My oom is so paar weke gelede skielik oorlede, en my geliefde moeder vat dit nogal sleg. Nou, ek is die rots waarop die familie gebou is, as daar drama of issues is, dan kom klop hulle gewoonlik aan my deur (ironies eintlik, aangesien ek die uitgeworpene is vanwee my ongelowigheid). My broer sukkel nou die laaste paar jaar finansieel, en so 'n jaar of wat terug, kom parkeer hy toe nou sy eerste karretjie ('n beetle) in my agterplaas om te keer dat die skuldeisers die ding konfiskeer (hy hou die ding vir sy seuntjie).
Die bleddie ding is in my pad, ons is besig om te landscape, en nou moet ons so om die ding landscape, die arme verwese ding sit op vier plat wiele en die seiltjie waarmee hy toegemaak is, wapper met heimwee in op 'n winderige dag. Eintlik skoon tragies en depressief.
In elk geval, vra toe geliefde boetjie om die karretjie te verwyder, hulle is nou soortvan weer gesettle in 'n nuwe huis en dinge begin weer beter te lyk vir hom, maar na vier treke, en met 'n vrou wat niks kan organise nie, is die sleutels toe wyk. Al wat kan onthou word is dat die sleutels aan 'n geel hondtjie sleutelhouer vas is.
Ek gaan grou toe in my sleutelkas (ek is moerse ge-organise - alles het 'n plekkie), en kom toe op die sleutels af. Die oggend vroeg, net voor ek werk toe is, plaas ek toe baie onskuldig die sleutel op die derde trappie van onder wat na my ouers se woonstelletjie lei bokand die garage. Sy sal die ding daar sien en weet wat dit is en dat ek dit daar gesit het.
MOERSE suprise die aand toe ek by die huis kom… Sy wag my sommer by die oop garage deur in, so opgewonde soos 'n kind wat dieretuin toe gaan, sy pluk my kardeur oop en babbel soos 'n baba. Dit vat my 'n goeie 10 minute met my handsak in een hand, kosblikkie in die ander en vodde op my hakke om enige sin uit haar te kry.
Oom Leon het die Beetle se sleutel vir haar gebring… (wtf!!)
Heh??? Ma???
Nee, Oom Leon was nou glo boetietjie se peetpa gewees, en HY het gesien ons is op soek na die sleutels, en kan jy nou glo, vanoggend toe los hy die sleutels op die derde trappie na die huis toe… BINNE die huis, en die deur was gesluit. ITS A MIRACLE!!!
headdesk
Dis nou twee dae later, en ek het nou al seker vyftig keer aan haar verduidelik dat EK die sleutel daar gelos het, maar sy (wil) nie hoor nie. Sy het leef en beef geskakel om te laat weet dat Oom Leon fine is en dat hy na ons kyk en dat hy nog lief is vir ons…
Ek het nie aldag krag hiervoor nie… dankie tog vir 'n sin van humor.