Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

Hoe naïef kan mens wees, wonder ek… :slight_smile:

Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Dalk-is-aarde-in-ses-heelal-dae-geskape-20121221

deur Cas van Pretoria skryf:
2012-12-21 23:24
Ek reageer op ’n stelling in “Ongelowige Christen” se brief (Beeld, 19 Desember).

Ek weet daar is baie Christene wat glo dat die aarde in ses aardse dae geskape is.

Dit kan so wees omdat ons glo dat God almagtig is en dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Dalk was dit nie aardse dae nie, maar heelal-dae.

Ons weet dit neem die heelal miljoene jare om een omwenteling te maak. Om dus aan te neem dat die aarde slegs 6 000 jaar oud is en onversoenbaar met die wetenskap is, is dalk foutief.

Die wetenskap is heeltemal versoenbaar met heelal-dae, veral as daar gepraat word van opgrawings wat miljoene jare oud is.

Ek kan nie glo dat ’n jellievis, ’n grashalmpie, ’n mooi blom soos ’n orgidee, ’n kameelperd en ’n mooi vrou uit dieselfde selletjie kon ontwikkel het nie.

Dan glo ek liewers daar was ’n God wat alles geskape het.

Ja, né…

sug

Ek het my ma huis toe gejaag laas week omdat sy my nuwe katjie se perfektheid aan die here opgedra het - “Dat Liewe Jesus tyd gemaak het om hierdie dingetjie so perfek aan mekaar te sit en vir jou te stuur…”

Ek ween.

Jesus sal hom wat vebeel: vir 'n kat is hy maar net nog personeel. :slight_smile:

Wat ek nie kan begryp nie, is dat die persoon wie dit geskryf het, sekerlik ook vas glo dat hy of sy werklik 'n tasbare argument vorendag gebring het. :o

“heelal-dae” (wtf!!)

Die effe meer in werklikheid gevestigde Christen moet aanvaar dat die aarde nie in 6 dae geskape is nie en moet gevolglik sulke verskonings soek vir die kak in die Babbel. Net jammer dat die woord “yom” hier letterlik 24 uur beteken vir al gesien in die lig van die “en dit was aand en dit was môre, die xste dag”

mens kan natuurlik nou mompel oor vertalings maar ek net werk met wat ek het nie met wat ander hulle self verbeel nie.

Ja en as mens die beweerde ouderdomme van die hoof akteurs koppel Methusalag, Noag en kie, dan val die hele argument plat.

Dis nie eens 'n uitleg nie. Te sê, god het alles gemaak, verklaar niks. Dis 'n hipotese wat jy nie kan proef nie, and wat geen voorspelling moontlik maak nie.

Ek wonder wat kom eerste dat jou geloof jou stop om iets soos dit te verstaan of dat jy nie iets verstaan so jy draai na geloof.

Dit is 'n goeie vraag cr1t! Ek argumenteer baie keer met mense oor evolusie en dit is gewoonlik baie gou duidelik dat hulle nie die vaagste benul het van waarteen hulle dan nou eintlik so verksriklik skop nie.

En terselfdertyd kan geen grondige argument met die nodige bewysse so persoon oortuig nie! Wat begin as 'n argument uit onkunde of persoonlike ongeloof (ek kan nie glo die wonderlike heelal het nie 'n skepper nie!) eindig in 'n totale verwerping van enige aanslag op die skerms opgerig teen 'n strooiman karikatuur van evolusie in die eerste plek. Dit is totaal waansinnig.

Ek lees tans Dawkins se “greatest show on earth” boek. Die probleem is dat gelowiges nooit so 'n boek eers so optel nie wat nog te se om te lees nie. Die getuienis is so oorweldigend dat dit tragies is dat die tipes so in onkunde (en goddelike glorie) bly voortleef. Soos Dawkins ook tereg se: die teenkanting is tans hewiger as ooit tevore.

Baie waar. Maar in alle regverdigheid, my eie versameling van Solly Ozrovech-boeke is maar self ook aan die dun kant … ::slight_smile:

Mense word goed in die kop gepraat as hulle kinders is en geen idee het van die feite, of hoe om dit te bevraagteken nie.

Kinders glo ook meeste van wat hulle ouers se want daar is evolusionere (ironies ja) redes om te luister as jou ouers se: “Los daai slang uit”.

Die probleem is wanneer daai mense eendag leer om te dink het hulle klaar 'n emosionele hegting aan hulle idees, en mense haat dit om te erken hulle was hulle hele lewe verkeerd oor iets. Daar is baie ander redes maar in my siens is dit als emosioneel.

Ek dink ook gelowiges besef op 'n dieper vlak dat hoe meer komponente van die bybel as verkeerd aanvaar word, hoe kleiner word die kans dat die bybel reg is oor enigiets. En dit bring weer hulle kosbare gevoelens in gedrang.

Ek dink jy slaan die spyker op die kop. Die emosionele belegging gepaardgaande met geloofstwak verhoed sekerlik baie mense om te bevraagteken.

Dit verklaar ook die sosiale druk om “respek” te betoon vir mense se geloofsoortuigings. Godslastering maak gevoelens seer.

“Godslatering” is n skans wat spesiaal só voorgehou word dat God slegs geprys mag word. Sodra n mens eienskappe van die fiktiewe karakter God uitlig wat nie so vleiend is nie, word daar “godslastering!” gegil en word mens beskuldig van Satanisme en onsensitiwiteit, ongeag of die kritiese beskouing van God akkuraat is al dan nie. Selfs met die hipotetiese veronderstelling dat God bestaan, is geregverdigde kritiek nie laster nie.

Wanneer dit by hulle geloof kom, het sulke gelowiges die houding dat niks rasioneel bevraagteken mag word nie. Dan word dit voorgehou as `n deug om onbewese aansprake te glo – hoe meer verregaande, hoe dieper is die geloof en hoe meer prysenswaardig. Wanneer geloof by die voordeur instap, word logika by die agterdeur uitgesmyt.

So sien ek dit ook. Dis hoekom 'n hele berg van feite hulle nie kan overtuig nie. Ek het geen oplossing nie, maar vir die meeste mense is onwaarskynlikheid geen rede om hul geloof te verlaat.

Jy het gelyk. Maar elkeen gelowige weet dat hy 'n huis of 'n brug moet bouw naar die regels van wetenskap en nie towery nie, en dat hulle motor geen magic kan doen nie, byvoorbeeld ry, of nog beter, vlieg sonder gasoline.

Baie waar. Maar in alle regverdigheid, my eie versameling van Solly Ozrovech-boeke is maar self ook aan die dun kant ...

Miskien maar ek het seker 7 bybels in my huis plus baie teologiese ontledings wat ek benodig het toe ek navorsing gedoen het vir my boek. Ek geniet dit baie om gelowiges uit te daag om aanhalings uit die bybel te haal as hulle gereeld in diskussie ophaal: “O maar die Bybel het dit of dat voorspel!” Nog nie een maal kon hulle dit doen nie!

Maar elkeen gelowige weet dat hy 'n huis of 'n brug moet bouw naar die regels van wetenskap en nie towery nie, en dat hulle motor geen magic kan doen nie, byvoorbeeld ry, of nog beter, vlieg sonder gasoline.
...nee hulle ken daardie argument wel...antwoord: [i]"Die liewe Here het ons die verstand gegee om dit te skep/produseer"[/i]