Dag & Datum of so geleidelik: hoe het jy jou van die duiwel af losgeskeur?

Was dit 'n skielike insig? 'n Belofte wat jy aan die “delete whichever is not applicable god/gode/satan/bome/whatever” gemaak het, nooit uitgevoer het, en nie gestraf is daaroor nie? Of het jy vuriglik gebid vir hulp en toe dit nie kom nie, besluit miskien is daar regtig nie iemand/iets wat hoor nie? (en TOE kliek jy, maar as dit nie kan hoor nie, kan dit nie sien nie, kan dit nie straf nie…!

Was dit skool, universiteit, 'n mentor?

Vertel ons!

Nie 'n dag en datum nie. Basies net 'n opregte ontleding van idees, wat as jy eerlik is met jouself net op een gevolgtrekking dui… Nie dat die duiwel ooit 'n groot rol gespeel het nie. Ons NG kerk was heel rustig. :wink:

Ek het al hoe meer begin gaap in die kerk. Dit het net te veel energie begin vat om die teologiese idees intellektueel te verdedig. Ek dink ek het opgegee in 1986, maar nog steeds maar aangegaan met die rituele van katkisasie, aanneming ens. Wat weet 'n mens nou as tiener in die 80’s van ateisme?

Mintaka

Ek het dit onmoontlik gevind om die wêreld se werklike voorkoms te versoen met hoe ’n mens dit sou kon verwag het as ’n almagtige, alwetende en oneindig goedhartige god dit gemaak het. Dit gaan verder as net menslike lyding, en die duiwel was nie ’n goeie verklaring nie want dieselfde god het hom ook gemaak. Die enigste verklaring was “god = duiwel = onsin.”

Maar die volle aanvaar van díe erkenning het ’n ruk gevat.

'Luthon64

Hierdie man het al die antwoorde.

Ek weet nie meer wat om vir hom te sê nie. Hy dring aan om in onkunde te lewe, soos bewys deur sy briewe: Deel I en Deel II.

Sy relaas klink vir my asof hy ateïste probeer beskryf, maar dit is eintlik van toepassing op homself. Hy gee voor dat ons die bestaan van God ontken en besig is met bedrog.

Shame.