Bid werk nie...

Bid werk nie, sê dominee 2011-02-28 22:20

Gebed in die vorm van versoeke rig aan God werk nie, meen ds. Albert Cruywagen van die NG gemeente Riebeeckpark in Kempton Park.

Daarom sê hy die kerk moet nuut oor gebed dink, soos oor ander geloofsbegrippe.

As voorbeeld noem Cruywagen die gebed dat God ’n mens in jou motor op die pad moet bewaar.

Dit werk nie so nie, sê hy.

Hy ken drie gesinne wat gebid het dat God hul kinders moet bewaar en elkeen van dié gesinne het twee kinders in padongelukke verloor.

Net so maak het nie vir hom sin om vir reën te bid nie.

Hy glo nie dat God in die weerstelsels ingryp nie. Daar is groot natuurkragte wat dit beheer.

Dit beteken nie dat hy gebed wil afskaf nie. Cruywagen vul dit egter met ander inhoud.

As jy op die pad gaan, verduidelik hy, is dit jy wat moet wakker wees.

Daarom moet jy bid dat die Here jou versigtig sal maak.

“Eintlik praat ek dus met myself,” sê Cruywagen. Ten diepste is gebed vir hom ’n gesprek met homself met God as aanhoorder daarvan.

Só gesien is gebed vir hom baie sinvol. In aansluiting by die ou Oosterse kerklike tradisie van meditasie meen hy mense behoort meer tyd aan stilte saam met God te bestee.

Gebed is vir hom een van verskeie godsdienstige begrippe wat nuut vertolk moet word “op ’n manier wat werk”.

Ten diepste gaan dit oor die manier wat ’n mens God verstaan. Hy het afgesien van die tradisionele teïstiese siening van God wat baie kerkmense nog huldig en noem sy benadering ’n nieu-teïstiese siening.

Cruywagen dink egter nie dat hy daarmee die kerk ondermyn nie, inteendeel. Waar ander mense sy soort sienings as die Trojaanse perd binne die NG Kerk sien, dink hy daaraan as die ridder op die wit perd wat tot die kerk se redding kom.

Hy ken byvoorbeeld jong mense wat niks meer van die kerk wil weet nie, maar op ’n manier nog aan God wil vashou. Hulle vind aanklank by sy manier van dink.

Self sê hy ook hy staan by die Bybel as die Woord van God en die belydenisskrifte.

Ja, hy kry soms baie lelike teenkanting van Christene, maar sy gemeente verstaan hom. Hulle voel rustig oor sy manier van dink en preek.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bid-werk-nie-se-dominee-20110228

Daars hoop, vlouerig, maar tog hoop…

R100 sê, Ds Cruywagen join the skeptics forum binne die volgende 10 jaar.

Ek glo nie. Hoewel ek vir dominee krediet moet gee dat hy sy waarnemings eerlik rapporteer, klink dit steeds vir my na net nog 'n teologiese vertakking om verskonings aan te bied waarom god vrygestel mag word van inmenging met die wereld. Die ooglopende rede vir die gebed-met-geen-effek verskynsel bly steeds ongewild vir diegene wat hulleself binne-in die geloofsoerwoud bevind.

Maar wie weet: waar daar 'n rokie trek …

Mintaka

So Jesus het gejok toe hy gesê het, “Vra en vir jou sal gegee word”! Het geweet dit is te goed om waar te wees.

Dit beteken nie dat hy gebed wil afskaf nie. Cruywagen vul dit egter met ander inhoud. As jy op die pad gaan, verduidelik hy, is dit jy wat moet wakker wees. Daarom moet jy bid dat die Here jou versigtig sal maak. “Eintlik praat ek dus met myself,” sê Cruywagen.
Dit kom vir my voor asof hierdie dominee besef dat gebed eintlik maar net `n placebo effek het. Persoonlik is ek daarvan oortuig dat die placebo effek van geloof wel `n rol kan speel: as jy jouself kan oortuig dat `n god aan jou kant is, presteer jy dalk net daardie bietjie beter. Die vraag ontstaan nou of `n placebo kan werk as jy bewus is daarvan dat dit bloot `n placebo is. Dis in hierdie opsig wat Cruywagen se voorstel soos`n halfgebakte konsep oorkom. Ten minste maak dit nie staat op wonderwerke nie, wat `n stap in die regte rigting is, maar is goddelike inmenging nie `n vereiste vir geloof in `n persoonlike god nie? Cruywagen klink nader aan deïsties as aan teïsties.

wel. volgens almal hier, is die herbal pilletjies wat ek drink vir my sinusse bullshit. maar as 'n placebo, werk dit soos 'n fokken bom!!! even my sinusse is convinced! either which way, kla ek gladnie dankie.

ek bid vir julle hoor! ;D

Bid???


Hy sou lankal uit die kassie geklim het, maar die byvoordele van sy job is te goed!

Ek sal daai weddenskap aangaan. Wat ek sien is hoe iemand wat probeer eerlik wees met homself en sy mense maar nie van sy geloof kan afstand doen nie, so hy moet homself in 'n pretzel probeer kontoer om geloof nog steeds relevant te hou deur pseudo-rasionalisering en wensdinkery. Op daardie punt sal iemand altyd 'n “verduideliking” kry,tensy hulle oë regtig oopgaan en hulle besef dat al die rasionalisering in die wêreld nie genoeg is om sin te maak van al die twak nie.

Die dominee maak 'n heeltemal goeie punt: die dae is verby waarin godsdiens 'n soort towertegnologie was. Jong mense vind dit steeds moeiliker om so iets te glo. Tog het vele 'n behoefte na 'n tipe spiritualiteit en 'n smagting na kontak met iets groter, of iets Groter. Dit is in sigself nie 'n slegte ding nie. Ek vermoed dat wat ek voel as ek op 'n donker aand na die melkweg opkyk, is miskien nie so ver verskillend van wat 'n middeleeuse monnik gevoel het as hy 'n reusagtige katedraal binnestap nie.

Ek vermoed so 'n religie, wat fokus op die individu se persoonlike spirituele ervaring en verhouding met dit wat groter is as hyself, as dalk baie meer aantreklik vir jong mense vandag as een wat op burokratiese wyse fokus op reëls en wette en pogings om te toor. Ek dink ook dit bring vir mense groter verligting van lyding as hulle kan glo dat hulle lyding in die hier en nou op 'n manier êrens in 'n groter plan inpas, as wanneer hulle glo dat hulle die lyding kan staak deur net die regte towerspreuke met genoeg oortuiging op te sê.

“Laat U wil geskied” lyk my dus eintlik na 'n meer sinvolle gebed as “hou asb. die muskiete vanaand uit my slaapkamer uit.” Op daardie manier erken die gelowige dat God natuurwette daargestel het om sy skepping onder beheer te hou en nie daarmee inmeng nie, maar dat hy wel met jou verhouding tot die fisiese wêreld, en jou ingesteldheld, sal inmeng as jy dit so wil hê.

Uiteraard 'n volslae ontoetsbare tipe van geloof, ten minste uit 'n wetenskaplike oogpunt, maar nie juis minder rasioneel as waarin meeste mense, insluitende baie stoere ateïste, ook maar glo nie. Niemand van ons is volkome rasioneel nie, en almal van ons vind baat daarby as ons op 'n manier sin kan maak van wat gebeur.

Vir dié wat uiters anti-religie is, is daar ook iets anders om in gedagte te hou. Hierdie gelydelike afwatering van die religie is wat op die langer duur lei tot volkome sekularisasie van die samelewing. Gaan kyk maar wat in Wes-Europa gebeur het: die Europeërs is vandag op 'n groot skaal heidene, en dit het nie gebeur omdat skuim-om-die-mond ateïste sulke goeie argumente gevoer het nie. Inteendeel, party lande daar het selfs nog staatsgesubsidieerde kerke. Maar na eeue se verwoede en destruktiewe oorloë, waarin religie dikwels as verskoning gebruik is vir uiterste vergrype, het hulle mettertyd begin om hulle religie minder oor reëls en dogma te laat gaan, en meer oor mense self. Die uitbreiding van wetenskap, tegnologie en opvoeding het ook meegebring dat religie nie meer nodig was as bonatuurlike super-tegnologie nie.

So toe begin hulle dit so gelydelik afwater - die proses het eeue gelede al begin. As jy van religie wil ontslae raak moet jy hierdie afwatering aanmoedig en aanhelp, eerder as om honend te lag of woedend daarop aan te dring dat net 'n fundamentalis regtig 'n Christen kan wees. Moenie 'n fight gaan soek waar daar nie een is nie. Gee hulle genoeg tou, en dominee Cruywagen gaan hulle almal hang, as dit dan is wat ons wil hê (persoonlik skeel dit my nie in die geringste wat ander mense glo nie, solank hulle dit nie d.m.v. die mag van die staat in my keel probeer afdwing nie).

Dit mag waar wees, maar daar is 'n verskil tussen 'n gevoel van wonder in reaksie tot 'n estetiese of uitdagende prikkel (die grootheid van die heelal en alles wat daar in die ruimte aangaan, wat so moeilik is om te konseptualiseer maar tog waar is tot dieselfde mate as die bewondering van wat mense met hulle verstande en hande kan bereik) en 'n geloof in iets “Groter”. Die eerste het nie die tweede nodig nie, en tog voel baie mense dat dit wel die geval is, soos jy ook impliseer.

Ek stem saam maar voer aan dat by definiesie dit dan nie 'n “religie” of “religion” is nie - religie word gedefinieer as:
1.) The belief in and worship of a superhuman controlling power, esp. a personal God or gods.
2.) Details of belief as taught or discussed.

Dit is hoe meeste mense die woord verstaan en gebruik en bedoel, en sodra ons die kwessie in 'n semantiese argument in verander waar ons sê “ja, maar ek bedoel nie wat die woord gewoonlik beteken nie, ek bedoel hierdie ding wat nie is wat die woord eintlik beteken nie” maak dit die gesprek net meer modderrig en vergemoeilik dit duidelike kommunikasie.

About.com haal The Encyclopedia of Philosophy aan wat voorstel dat religie die volgende is:

  • Belief in supernatural beings (gods).
  • A distinction between sacred and profane objects.
  • Ritual acts focused on sacred objects.
  • A moral code believed to be sanctioned by the gods.
  • Characteristically religious feelings (awe, sense of mystery, sense of guilt, adoration), which tend to be aroused in the presence of sacred objects and during the practice of ritual, and which are connected in idea with the gods.
  • Prayer and other forms of communication with gods.
  • A world view, or a general picture of the world as a whole and the place of the individual therein. This picture contains some specification of an over-all purpose or point of the world and an indication of how the individual fits into it.
  • A more or less total organization of one’s life based on the world view.
  • A social group bound together by the above.

Soos gestel deur die outeur van daardie artikel, blyk dit duidelik dat die probleem met die definiese van religie òf te eng is en ander aspekte wat duidelik religieus is uitsluit, of so wyd is dat dit enige iets transformeer in 'n “religie” in.

Dit, tesame met die “special pleading” denkdwaling wat voorhou dat “religie” of “spiritualiteit” eintlik enige gevoel van wonder/watookal is, laat my altyd die vraag vra: hoekom is ons so “invested” in die konsep van “religie”/“spiritualiteit”? Tot so 'n groot mate dat ons die definisies van woorde martel en onsself in pretzels in probeer redeneer net sodat ons almal (en onsself) kan verseker dat ja, nee, ons is religieus, ons is nie soos daai ateiste wat in niks glo nie?

Ek stem saam dat dit vir sommige mense groter verligting bring. Dit beteken nie dit is korrek, of dat die kwaad wat dit doen nie swaarder weeg as die goeie nie.

As 'n voorbeeld: Iemand wat glo in die konsep van 'n Groter Mag of 'n Groter Prentjie sal kyk na my lewe en vir my vertel dat die goed wat met my gebeur het, wat onverskoonbaar is, so “moes” gebeur omdat Die Groter Prentjie of Jou Persoonlike Groei of Die Groter Mag se Wil.

Inderdaad, dit is wat baie sielkundiges my al wys gemaak het. En dit doen aktiewe skade, want dit is nie iets wat ek gekies het nie, dit is nie iets wat ek veronderstel was om te moes deurmaak nie, dit is nie iets wat enige redelike persoon van 'n ander kan verwag om deur te maak en onder te ly ter wille van een of ander ongedefinieerde en ondefinieerbare “Groter Prentjie/Mag/[watookal]” nie.

Ek weet dit is nie wat jy persoonlik gesê het of selfs glo nie, maar dit is wel die implikasie op die samelewing van jou woord. Dit doen aktief skade, elke dag, aan 'n ontelbare hoeveelheid mense.

Maar dit is nie waar nie. “God”, hoe mens dit ookal definieer, meng in in met “jou verhouding tot die fisiese wêreld en jou ingesteldheid” nie. Enige gevoel van wonder of “transcendence” of die gevoel dat jy klein is in vergelyking met die res van wat daar buite aangaan - hierdie goed het niks met die bonatuurlike of een of ander ‘god’ te doen nie. Om dit so te stel is weereens om die konsep van 'n “god” so wyd oop te maak dat dit alle betekenis verloor.

Ek sou geinteresseerd wees in wat jy glo “baie stoere ateiste” glo wat nie minder rasioneel is as “Goddidit” of “Daar’s a Groter Plan” of “[Insert Spiritual claptrap here]”.

Daarmee sal ek onvoorwaardelik saamstem. Niemand is 100% objektief nie, en niemand is 100% rasioneel nie - soos my “signature” sê, iemand wat oortuig is daarvan dat hulle Die Waarheid beet het en dat niks hulle van die teendeel kan oortuig nie is nie net “tedious to the exreme” nie, maar ook mynsinsiens gevaarlik.

Dit beteken nie dat ons nie steeds kan probeer om so rasioneel as moontlik te wees nie. Dit beteken nie dat daar sekere gevolgtrekkins is wat meer rasioneel verdedigbaar is as ander nie, insluitende gevolgtrekkinge wat sin maak van wat gebeur, en dat dit meer rasionele sin maak om jou vertroue in hierdie gevolgtrekkinge te sit totdat nuwe bewyse na vore kom wat nuwe gevolgtrekkinge sal staaf nie.

(1 van 2)

(2 van 2)

Ek hoor wat jy sê en stem tot 'n mate saam, maar word ook herhinder aan Martin Luther King se Letter from a Birmingham Jail, in spesifiek die volgende:

Injustice anywhere is a threat to justice everywhere. We are caught in an inescapable network of mutuality, tied in a single garment of destiny. Whatever affects one directly, affects all indirectly.

We know through painful experience that freedom is never voluntarily given by the oppressor; it must be demanded by the oppressed. Frankly, I have yet to engage in a direct action campaign that was “well timed” in the view of those who have not suffered unduly from the disease of segregation. For years now I have heard the word “Wait!” It rings in the ear of every Negro with piercing familiarity. This “Wait” has almost always meant “Never.”

First, I must confess that over the past few years I have been gravely disappointed with the white moderate. I have almost reached the regrettable conclusion that the Negro’s great stumbling block in his stride toward freedom is not the White Citizen’s Counciler or the Ku Klux Klanner, but the white moderate, who is more devoted to “order” than to justice; who prefers a negative peace which is the absence of tension to a positive peace which is the presence of justice; who constantly says: “I agree with you in the goal you seek, but I cannot agree with your methods of direct action”; who paternalistically believes he can set the timetable for another man’s freedom; who lives by a mythical concept of time and who constantly advises the Negro to wait for a “more convenient season.”

Dit is net so toepaslik op ateiste en alle ander vorme van sosiale geregtigheid as op ras. Die punt is: hoe is dit regverdig om vir mense te sê: “Wag, met tyd sal dinge heel waarskynlik beter raak. Eendag. Sure, jy en jou kinders en miskien nog hulle kinders gaan swaarkry en seergemaak word, julle werk en julle regte gaan ingeperk word, julle gaan in intense vrees deur die lewe gaan, konstant bang vir die baie werklike repurkussies wat gepaardgaan met wees wie jy is, maar hey, dit gaan evetually beter raak, eendag, geleidelik”?

Ek voer aan dat dit nie regverdig of regverdigbaar is nie.

Sien, hier stem ek glad nie saam nie. Hierdie fight word al vir millenia geweeg. Dis net nou dat die van ons wat nie in die “mold” pas nie begin terugveg dat dit ewe skielik 'n geval word van “hoekom soek jy 'n fight?”

Ek (en ander ateiste) is nie die een wat in die gelowiges se lewens indring nie. Ek (en ander ateiste) is nie die een wat hulle kinders in publieke skole indoktrineer met goed soos “jou hartjie is swart en vuil en jy het Flying Spagetti Monster, Godzilla, [insert god of choice here] nodig om weer rein en skoon te word” nie. (my kind, wat 6 jaar oud is het my nou die dag hiervan vertel met trane in haar oë omdat haar hartjie so “vuil” is.) Ek (en ander ateiste) is nie die wat in gelowiges se slaapkamers, sekslewens, in hulle liggame in wil klim om voor te skryf wat daar mag en nie mag gebeur nie.

So nee, hierdie fight is al lankal begin. Dis net dat, vir die eerste keer, veg ons terug.

Tyd ontbreek my om NOG 'n hele essay te gaan skryf, so ek gaan net op twee dinge kommentaar lewer:

Ek stem saam maar voer aan dat by definiesie dit dan nie 'n "religie" of "religion" is nie - religie word gedefinieer as: 1.) The belief in and worship of a superhuman controlling power, esp. a personal God or gods. 2.) Details of belief as taught or discussed. Dit is hoe meeste mense die woord verstaan en gebruik en bedoel, en sodra ons die kwessie in 'n semantiese argument in verander waar ons sê "ja, maar ek bedoel nie wat die woord gewoonlik beteken nie, ek bedoel hierdie ding wat nie is wat die woord eintlik beteken nie" maak dit die gesprek net meer modderrig en vergemoeilik dit duidelike kommunikasie. ..... Soos gestel deur die outeur van daardie artikel, blyk dit duidelik dat die probleem met die definiese van religie òf te eng is en ander aspekte wat duidelik religieus is uitsluit, of so wyd is dat dit enige iets transformeer in 'n "religie" in.

Dit, tesame met die “special pleading” denkdwaling wat voorhou dat “religie” of “spiritualiteit” eintlik enige gevoel van wonder/watookal is, laat my altyd die vraag vra: hoekom is ons so “invested” in die konsep van “religie”/“spiritualiteit”? Tot so 'n groot mate dat ons die definisies van woorde martel en onsself in pretzels in probeer redeneer net sodat ons almal (en onsself) kan verseker dat ja, nee, ons is religieus, ons is nie soos daai ateiste wat in niks glo nie?

My idee is nie dat EK die een is wat voorgee ek glo eintlik nie. My idee is dat die gelowiges self mettertyd hulle geloof verloor, sonder om dit agter te kom, omdat hulle beide hul geloof en die definisie van religie self mettertyd afwater. Daardie “touchy-feely” enigiets-is-religie tipe van definisie is vir meeste gelowiges wat hul geloof verloor, 'n uiters belangrike emosionele kruk op die pad na groter rasionalisme. Ek het nog feitlik nooit in my lewe gehoor van 'n gelowige wat d.m.v. een of ander mirakelagtige Damaskus-ervaring binne 'n dag in 'n ateïs verander nie. Vir meeste van hulle is dit 'n lang en uitgerekte en soms uiters traumatiese proses, en ruk jy daardie emosionele kruk onder hulle uit, val hulle maklik terug in fundamentalisme in.

'n Ander ding wat ek al persoonlik met baie van hulle waargeneem het is dat die meerderheid nooit eintlik van hulle fanatiese lewensuitkyk ontslae raak nie. Hulle verwerp Christen-fundamentalisme, net om op ewe fanatiese wyse New Age-filosofie te begin aanhang, of hulle word ateïste maar klou verbete aan feitlik elke enkele een van die tipese fundamentalis se “morele waardes” vas. In ieder geval, met 'n suksessyfer van een persent of so van suksesvolle bekerings van fundies, is dit wat my betref 'n mors van my tyd om met hulle te redeneer, en die nie-fundies pla my nie.

Sien, hier stem ek glad nie saam nie. Hierdie fight word al vir millenia geweeg. Dis net nou dat die van ons wat nie in die "mold" pas nie begin terugveg dat dit ewe skielik 'n geval word van "hoekom soek jy 'n fight?"

Die fight is reeds gewen, in die vorm van die konstitusie. En ek sien voortdurend ateïste wat juis uit hul pad gaan om nog verder te gaan baklei. Ek vermoed dit is ook waarom hulle selfs baie gematigde gelowiges probeer oortuig om liewer fundies te word. Dit gee hulle dan meer verskoning om die goeie geveg voort te sit. Nie dat dit op alle ateïste van toepassing is nie.

Ek (en ander ateiste) is nie die een wat in die gelowiges se lewens indring nie. Ek (en ander ateiste) is nie die een wat hulle kinders in publieke skole indoktrineer met goed soos "jou hartjie is swart en vuil en jy het Flying Spagetti Monster, Godzilla, [insert god of choice here] nodig om weer rein en skoon te word" nie. (my kind, wat 6 jaar oud is het my nou die dag hiervan vertel met trane in haar oë omdat haar hartjie so "vuil" is.) Ek (en ander ateiste) is nie die wat in gelowiges se slaapkamers, sekslewens, in hulle liggame in wil klim om voor te skryf wat daar mag en nie mag gebeur nie.

En in hierdie spesifieke geval het jy die volste reg en inderdaad die verpligting teenoor jou dogter om 'n MOERSE stank daaroor te gaan opskop. Was dit my dogter het elke koerant in die land, en in die westerse wêreld, reeds daarvan geweet, die persone betrokke se name sou oral oor die web versprei gewees het, en ek sou na alle waarskynlikheid dalk sommer 'n lastersaak teen hulle gemaak het ook.

Wat ek nié sou doen nie, sou wees om enige van hulle te probeer oortuig hulle geloof is verkeerd nie. Dit is sinloos. Ek gee geen duit om wat hulle glo nie, solank hulle nie hulle magsposisie gebruik om dit in ander se kele af te druk nie. Eintlik is ons groot probleem in Suid-Afrika dat ons nie dieselfde eksplisiete skeiding tussen kerk en staat het as wat die Amerikaners het nie, en dit was myns insiens een groot fout wat by opstel van die konstitutsie gemaak is. Dit is natuurlik nie te laat om te gaan agiteer daarvoor dat dit moet verander nie, want behoorlike skeiding tussen kerk en staat is tot ALMAL se voordeel, maar dan sal mens natuurlik met sommige van hierdie irrasionele gelowiges moet saamwerk, iets wat moeilik is as mens die hele tyd met hulle wil baklei. :slight_smile:

Dus, in opsomming, twee punte:

  1. Die rede waarom ek nie beswaar het teen 'n breë definisie van religie nie is nie omdat ek myself wil probeer voordoen as meer gelowig as wat ek is nie, maar bloot omdat ek die gelowiges wil toelaat om self hul geloof af te water totdat daar van hom niks oor is nie, sonder dat hulle dit self eers agterkom. Dit is skynbaar wat in Wes-Europa gebeur het en steeds aan die gebeur is, en wat inderdaad oral gebeur waar daar wydverspreide vordering gemaak word in opvoeding en lewenstandaard.

  2. Om al die gelowiges te probeer oortuig om anders te begin glo deur op aggressiewe wyse met hulle te redeneer, is 'n onbegonne en grootliks sinlose taak omdat feitlik niemand ooit oortuig word nie en dié wat wel oortuig word dikwels nie eintlik veel meer rasioneel word as wat hulle was nie. Myns insiens is 'n beter taktiek om bloot toe te sien dat hulle nie hul geloof op jou of jou kinders afdwing nie, en as hulle wel

Soos ek die dominee verstaan, praat hy van `n gesprek met jouself in die teenwoordigheid van God voer. Dit is dus eintlik meditasie wat ten doel het om die gemoedstoestand te verander. Wat nie so duidelik is nie, is waarom God in geheel teenwoordig hoef te wees.

“Laat U wil geskied” maak vir my geen sin in n gebed nie. Dit kom neer op "U gaan tog nie na my luister nie, maak maar soos U wil." Dan kan n mens net so wel vir `n waterval bid “Laat u water val.” Dit kom vir my aansienlik minder rasioneel as “stoere ateïste” voor.

“Laat U wil geskied” is amper afstanddoening van vrye wil, dan nie? …en dan gaan dit voort “soos in die hemel, so ook op aarde” as of ons enige idee het wat in die “hemel” aangaan ??? Nou hier’s wonderlike ‘bewys’ dit WERK nie…hoeveel dermiljarde keer is hierdie gebed geprewel en nog is die aarde hel! Partymaal elk geval.

Het jy enige verwysings vir jou stelling dat hulle maklik terugval in fundamentalisme in? Ek stem saam dat dit baie dikwels 'n uitgerekde en uiters traumatiese ervaring is (ek is immers self daardeur) en dat verskeie emosionele krukke nodig is deur die proses vir baie mense, maar ek verstaan nie heeltemal hoe dit betrekking het op wat ek gesê het nie? Ek het ook geen probleem met wat mense glo nie, solank as wat hulle hulle geloof soos hulle geslagsdele hanteer (en ek sal inderdaad dieselfde doen).

Maar, as hulle met my begin, gaan ek terug “begin”. Ten minste op die internet.

Stem saam daarmee, ek voer aan dis as gevolg van 'n probleem met die uitvoer van skeptiese denke. Meeste van daar die “tipiese fundantalis se morele waardes”, as ek jou reg verstaan en ons nou praat oor goed soos rassisme, homofobie, transfobie, anti-aborsie, anti-seksuele vryheid ens. is alreeds so diep “ingrain” dat hulle nie eers bevraagteken word nie.

Of 'n persoon 'n fundie of 'n nie-fundie is van watterookal geloof, as hulle met hulle “woo” na my kant toe begin, dan gaan ek nie stilbly nie. Ten minste op die internet. Want ja, ek is nog very much in the closet IRL.

Sien, ek stem hier nie saam nie. Net omdat ons iets gekodeer het in die wet, insluitende die opperste wet van ons land, beteken nie die fight is gewen nie. Geweld teenoor 'n ander persoon is immers teen die wet, maar die “probleem” daarrondom (die sosiale norme en “views” van tradisionele gender verwagtinge, en al daai) is nog lank nie opgelos nie. Diefstal is teen die wet, maar onderliggende probleme wat aanleiding gee tot diefstal soos “sociatal views and norms”, armoede, desperaatheid, etc. etc, is nog lank nie opgelos nie. Selfde met bedrog, en meeste ander wette.

So ja, vryheid van geloof is inderdaad gekodeer in die wet, maar hier waar ek sit, met 'n kind wat hierdie jaar skool begin het en ELKE EEN van die 7 publieke afrikaanse skole met 'n dokument wat sê, in 'n neutedop, “Ons is 'n Christelike skool, ons sluit christelike preking, liedjies, aktiwiteite en selfs klasse en lesplanne by ons opvoeding in, as jou kind wil uitsit kan hy/sy tegnies maar niemand het nog ooit nie en as dit jou pla, soek 'n ander skool” - van my point of view af is die geveg nog baie, baie ver van selfs gelyk-op af.

En die ateiste wat so met almal skoor soek… is dit in die regte lewe? Want op die internet, sal ek toegee dat ja, ek dit ook baie sien, maar ek verstaan dit. So baie van die wêreld se euwels is gesetel in religion dat dit my eintlik verstom dat meer mense nie meer kwaad word daaroor nie, regardless of hulle ateis is of nie.

Is hierdie opsies wat ek kan oorweeg? Want quite frankly, ek het geen benul wat om te doen nie, ek is net so moeg daarvoor.

Ek stem heeltemal saam in prinsiep.

Die moeilikheid kom in by die feit dat vir hulle is die opdrag om mense, VERAL KINDERS, te bekeer 'n integrale deel van hulle geloof. So wanneer ek vir hulle te probeer oortuig hulle mag dit nie doen nie is ek presies besig om vir hulle te probeer oortuig dat hulle geloof verkeerd is.

Indien hulle rustig hulle eie geloof sou uitleef op 'n manier wat niemand skade doen of probeer intrek nie (ek dink hier aan iets soos Wicca, bv.), sou ek op hierdie aarde geen praktiese probleem daarmee gehad het nie. (Ek sou dit nogsteeds kritiseer soos enige ander denkfout, want skepties gesproke is dit alles net smoke and mirrors, maar dit is geensins my intent om enige gelowige te “bekeer” na ateisme toe nie.) Die probleem kom in wanneer bogenoemde nie 'n moontlikheid is nie, veral omdat die klem op “witnessing”, “Testimony” en bekering so groot is en by elke. liewe. kleinste. ding. ingebring word waar dit nie hoort nie, insluitende my sielkundige behandeling, my werk (klasse hier en vergaderings word steeds met skriflesing en gebed geopen), en nou my kinders se opvoeding en daar geen wetlike remedie vir hierdie onoorgeloofde indringing tans is nie (of ten minste geen waarvan ek weet nie, ek sal baie geinteresseerd wees as daar iets is wat nie gaan neerkom op “jy’t gekies om [hier te werk/jou kind in die skool te sit/watookal] so jy moet daarmee saamleef” nie. Want hierdie “keuses” was nie werklik keuses nie, aangesien daar doodeenvoudig geen alternatiewe beskikbaar is nie.)


Net terloops, baie dankie vir die gesprek, soos ek gesê het in my introduction hier het ek niemand IRL om mee te praat oor hierdie goed nie, so ek wardeer dit opreg.

Ek sien nou een van my vorige boodskappe het om een of ander rede in die middel afgesny. Geen idee waarom nie. Miskien het my gesanik die sagteware begin verveel. In ieder geval, nog so paar stukke kommentaar:

Ek het dit al oor en oor self sien gebeur, ten minste op die internet. Ek is nou al baie jare lid van 'n Yahoo groep wat spesifiek teen kreasionisme stry. Interessant genoeg is baie lede van die groep Christene; daar is selfs 'n priester of twee - hulle beskou kreasionisme as 'n belediging vir hul eie geloof. Lang storie.

In ieder geval, elke nou en dan daag daar 'n kreasionis op, om “net so paar vrae te vra.” Dan peper hy ons met kwotasies uit sy gunsteling webwerwe. En dan sak almal op hom toe. Meeste mense heel hoflik, maar daar is altyd een of twee wat hom met uiterste aggressie en op beledigende wyse aanvat. Hy ignoreer dan al die hoflikes, en reageer net op dié wat hom beledig! En na 'n dag of twee verklaar hy “Julle haat bloot almal Christene” en gee pad.

Hierdie mense hou daarvan om martelaar te speel. Hulle wil juis hê jy moet hulle beledig of hanteer asof hulle stapelgek is - dit bevestig in hul eie koppe dat hulle martelaars is vir die goeie saak.

Stem saam daarmee, ek voer aan dis as gevolg van 'n probleem met die uitvoer van skeptiese denke. Meeste van daar die "tipiese fundantalis se morele waardes", as ek jou reg verstaan en ons nou praat oor goed soos rassisme, homofobie, transfobie, anti-aborsie, anti-seksuele vryheid ens. is alreeds so diep "ingrain" dat hulle nie eers bevraagteken word nie.

Ja, ek het daardie ding ook al heelwat gesien. Dit is gedeeltelik waarom ek nie meer veel bodder om hulle van enigiets te oortuig nie.

Op daardie Yahoo groep waarvan ek hierbo praat het die moderator 'n heeltemal ander, en veel meer effektiewe taktiek ontwikkel. Hy verbied ten strengste enige gesprekke of debatte oor godsdiens. Hy doen dit om twee redes:

  1. Siende 'n hele klomp van die ouens aan ONS kant gelowige Christene is, wil hy nie verdeeldheid in eie geledere saai deur ateïste toe te laat om teen geloof in die algemeen te velde te trek nie. Ons vaar dus net uit teen fundamentalisme, nie geloof as sulks nie.

  2. Die kreasioniste self het in verskeie hofsake in Amerika onder eed verklaar dat kreasionisme wetenskap is en niks met godsdiens uit te waai het nie. Op dié een Yahoo groep word hulle geforseer om daarby te hou.

Nou ja, niks hiervan help om enige van die kreasioniste van enigiets te oortuig nie, maar dit is nie nodig nie. Al wie ons hoef te oortuig is die min of meer neutrale waarnemers van die debat, waarvan daar altyd vele is. Hulle kom gou agter die kreasioniste is mal, weet niks van wetenskap nie, wil niks daarvan weet nie en wil bloot preek.

Of 'n persoon 'n fundie of 'n nie-fundie is van watterookal geloof, as hulle met hulle "woo" na my kant toe begin, dan gaan ek nie stilbly nie. Ten minste op die internet. Want ja, ek is nog very much in the closet IRL.

Op die internet is almal altyd meer uit die closet as elders. Ek het bloot na baie jare eintlik verveeld geraak met die hele ding. Kry nie meer daardie adrenalien-rush in die debat nie; dit is altyd maar dieselfde ou storie oor en oor.

Sien, ek stem hier nie saam nie. Net omdat ons iets gekodeer het in die wet, insluitende die opperste wet van ons land, beteken nie die fight is gewen nie. Geweld teenoor 'n ander persoon is immers teen die wet, maar die "probleem" daarrondom (die sosiale norme en "views" van tradisionele gender verwagtinge, en al daai) is nog lank nie opgelos nie. Diefstal is teen die wet, maar onderliggende probleme wat aanleiding gee tot diefstal soos "sociatal views and norms", armoede, desperaatheid, etc. etc, is nog lank nie opgelos nie. Selfde met bedrog, en meeste ander wette.

Dit is inderdaad so, en sekerlik 'n goeie idee om soveel as moontlik mense na meer skeptiese denke te lei, maar in my persoonlike ondervinding is die beste manier om dit reg te kry nie om teen hulle woo-woo te velde trek nie. Dit jaag hulle bloot die harnas in. Hulle koppe slaan toe en hulle luister nie na 'n verdere woord wat jy sê nie. Ons het meer Sagan nodig, en minder Hitchens.

So ja, vryheid van geloof is inderdaad gekodeer in die wet, maar hier waar ek sit, met 'n kind wat hierdie jaar skool begin het en ELKE EEN van die 7 publieke afrikaanse skole met 'n dokument wat sê, in 'n neutedop, "Ons is 'n Christelike skool, ons sluit christelike preking, liedjies, aktiwiteite en selfs klasse en lesplanne by ons opvoeding in, as jou kind wil uitsit kan hy/sy tegnies maar niemand het nog ooit nie en as dit jou pla, soek 'n ander skool" - van my point of view af is die geveg nog baie, baie ver van selfs gelyk-op af.

Ja, dit kom nou terug by die probleem dat ons hier nie skeiding het tussen kerk en staat nie. In Amerika is so iets heeltemal onwettig, min skole waag dit en dié wat dit wel waag verloor baie vinnig 'n hofsaak. Is jy seker jy wil jou kind in 'n staatskool hê? Ek is self in die onderwys, en ek het nogal ernstige bedenkinge oor die wenslikheid van skole in die algemeen… :slight_smile:

Die voormalige “Model C” skole is wel dikwels nogal heel goed uit 'n akademiese oogpunt, maar hulle is ongelukkig geneig om ook uiters dweperig te wees met hulle godsdienstigheid.

En die ateiste wat so met almal skoor soek... is dit in die regte lewe? Want op die internet, sal ek toegee dat ja, ek dit ook baie sien, maar ek verstaan dit. So baie van die wêreld se euwels is gesetel in religion dat dit my eintlik verstom dat meer mense nie meer kwaad word daaroor nie, regardless of hulle ateis is of nie.

Op die inernet sien mens dit baie. In die “regte lewe” seker nie eintlik soveel nie.

(Vervolg in volgende boodskap_

Ek sien nou waarom my vorige boodskap afgesny is - hy was te lank. Breek dus boodskappe nou op in kleiner dele. Hier’s volgende aflewering:

Is hierdie opsies wat ek kan oorweeg? Want quite frankly, ek het geen benul wat om te doen nie, ek is net so moeg daarvoor.

Wel, ek het nie self kinders nie, maar as ek 'n kind gehad het wat in trane by die huis aangekom het nadat 'n anderwyser haar so iets gesê het, was ek kapabel en gaan daardie onderwyser te lyf. Ek sou straks die skoolhoof 'n ding of twee loop vertel het, en as hy dan gesê het “gaan soek 'n ander skool” het ek dalk in die pers en op Facebook 'n grootskaalse aksie begin.

Ons leef in 'n diverse land so ek kan verstaan ons probeer almal tegemoet kom. Dit is miskien dan goed en wel dat almal saam in die oggend die skool met skriflesing en gebed open (en nie-gelowige kinders dan nou maar bloot respekvolle stilte handhaaf), maar daar is darem perke ook.

Aan die ander kant moet ek sê jou kind het dalk tog nou 'n belangrike lewensles geleer ook, en 'n ander taktiek om hier te volg kan bloot wees om haar daarop te wys dat sy nie alles wat haar onderwysers sê te ernstig moet opneem nie. Skeptisisme begin immers met 'n gesonde wantroue jeens outoriteit. Laat sy dan maar sommer vroeg leer dat daar lekker mal mense in hierdie wêreld is, insluitende mense wat in vele opsigte dalk eintlik doodgoeie en selfs baie opgevoede en intelligente mense is.

Die probleem kom in wanneer bogenoemde nie 'n moontlikheid is nie, veral omdat die klem op "witnessing", "Testimony" en bekering so groot is en by elke. liewe. kleinste. ding. ingebring word waar dit nie hoort nie, insluitende my sielkundige behandeling, my werk (klasse hier en vergaderings word steeds met skriflesing en gebed geopen), en nou my kinders se opvoeding en daar geen wetlike remedie vir hierdie onoorgeloofde indringing tans is nie (of ten minste geen waarvan ek weet nie, ek sal baie geinteresseerd wees as daar iets is wat nie gaan neerkom op "jy't gekies om [hier te werk/jou kind in die skool te sit/watookal] so jy moet daarmee saamleef" nie. Want hierdie "keuses" was nie werklik keuses nie, aangesien daar doodeenvoudig geen alternatiewe beskikbaar is nie.)

Ja wel, so gaan dit. My indruk is dat toe die Afrikaners sy politieke mag verloor, het hy in vertwyfeling hom gewend tot godsdiens, op 'n skaal wat ons seker in die Boere-oorlog laas gesien het. Dalk waai dit nog oor. Mens kweek met die tyd 'n sekere stoïsisme aan, en aanvaar dat daar malheid al om jou is.

Ek het self in 'n sekulêre huis grootgeword, en twaalf jaar oorleef op apartheidskoolbanke. Ek was ook soms kwaad, en daar is soms teen my ook gediskrimineer toe ek tydens my tienerrebelliefase uit die kas klim. Toe ek nog heelwat jonger was, het ons fundamentalistiese bure gehad wat, na my pa hulle voete onder hulle uitgeslaan het (hy was nogal 'n opgevoede man, en hulle nié) besluit het hulle gee dan maar moed op met hom, en probeer sy twee kinders red. Hulle het my veral toe voortdurend uitgenooi na gebedsbyeenkomste en dinge toe, en hulle was lekker mal - in tale gepraat en so aan.

My pa het nooit gekla nie: sy houding was altyd dat sy kinders self moes besluit waar hulle met dié goed staan. Nou ja, as jy as sewe- of agtjarige tjokkertjie eers gesien het hoe volwassenes op die vloer rondkruip en brabbel terwyl hulle Bybels rondswaai, dan raak jy vroeg al lekker skepties… :slight_smile:

Net terloops, baie dankie vir die gesprek, soos ek gesê het in my introduction hier het ek niemand IRL om mee te praat oor hierdie goed nie, so ek wardeer dit opreg.

Ek het ongelukkig nie veel raad nie. Soos ek ouer word, word ek steeds meer verdraagsaam teenoor alles en almal, en ek is moeg van die stryd teen gelowiges. Meeste van my vriende is gelowiges. Een van hulle se pa is 'n verregse kreasionis en rassis, maar in alle ander opsigte 'n uitsonderlik ordentlike en verantwoordelike mens. Hulle bid voor etes. Sommige is gereeld in die kerk of hulle kinders woon kerklike goed by. Soms irriteer dit my, maar as ek nie sonder enige vriende of ondersteuningsnetwerk deur die lewe wil gaan nie, dan moet ek hulle dan seker hulle sondes vergewe, soos hulle my straks my eie irriterende gewoontes vergewe. So met dié mense stry ek nie voortdurend nie.

Had ek kinders op skool sou dit seker dalk nogal 'n kwessie gewees het. Dit lyk my jy het nou vier moontlike roetes:

  1. Kry 'n ander skool of doen tuisonderrig.

  2. Gaan praat met die skoolhoof en probeer die ding uitstryk.

  3. As die skool weier, of voorgee om saam te werk net om dan op jou kind te begin pik, begin 'n internet- en media-oorlog teen hulle, maar wees gewaarsku dat dit 'n lang en uitputtende (en dalk vir jou kind 'n traumatiese) stryd gaan wees.

  4. Doen bloot ordentlike voorligting met jou kind, sodat sy haar nie te veel steur aan die nonsens nie. Dit mag haar dalk op die lang duur 'n ietwat té gesonde afkeer in outoriteit gee - rebelse kinders kan ook partykeer maar 'n moeilike tydjie beleef. Maar ek het so gevoel dit is dalk maar die beste opsie, want vroeër of later gaan haar paaie met dié mense kruis. Jy kan haar nie vir ewig daarteen beskerm nie.

As ateïste nou regtig ons almal 'n guns wil doen, hou hulle op stry met gelowiges oor of daar gode is of nie (niemand word ooit oortuig nie), en begin bloot agiteer vir 'n grondwetlike wysiging wat voorsiening maak vir streng skeiding tussen kerk en staat. Dan word godsdiens in staatskole onwettig, en die probleem dalk in 'n mate opgelos. Nie dat ek voorsien dat so iets gaan slaag nie. Sover ek weet is die meerderheidsopinie dat daar juis MEER godsdiens in skole beoefen moet word ten einde die kinders “op die regte pad” te hou…

Ek vind dit moeilik om hierdie twee stellings te versoen. Is jy ten gunste van godsdiensbeoefening op skool of gekant daarteen?