Besnydenis

Ietwat van 'n debat daaroor in Beeld se briewekolom. Eers skryf 'n tannie sy is hartseer dat haar kleinkinders besny is:

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Ouma-hartseer-oor-besnydenis-20121218

En toe antwoord 'n dokter dat dit eintlik 'n goeie ding is:

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Besnydenis-het-voordele-skend-nie-20121221

Weer eens word die ding met HIV opgehaal. En weer eens is ek skepties, hoewel ek moet erken ek het nie self die navorsing gesien of in diepte daarop ingegaan nie. Maar ek wonder of HIV werklik minder voorkom by bv. die Xhosas in die Oos-Kaap (waar min of meer al die mans besny is) as by ander etniese groepe wat nie besnydenis toepas nie (bv. die Zoeloes, as ek nou reg onthou).

In ieder geval, verminderde risiko is nie dieselfde ding as geen risiko nie, maar kyk nou mooi hoe versprei die storie dat besnydenis jou immuun maak teen HIV. As dit sou gebeur gaan hierdie kuur die probleem vererger eerder as verklein.

Intussen bly dit vir my moreel twyfelagtig om kinders te onderwerp aan 'n onnodige operasie waarvoor hulle nie toestemming kan gee nie. Praat van religie in weerloses se kele afdwing!