Boorgatmanie – die byproduk van SA se waterkrisis

“Waterare” wat raakgeboor word? Wat de fok? Vrye Weekblad is ook nie meer wat hy was nie… :slight_smile:

Boorgatmanie – die byproduk van SA se waterkrisis

Dr. Gideon Groenewald, die hidroloog wat saam met die hulporganisasie werk, het wel ’n ongewone manier van waterwys. Hy glo dis ’n saak van gebed.

“Ek glo geen mens kan water wys nie,” sê hy. “Ek bid elke nag vier ure vir insig en kyk dan op die geografiese uitleg van ’n terrein op Google Earth vir die nodige bewyse. Waar ’n pad dan met die moontlike aar kruis, ry ek uit en kyk of daar ’n magnetiese veld is. As daar is, is daar water.”