Die halaalmerk - wie betaal daarvoor?

Seker al bietjie ou nuus, maar het 'n interessante artikel raakgeloop oor die befondsing van die halaalmerk op voedsel, en die moontlike effek op prys van kosartikels. Kortliks word die halaalmerk blykbaar op kosartikels aangebring en 'n belasting of fooi word dienooreenkomstig aan die een of ander reguleerende ligaam betaal.

http://www.cft.org.za/newsletter/2008/2008_cft_afr_nuusbrief_halfjaar.pdf

As dit wel so is, raak andere se geloofsooruigings direk aan my en jou sak.

Dit lyk as of die maatskappy wat die kos vervaardig die sertifikasie kostes moet dra. Met ander woorde, dit is dan weer die verbruiker wat ten einde daarvoor betaal.

Nog informasie by National Independent Halaal Trust (NIHT).

'Luthon64

Selle ou storie.

Teoreties gesproke bid aangewese Moslem ampshouers oor die bees terwyl hulle die gat in die bees/hoender etc se keelgat sny om hom dood te bloei. Baie instansies kerm daaroor dat dit nie 'n “humane” death is nie aangesien beeste maklik 2-3 minute of langer bloei voor hul doodgaan. Sover: elektrodes aan die brein toon dat dit vir beeste 'n relatief “painless” death is, behalwe, natuurlik, as hulle aan hul agtebene opgehang word…, :-X maar vir skape is dit NIE.

NOTE. It is standard practice for butcheries to hang live animals (including halaal cows :-X ;)) on steel hooks (no painkillers or a gentle nudge - just a brutal shove of blunt steel, through skin and sinews, ratchet up that steel chain and …UP she goes…) with the cows’ full weight hanging by their very convenient hocks, upside down for as long as takes for the Halal butcher to come and pray and open that critical, mystical, religious vein, whereafter they bleed to death in about 2-3 minutes.
Voila! Halal meat.

And just in case you felt better about Christian or ATHEIST MEAT: Exact same practice, minus the hocks pocks artist. And here’s the sweetener: sometimes the poor beast hangs by only one hock/hamstring for quite a few minutes, and after the throat is cut, bucks, bellows and blubbers for up to 5 or more minutes before finally passing out from lack of oxygen, and finally death.

Thanks to the big fat PIGGY in the sky, Muslims don’t eat PIGS, because piggy’s fate is to get dragged through boiling hot water (quite alive, thanks for asking) after a cut to the throats. But ATHEISTS and christians love that bacon!

Chickens: In the case of halal chicken: Man! thank goodness they get the benefit of the hocus pocus chappie while their throats are cut and they are dragged through boiling water before their are even dead. ATHEISTS: your chickens’ necks are cut and they are dragged (sometimes still alive) through boiling water before being plucked and offered for sale by Checkers, Pick & Pay and others.

Enjoy your lunch/dinner! Halal, Kosher, “NORMAL CHRSTIAN”, NoRMAL ATHEIST" or not: they are equally cruel. The one just gets prayed over and the rest not.

Hier in die Ooskaap is jag nogal gewild, en die meeste mense van doeke af besit ten minste een geweer ;). Ek is laas winter saamgenooi na 'n jag op 'n wildplaas in die Karoo. Ek is maar redelik verstedelik en verkies eintlik om my vleisie op die tradisionele manier te bekom, d.w.s. in die Spar. Maar die wildplaas, ver weg van ligbesoedeling, spog met die mooiste pikdonker en helder nagte.

Ek het toe 'n klein windbuks en 'n groot refraktor ingepak en gaan saam “jag”. In die dag sou ek maar 'n pot-shot vat na 'n tarentaal of iets, en die nag kan ek myself geniet deur dubbelsterre te split.

Toe die eerste dag se koedoe-lykies egter inkom om afgeslag te word, was dit die eerste keer in 'n lang tyd dat ek nou regtig weer sien waar daai braaitjops vandaan kom. Dit laat nogal 'n indruk op iemand wat vleis maar meestal ken as die sappige deel tussen die clingwrap en die polystyrene.

Mens is soms te ver verwyder van die dinge om ingeligte keuses te maak.

Mintaka

Toe die eerste dag se koedoe-lykies egter inkom om afgeslag te word, was dit die eerste keer in 'n lang tyd dat ek nou regtig weer sien waar daai braaitjops vandaan kom. Dit laat nogal 'n indruk op iemand wat vleis maar meestal ken as die sappige deel tussen die clingwrap en die polystyrene.

Mens is soms te ver verwyder van die dinge om ingeligte keuses te maak.

Dankie, Mintaka, dis juis die probleem. As mense bewus was van wat agter slaghuise se deure aangaan, sal hulle nie maklik daarop aandring om vleis te eet nie.

Ek is nie 'n aanhanger van jag nie, maar gegewe 'n keuse tussen 'n koedoe wat lekker in die veld rondgetrippel het en in 'n etiese jag met 'n skoon skoot dood is, en sogenaamde “free range” hoender in 'n supermark (selfs Woolworths): Pass the red meat knife!

Ek is van kleins af daarvan bewus dat diere hulle lewe moet gee sodat ons vleis kan eet, hoenders, varke, beeste, wat ookal. Ek verstaan die afgryse wat mense wat nie soos ek grootgeword het, voel oor die dood van 'n mooi dier. Die tonele wat hulle by enige slagpale afspeel is alles behalwe aangenaam, hoewel die slag van 'n enkele so 'n dier op die plaas ook nie speletjies is nie. As my geheue my nie in die steek laat nie, is die tyd na so 'n slagtery nie een vir speletjies nie, maar somber, en meeste mense wat daarby betrokke was voel omgekrap en geïrriteerd. Ek dink egter dat mense hulle nukke en fiemies moet los en jou tjop of steak met die nodige respek geniet, want ons is nie iets wat van die natuur verwyder is net omdat ons mense is nie. Ons is self deel van alles wat lewe en alles wat doodgaan. Ek het oor die slag van diere by slagpale met mense wat iets daarvan weet gesels, en dié sê dat die vinnigste manier ook die mees menslike is. Daar kan 'n mate van bekommernis wees oor slagpale wat nie gekontroleer word nie, soos hoenderboerderye op plotte, maar die antwoord daar is m.i. om nie by enige iemand vleis te koop nie. Dis ook 'n gevaarlike speletjie, want jy weet nie hoe higiënies die proses was nie.