounet weer deur al die comments gelees. Tot my verbasing het hulle actually my comment gepost ;D
Daar blyk meer mense in SA te wees wat met my (en GCG, dink ek) saamstem oor die saak.
En mag die res vinnig uitsterf, daar is in my opinie min plek in 'n land soos SA vir mense wie weier om ander te aanvaar.

bly om te sien die meerderheid dink dis bull. dan natuurlik is die woo-sterk met ander. ek sal darm like om so dude face-to-face raak te loop. die vrek weet ek kan kleurvol wees met my insults. so ou sal nou wragtag my week maak.

Ek word nounet herhinder aan 'n liriek van Fokofpolieskar:

Die goddelose het geen heenkome ruik soos tienergees 'n bleeksiel tussen die spoke

(Ja ek’s 'n fan, dus ken ek dit als uit my kop)

my fav fokkof liriek : ‘kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk’. beautifull. dink dit sal sommer my volgende tattoo wees.

ek willie eers vra waar die tattoo sal wees nie!! >:D

my lae rug het klaar ink op, so ek sal 'n anner spot moet gaan soek.
dalk op 'n lekker obvious plek.
sodat, as ek eendag in my ex of my ma vasloop, ek hulle tot in hulle anale siele inskok.

Persoonlik sou ek gaan vir: “Kan iemand dalk 'n god bel, en vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie.”
Kan dalk ietwat awkward wees by familietroues ens waar ek eenvoudig nie die kerk kan avoid nie.
O, ja, en ek sal natuurlik ander werk moet vind.