Ons leef in 'n diverse land so ek kan verstaan ons probeer almal tegemoet kom. Dit is miskien dan goed en wel dat almal saam in die oggend die skool met skriflesing en gebed open (en nie-gelowige kinders dan nou maar bloot respekvolle stilte handhaaf), maar daar is darem perke ook.
…
As ateïste nou regtig ons almal 'n guns wil doen, hou hulle op stry met gelowiges oor of daar gode is of nie (niemand word ooit oortuig nie), en begin bloot agiteer vir 'n grondwetlike wysiging wat voorsiening maak vir streng skeiding tussen kerk en staat. Dan word godsdiens in staatskole onwettig, en die probleem dalk in 'n mate opgelos. Nie dat ek voorsien dat so iets gaan slaag nie. Sover ek weet is die meerderheidsopinie dat daar juis MEER godsdiens in skole beoefen moet word ten einde die kinders “op die regte pad” te hou…