Die geloof in die hiernamaals

Ek wonder soms waar kom geloof in die hiernamaals vandaan?
Die twee teorië wat ek van weet en oorweeg is:

Teorie een: Op ‘n stadium in die evolusie van die mens het spraak en die leefwyse genoeg ontwikkel dat dit nie meer nodig om net heeldag te praat oor “waar kry ons kos“ en “pasop daai leeu“ nie. Mense begin toe dink en praat oor “wat is my doel hier“ en “wat word van my as ek doodgaan“. Geloof in die hiernamaals het toe onstaan as ‘n verdedigings-meganisme omdat die vooruitsig van wurmkos word nie 'n lekker vooruitsig was nie. Ek kry hierdie idee van Desmond Morris af, uit Manwatching of uit The Naked Ape. (lank terug gelees, kan nie meer onthou nie)

Teorie twee: Op ‘n stadium in die evolusie van die mens het iemand op Ayahuasca, Iboga, of iets soortgelyks afgekom. Die hallusinasie het haar laat besluit daar’s meer in hierdie wereld as wat sy kan verduidelik. Ek gebruik vroulike vorme want dit pas in by die Eva en die appel (of 'shroom) idee. Dis waar shamans - en uiteindelik geloof vandaan gekom het. Ek kry hierdie idee van Graham Hancock se boek Supernatural af.

’n Kombinasie van die twee is te sien in die eksperimente om angs te verminder deur LSD aan terminale kanker pasiente te gee, soos hier

Het enige iemand hier ’n opinie of ’n ander teorië wat ons kan byvoeg?

Die eenvoudigste teorie is “Ek wil nie sterf nie. Met ’n hiernamaals kan ek vir ewig voortduur.”

'Luthon64

So die geloof in die hiernamaals of in die ewige lewe is 'n trap in die evolusie leer, net soos komminikasie, die gebruik van gereedskap of kuns?

Kan ook 'n verdedigings meganisme wees om vrede te maak oor die wat voor jou gegaan het.

“Ek hoef nie sleg te voel nie, my vriend/familielid is nie rerig vir ewig weg nie, ek gaan weer met hulle praat as ek doodgaan, nou kan ek aangaan met my lewe.”

Die konsep doen niks vir die dooie nie, maar seker alles vir die lewendige.

Is ek dan reg as ek sê dat geloof in die ewige lewe 'n stap vorentoe in die evolusie van die mens is? Of is dit net 'n stap, nie 'n stap vorentoe nie?

Nee, ek weet ook nie of die punt waar wensdenkery in geloof oorgaan noodwendig 'n evolusionere “stap” verteenwoordig nie. Ek glo nee, aangesien dit bloot prehistoriese idee of filosofie sou uitmaak, net soos die plan om weerligvuur te oes. Hoewel blote vrees vir die dood seker nie te veel breinkrag verg nie, moet die moontlikheid om 'n idee soos 'n ewige lewe te kan uitdink, tog sekerlik afhang van 'n brein wat reeds vir abstrakte denke opgestel is. So miskien is geloof in die hiernamaals meer van 'n simptoom (gevolg) van ons evolusie, as 'n stap as sulks.

Maar dan weer, soos met die spelonkvis se wegkwynende oë, is die vraag of 'n waarneembare verandering enigsins as “vorentoe” beskryf kan word. ::slight_smile:

Die idee van 'n ewige lewe maak ongetwyfeld 'n baie gewilde, en vreemd alomteenwoordige, deel van ons menselike kultuurgeskiedenis uit, of dit nou deur beloftes van 'n paradys, voorouergeeste, patrone in hemelligame, of deur die meganisme van re-inkarnasie beredeneer word.

As skrikkerigheid vir die dood wel die groot dryfveer is vir geloof in 'n hiernamaals, wil ek glo dat dit nog vir baie lank 'n gunsteling bygeloof sal bly. Miskien sal die dag wat die mensdom finaal hoop op 'n ewige lewe opgee, die werklike geestelike en intellektuele (r)evolusie meebring.

Mintaka

Of as 'n fisiese ewige lewe behaal kan word.

Nou praat jy! Moenie daai vitamiene vergeet nie… :wink:

Hehe, ek dink nie maklik in ons lewens nie.

Dalk moes ek vroeër geskryf het, “Ek wil nie sterf nie. Ek wil nie dat my vriende en my geliefdes moet sterf nie. Met ’n hiernamaals kan ons almal saam vir ewig voortduur.” Maar dit is ’n logiese uitbreiding van die sentrale idee.

Onthou ook dat evolusie nie soiets soos ’n “vorentoe” stap ken nie. Dit ken net ongekwalifiseerde stappe. Die antwoord op die vraag of ’n stap vorentoe of agteruit is kan gewoonweg net agterna bepaal word.

Geloof in ’n ewige lewe is sekerlik ’n neweproduk van evolusie: dit sit redelik gemaklik met ’n gevorderde abstrakte denkvermoë wat op sugself duidelik ’n oorlewingsvoordeel bied. Sielkundig is dit maklik verstaanbaar hoe ’n geloof in ’n ewige lewe kan ontstaan. As jy eers bewus is van jou eie bestaan is dit amper onmoontlik om jouself heeltemaal weg te dink. Al verbeel jy die wêreld sonder jou lewende self, lewe jy nog steeds in jou verbeelding op ’n ander “vlak” van waaraf jy die wêreld beskou.

Die teenpunt daarteen is natuurlik om terug te dink aan die tyd toe jy nog nie bestaan het nie.

'Luthon64

Die teenpunt daarteen is natuurlik om terug te dink aan die tyd toe jy nog nie bestaan het nie.

Beslis: ons was dood vir miljoene jare voor ons geboorte. 'n Skokkende idee!

Effe van die punt af, as ek mag. Ek is in die vroeë sewentigs gebore, maar is, soos almal seker, heel dikwels deur my lewe gebombardeer met ikone van die 1960’s: Elvis Presley plate, flieks, boeke en vertellings. Die interessantheid is dat, waneer ek dink aan die prentjie wat ek van die lewe in die sestigs opgebou het, dit glad nie vir my minder werklik voel as my persoonlike herinneringe van die wêreld tydens my kinderjare in die sewentigs nie! Dit lyk of mens jouself maklik om die bos kan ly as dit kom by sulke subjektiewe herrineringe. Kan dieselfde ook dalk geld vir “toekomstige” herinneringe, soos 'n hiernamaals?

Mintaka

Uit ’n biologiese oogpunt is die naaste ding aan ewige lewe seker om baie kinders te hê. Dit dra jou DNA oor, die goeie en slegte. As jy selfsugtig wil wees oor jou y-chromosome (of mitochondria) dan is die Steve Hofmeyr metode die beste. Saai die DNA so wyd as moontlik.
Uit ’n sosiale oogpunt is dit seker jou dade wat jou die naaste aan ’n ewige lewe bring.
Ek verkies die tweede opsie, wie ken in elkgeval da Vinci, Newton, Mozart of Moses se kinders.
Dan speel die media natuurlik ook 'n rol, wie weet of Jesus regtig bestaan het, maar sy storie is seker een van die suksesvolste reklames ooit in die geskiedenis van die mens.

Mense in die oer tyd het besef slaap en dood is omtent dieselfde. En ons word elke dag wakker nadat ons geslaap het. So ons gaan weer wakker word na die dood… of so iets.

En dan maak hulle stories op vir hulle se kênners. “Moenie worry nie, Fluffy die dinasorus huis dier slaap maar net en jy sal hom weer innie hiernamaals teëkom” Kinders glo maklik sulke dinge. Ek het. En waarmee ons grootgemaak word, sit ons mee deur ons lewens saam.

Slaap is flippen lekker. Ek dink dit is die pynlike oorgangs proses wat mens afskrik van die hele storie. Dit en pizza.

Die 14 biljoen jaar of so wat ek nie bestaan het nie, skeel my niks en dit was dus glad nie onplesierig nie. Na my dood keer ek na dieselfde toestand terug en ek is heel in orde daarmee.

hiernamaals smiernamaals

Een van die eerste stukkies inligting wat ek nie mis kon kyk met my soeke na die „waarheid“ of ten menste 'n logiese verduideliking van geloof en die bonatuurlikke,
het ek in Wiki gevind. Net soos wat ek, soos Biljoene ander, vir jare lank nie
in Genesis agter gekom het, dat dit dag geword het en nag geword het vir 3 dae
voor die son, maan en sterre „kamptig“ geskape is nie, het ek ook nie besef
op skool reeds, toe ons geleer het van ander kulture en “oer mense” wat hul dooies
met die hele Spens begrawe het (net vir ingeval hul lus is om aan iets te peusel na dood)
en dan sommer vir die wis en die onwus 'n Spies en Swaard ook saam gebêre!
(woo hoo dat mens so oud moet word voordat jy agter kom WAAR al die dag drome
ontstaan het) :wink:

Daar is bewyse dat daar al van die Neandrathal tyd, hierdie obsessie met die „Ewige lewe“ was, die moderne mens kan nou maar net nie daar oor kom nie. (net soos vele ander dinge) :wink:

Meerderheid mense is bang vir die onbekende, en as jy nie 'n antwoord het nie, dan maak jy een op wat jou beter laat voel. Al ooit vir 'n kind gelieg en gese dat alles okay gaan wees, al weet jy dit self nie? Grootmense is maar dieselfde, ons lieg maar net vir onsself.

Lol ja Faerie 'n geval van: “Hul voel so lekka want hul lieg so lekka” ;D
Mind ova matter

Nou voel ek soos 'n oermens :-[

:smiley:

Hi lol. Nou weet ek waarom ek so groot is. Ek kon nooit besef hoekom ek so vet is nie want ek eet nie baie nie maar bly gewig optel. Elke aand as ek gaan slaap loop ek dalk rond spens toe. Dit is dalk die oermens in my wat bang is iets gebeur en ek kry nie kos nie.

hahahaha