Het 'n interresante inluister vanoggend gehad met die dames se bybelstudie vanoggend. Een van hulle het 'n nuwe weergawe bybel saamgebring wat wyd verskil van die ander. Die gesprek was verontwaardig omdat die bybel so “verander” is en dinge in en uitgesluit is.
Ek (tot almal se verbasing en jeug) het nadergestap en belangstelling getoon, die bybel is die “Nuwe Lewende Vertaling” en is klaarblyklik in 1996 direk uit Hebreeus en Grieks uit vertaal - vandaar die veranderinge (Google). Daar word byvoorbeeld nie in Genesis van Adam en Eva gepraat nie, maar man en vrou, ook voetnotas wat dan verwys hoekom dit verander is.
Nogal interessant, maar die reaksies van die studieklassie was baie meer interessant, ek het uitgewys dat die bybel soveel keer oor vertaal is en dat dit beslis deur al die weergawes en vertalings aangepas was, en dat dit geheel en al moontlik is dat hierdie weergawe nader aan die oorspronklike mag wees as hulle eie ou bybels is (wat almal weer van voor af in my teleurgestel het en ek summier weer verban is).
Die bybel is ook in China gedruk - wat die dames NOG meer onstel het want die arme chinese kindertjies kry nie christelike onderrig nie…
Ek kan net hoop dat die nuwe Bybel vertaling sommer ook in Bylaag I die storie van die Keiser se Nuwe Klere insluit.
Mintaka
Ek sal nogals like om my heiden handjies op daai een te kry. al is dit net om my gat af te lag.
gepraat van bybelstudie klassie. sommer 'n storie uit my jeug.
ek en my pa het twee mak meerkatte gehad. klein blixems.
nou elke woensdag het die buur-tannie 'n koek en tee sessie met die local kerk tannies gehad. hoeveel bybel bespreek is, sal ek nou nie weet nie (ek weet net, daai aand, was ek oor die muur soos 'n pyl en vrugte uit haar agterplaas gaan steel, of saailinge vir my eie groentetuin)
anyhows, ons meerkatte was 'n ninja se gat, en hulle het op allerhande maniere uit die jaard gekom.
ons kry een aand, 'n baie moerige oproep van die tannie, ons moet asseblief ons meerkatte kom haal.
daar aangekom, sit twee wetters op die tafels. taai en vet gevreet op koeksisters en melktert, met voetmerke oor die gehekelde doilies en die blommetjie tafeldoek.
dit was kak snaaks.
hoe de moer hulle op die tafel gekom het, weet niemand. en duidelik nie 'n hel omgegee vir kerk-stories nie.
Ha-ha. Die Bybel - Made in China >:D
Ek glo nie die ouer Afrikaanse vertalings is bloot uit Nederlands vertaal nie - die dominees van die drie Afrikaanse kerke leer almal Grieks en Hebreeus op kweekskool en vertalers soos Totius sou die ouer geskrifte geraadpleeg het. Trouens, ek vermoed dat die later vertaling minder letterlik en meer polities korrek is. Die 1953 uitgawe verwys ook glad nie na Adam in die paradysverhaal nie (eers in Gen. 4), maar na “die mens en sy vrou”, m.a.w. vrouens is nie mense nie. Elders is “slaaf en slafin” in ouer weergawes vervang deur “dienskneg en diensmaag”. Dit gaan skynbaar nie oor taalkundig korrekte vertaling nie, maar oor polities korrektheid en die verbloeming van ongemaklikhede.
Die eerste Afrikaanse boek was:
I 'n Islamitiese handleiding;
II In Arabiese letters geskryf;
III Van regs na links gelees.
Dié boek, Uiteensetting van die Godsdiens deur Abu Bakr, het in 1869 verskyn.
Arabiese Afrikaans verwys na die genre van ou Kaaps-Maleisiese geskrifte in Afrikaans, maar geskryf in die Arabiese alfabet. Elders in die wêreld staan die genre bekend as "ajami", wat dui daarop dat die Arabiese skrif vir 'n Arabies-volksvreemde taal gebruik is.
Die gebruik van die vroegste vorm van Afrikaans, geskryf in die Arabiese alfabet, dateer uit die 1830’s toe Moslemgodsdiensleiers dit begin gebruik het in die Moslemgodsdiensskole in Kaapstad.
Daar is tans 74 Arabies-Afrikaanse tekste nog bestaande. (Daar mag nog andere wees wat in individuele besit is, sonder dat die belang daarvan besef word). Hierdie bestaande groep is geskryf tussen 1868 en 1957. Dit word beweer dat die eerste teks wat in Arabies-Afrikaans geskryf is, die “Hid yat al-Islam”, uit 1845 dateer, maar daar is nie meer 'n manuskrip hiervan voorhande nie.
Die oudste bestaande manuskrip, wat oor die basiese Islamse geloofsleer handel, is geskryf deur die imam Abdul-Kahhar ibn Abdul-Malik in 1868. Die beroemdste geskrif is geskryf die jaar daarna, in 1869, deur Abu Bakr Effendi. Hy het vanuit Koerdistan in 1862 in die Kaap aangekom. Hy is gestuur deur die toenmalige Ottomaanse (Turkse) sultan om as godsdiensleraar vir die Kaaps-Maleise Moslemgemeenskap op te tree. Sy boek ‘Uiteensetting van die Godsdiens’ is deur die staatsdrukker in Istanboel gedruk, en lê die Islamitiese gebruike volgens die Hanafitiese regskool uit.
bron
Dankie Hermes,
Ek het jou “post” net so aangestuur na die dames toe (maar het die Chinese gedeelte uitgehaal), ek sal terug rapporteer indien ek interresante terugvoer kry!
Plesier, Faerie,
Ek verneem graag van hulle reaksie.