Klomp wit afrikans neuk die Karoo in om die ‘nag van die lang messe’ te ontduik.
assefokkenblief.
want, jy sien, die bybel se so. want op een of ander stadium het moses of noag of wie die donner ookal, die Israeliete geseg hulle moet hulle Playstations en Ipods oppak want hulle gaan lank deur die woestyd neuk.
nou vra ek, waar val die wetters uit?
vir hoe lank nou wag ons almal in spanning vir ou Siener Watshisname om ons nagmerries te laat waar word. ek dog ons sou al almal gevrek het teen 1994. ek wonder hoeveel mense chow nog baked beans van toe af uit die spens.
hierdie klomp is wragtag war-mongers. hulle is net so erg soos die malema-crowd. die meeste van suid afrika wil net in vrede saamleef.
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Suidlanders-gereed-om-pad-te-vat-20100716
Het vanoggend met 'n geligde wenkbrou die dinge so bekyk. My einste boetie is mos deel van hierdie nuwe neiging. Leer die kleintjies ook 'n paar aardige dinge in die proses.
Laat hulle Karoo toe neuk, miskien bring hulle reen na die dorre aarde daar. Het maar min tyd vir dom-onnosel.
Hoekom is dit nou juis net die afrikaners wat so kop-bedonnerd raak? Het Engelsmanne net beter gene ge-erf dat hulle nie so regs hel nie? Ag nee jissie man, geen wonder ek het uit die kultuur uit gevlug en my kinders Engels loop staan grootmaak nie…
maar smaak dit jou nie so 'n lekker cult smakie nie?
wie was daai dude wat al die mense na hierdie godsverlate plek toe gesleep het, babies met almal gehad het nie, en toe almal laat gif drink het nie.
en hoeveel ander weirdos wat met een of ander moerse storie vorendag gekom het nie.
dit soek mos nou kak?
daar is die stix, wie gaan wet handhaaf? wie gaan keer dat mans hulle vrouens blixems? dat kinders molesteer word? dat oumense mishandel word? dat iemand met iemand anders se vrou slaap?
nee man, dis 'n verskoning om soos hippies te lewe. en since ek niks teen hippies het nie, skeem ek hulle soek net 'n verskoning om onder die wet uit te hol.
hoekom neuk hulle nie net orania toe nie? daar is mos nou klaar die anti-swart neiging wat daar aangaan. so gaan trek in by julle tjommies.
en is dit nie effe wet dat kinders in die skool moet wees nie? wie presies gaan daai kinders leer? hulle deur die kak ouers?
en gaan hulle nou laer trek met hulle ford escorts en isuzu bakkies om die swart gevaar uit te hou?
dis so groot grap, maar dit maak my kruis bemoerd.
boetie maak vir baba bang! Dis wonderlik hoe mense meegesleur word deur 'n paar bedonderde mense wat driftig (soos ons oorle oom ET) te velde trek teen die swart gevaar. Ek onthou hoe ons fokken bang in die destydse SWA op ons plaas, in die nag met gewere gesit en wag het vir die valskermtroepe van die VVO wat ons sou binneval en oorrompel het…ek’t amper my swaer des moers geskiet met 'n .303 toe hy my laat skrik het. Maar soos jy se laat hulle Karoo toe waai…dis donners koud daar en die land vat nie kak van kabouters nie!
die joke is natuurlik nou dat ek 'n konsultant is vir die VVO en nou val ek anner lande in met my laptop en swart tassie!!! (wtf!!)
ek reken die goverment kannie vinnig genoeg dagga legal maak nie.
gee vir die oukies elkeen 'n vet teug aan 'n takkie, en dan sal hulle ook biekie fokken uitchill.
die paar wat paranoid raak, sal te deur die kak wees om iets te organise, en vinnig genoeg sal die need vir kos belangriker wees as enige siener se voorspellings.
Hiers 'n lieflike sarkastiese rubriek uit Beeld:
Het ons maar geluister... 2010-07-16 08:03 Druk artikel e-pos artikel Ek is dood.Ek bedoel dit nou nie metafories of simbolies of whatnot nie. Ek is letterlik dood. Opgekerf. Aan flarde gesny deur 'n ruwe barbaar met 'n lang mes. Bloed koek om my slape, vlieë krioel in my neusgate. Kraaie pik my oë uit waar ek onderstebo aan ‘n voorstedelike lamppaal hang en saggies in die wind wieg.
Ek stink al.
As jy dit kan lees, sit jy waarskynlik in die buiteland, so laat ek jou gou vinnig inlig oor die afgelope week se gebeure in Suid-Afrika. Maandagaand, kort na die Wêreldbeker sokkertoernooi, was Oehoeroe – die nag van die lang messe. Ons grootste vrese is toe bewaarheid: elke blanke (en sommer ‘n handjievol coconuts) is voor die voet uitgemoor. Dit was ‘n gruwel wat selfs die Huisgenoot nie met die nodige aantal adjektiewe kon beskryf nie.
Die skrikbewind het by die plase begin. En toe – en og, was dit nie verskriklik nie! – toe versprei dit vinnig na die stede en die posh, voorstedelike woonbuurte. Ons strate was besaai met swart barbare wat moord en doodslag met pangas en AK47’s gesaai het. Niemand is gespaar nie. Almal, tot die vroue en kinders, is die see ingedryf. Al wat oor is van die eens glorieryke republiek van Suid-Afrika, is die ruïnes van die Uniegebou, waar tjoklitkleurige kindertjies rondhardloop en sokker speel met wittes se bloederige skedels.
Ons kon die grieselrigheid verhoed het. Oehoeroe is reeds in April korrek voorspel deur niemand anders nie as Dan Roodt. In 'n rubriek getiteld “Eugene Terre’Blanche en die simboliek van oorlog” het Roodt kort na die moord op die AWB-leier geskryf dat daar nie meer baie tyd oor is vir vrede in Suid-Afrika nie. Ná hy Terre’Blanche se dood met dié van Franz Ferdinand van Sarajewo vergelyk het (‘n logiese en regverdige vergelyking, aangesien altwee hertogte was), kom hy tot dié vreesaanjaende slotsom:
" As die laaste oorsese toeris ná die sokkerwêreldbeker op die vliegtuig klim, gaan oehoeroe heel waarskynlik begin. Ons het nie veel tyd nie." (Roodt, 2010)
Nou ja. Die toernooi het gekom en die toernooi het gegaan en nou dwarrel my oorblyfsels aan ‘n lamppaal in die wind. Not Ayoba.
Persoonlik blameer ek my dood op die Suidlanders en die res van my volksgenote wat trots na 'n paar biere kon vertel hoe hulle nog steeds weet hoe om 'n bom uit huishoudelike toestelle te maak. Hulle was nie paraat genoeg om die volk te beskerm nie; wou nie na Roodt se wyse raad luister toe hy geskryf het dat “ongekoördineerde aksies deur emosioneel opgeruide mense” vermy moet word nie (2010).Al wat die Suidlanders moes doen, was om hulself “in 'n volksweermag [te] organiseer, wettiglik en met die wettige wapens en ammunisie waaroor ons tans beskik” (Roodt, 2010). En toe Oehoeroe Maandagaand uitbreek? Niks. Nie eers ‘n brandewynbom nie.
Was dit nou so moeilik? Die oplossing was daar, reg voor hulle oë, duidelik soos daglig. Siener Roodt homself het dit aan hulle uitgelê dat, al het Umkhonto we Sizwe en ZANU-PF beter wapens gehad, ons 'n defensiewe oorlog kon veg “op ons eie grondgebied, op ons eie plase en in ons eie voorstedelike strate” (Roodt 2010).
Daar was niemand in my straat toe ek uitgemoor is nie! (Wel, niemand behalwe die swerm barbare met die lang messe en die semi-outomatiese masjiengewere nie.) Geen “Alpha-alpha”, “Kom in, Bravo een, kom in” of “skiet hom, hy ly!” nie.
Dan Roodt was reg, maar ons wou nie luister nie. Oehoeroe het gekom. Ons moes ons Pajeros pantser en gragte spit, maar nee – al wat ons wou doen, was nasiebou. Ons wou net inkoop op die liberale pers en hul propogandistiese leuens oor die haglike toestand van ons eens trotse republiek. Ons wóú mos die absurde idees glo dat velkleur nie belangrik is nie en Afrikane op dieselfde vlak as ons in die arbeidsmark kan meeding. Ons wou mos lief raak vir Nelson Mandela; wou mos weier om te aanvaar dat die swartman die witman verafsku en hom sal uitmoor sodra die geleentheid homself voordoen.
Ons wou mos – en kyk net waar het dit ons nou gebring. Nou is ons dood en bloed koek om ons slape (en vlieë krioel in ons neusgate en kraaie pik ons oë uit waar ons onderstebo aan lamppale hang en saggies in die wind wieg).
Wee.
http://www.nuus24.com/Rubrieke/JohanSwarts/Het-ons-maar-geluister-20100715
ek het daar ook 'n comment gelos.
dit maak my so moerig. mense is erger as fokken skape.
LOL, goed geskryf, en onmiddelik verskyn morone in die comments.
As ek al die kere moet tel wat ons al uitgewis is sedert 1993… Shoe ons is darem al GOED dood hoor…
Nou ja. Die toernooi het gekom en die toernooi het gegaan en nou dwarrel my oorblyfsels aan ‘n lamppaal in die wind. Not Ayoba.
Not Ayoba…
Volksblad wemel met die briewe hieroor, en as jy nou genuine bored is vandag (soos ek byvoorbeeld) gaan lees so bietjie. Een afrikaner vroutjie het besluit om NIE Karoo toe te neuk nie want die logistieke dinge is effe wankelrig na haar sin (Daars seker nie kragproppe om haar warm “curlers” op te warm vir haar gepermde kapsel nie) - m.a.w. sy’s heeltemal ok daarmee om aan vlarde met 'n panga gekap te word… ???
Waar is die dae van kaalvoet oor die Drakensberg dan tog?
Is jy nou kens? Dis Crocks of nog beter Hi-Techs… mens se voete sal mos nie hou nie?
nee man hulle’t vellies gedra daai tyd…van beesvel gemaak en lekker sag gebrei met harde buffelvel sole…
dalk laaik daai antie nie die idee van leer sagkou vir haar man se panties nie.
hier’s 'n lekker dilemma vir die xtians…as god so almagtig is kan hy 'n klip so fokken swaar maak dat hy dit self nie kan optel nie? ;D
'n familielid se kommentaar…jisses waar’s die pille vir stupid?
elke mens se realiteit verskil ook van 'n ander sin uncle B. Realiteit is ook maar net 'n persepsie, partykeer waar en partykeer vals. Maar science is goed, hulle leer elke dag bietjie meer en meer van materie wat eeue gelede reeds geskape is deur 'n meester brein. Die scientists is soos apies wat rondkrap in 'n hooi mied vir clues van wat nou eintlik aan gaan, maar dan weet hulle nog steeds nie lekker nie, dan raak hulle geweldig confused ook nog!:) science is baie goed want hulle het ons almal al bietjie beter laat verstaan van hoe 'n verskriklike wonderwerk die skepping is!
ek moet se, my geduld met deur die kak mense raak nou op.
gistraant, word ek uitgenooi na carolling vir krismis. nou ek ken die girl nie, en dis my sleepsel se tjommie van jarre terug. en voor ek myself kon keer, seg ek ‘carolling, as in singing to god?’
sy seg toe, ‘yes, that kinda what xmas is about…’
moerse dilemma of ek haar nou in 'n debat oor waar krismis nou eintlik vandaan kom wou intrek, toe dog ek, fokkit. ek is te moeg, te gatvol, en mense te deur die kak, om myself op te werk vir daai argument.
Brian, dit is, kras gestel, uiters gemoedsbekakkend. Die mensdom het daai pille nou rêrig nodig. Of ten minste pille wat sorg dat mense wat sulke onsin kwytraak onmiddelik naar laat voel.
'Luthon64
ossum ;D
fokkenossum!