Die naakte demoon en die tannies van die bybelstudie groep...

:smiley:

Naakte ‘demoon’ het gebedsgroep op hol 2011-02-11 04:57

Stellenbosch - Sommige besoekers beskryf die wit, naakte man met ’n masker van bokhorings wat gebukkend voor die nuwe ingang van die Botaniese Tuin staan as ’n gedrog – en ander hou daarvan.

Maar dié standbeeld, wat deel is van die beeldhouer Dylan Lewis se reeks Ongetem, verteenwoordig nie Satan of ’n demoon nie.

Só het mnr. Deon Kotzé, kurator van die Botaniese Tuin in Stellenbosch, gister gesê.

Kotzé het vandeesweek e-posse ontvang van lede van ’n gebedsgroep wat kla oor dié beeld wat volgens hulle “demone oproep met sy rituele dans”.

Die standbeeld staan reeds drie maande lank voor die nuwe ingang van die tuin in Van Riebeeckstraat.

’n Lid van die groep, me. Christelle van der Merwe, wat dit duidelik gestel het dat sy in haar persoonlike hoedanigheid praat, het gesê: “Volgens mnr. Lewis se webwerf is die beeld die uitbeelding van ’n sjamaan wat dans.

“’n Sjamaan is ’n toordokter en tydens rituele danse gaan hulle in ’n trans en die doel van die trans is om geestelik met die onderwêreld in kontak te kom. Persoonlik is dit onaangenaam om met opgeskote tieners in die tuin te stap en af te kom op ’n kaal man wat vooroor buk en sy geslagsdele ontbloot.”

In ’n e-pos aan Kotzé het Van der Merwe geskryf: “Ek is ­seker jy sal met my saamstem geestelike rituele waar Jesus nie by betrek is nie, se meester is Satan…ons dorp is in ’n ­gemors op alle vlakke. Het ons nog demoniese verpersoon­liking nodig om dit te versterk?”

Volgens Kotzé respekteer hy haar mening, “maar sien of soek hy nie demone in alles nie”.

Lewis het gesê kritiek op sy werke kom gewoonlik van mense wat nie die volle storie agter die storie gehoor het nie en hul eie afleidings maak.

Kotzé het gesê die beeld gaan nie verwyder word nie.

  • Die Burger

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Naakte-demoon-het-gebedsgroep-op-hol-20110211

dalk maak die man se ‘geslagdele’ haar warm in die panties, en sy weet sy moet huistoe gaan na 'n bier-boep en 'n pap vienna.

Gewonner wanneer iemand iets gaan sê. Die beeld staan al daar vir 'n paar maande, voorheen was daar 'n groot buffel of renoster (kan nou nie onthou nie) van Dylan Lewis se vorige reeks beelde, wat ek persoonlik dink beter gepas het by die ingang. Ek neem aan hulle ruil dit uit soos dit verkoop word. Nie dat die huidige beeld sleg lyk nie, en ek is bly dit veroorsaak so bietjie roeringe onder die kerk tannies :wink:

En verder af in die staat voor DL se gallery, staan 'n engel, ek neem aan dit dra die tannies se goedkeuring weg… ::slight_smile:


Ek hou nogal daarvan, beide beelde is mooi op my oog.

Die tannies is bekommerd oor die demoniese geslagsdele wat ontbloot word aan opgeskote tieners… die arme tannies is duidelik clueless oor wat opgeskote tieners eintlik weet! :smiley:

Ek sal later mooi moet gaan kyk, maar ek dink nie eers die geslagdele is duidelik sigbaar nie, jy sal moontlik mooi van onder af teen die regte hoek moet gaan kyk om 'n abstrakte stuk klei raak te sien. Vandaar is jou interpretasie tussen jou en god, of in die geval, die lesers van die Burger. ;D

Hehe! Sien jou nou in my geestesoog, gebukkend en soekend vir die ontblote geslagsdele net sodat jy kan terug rapporteer of dit nou wel daar is al dan nie!

Tannies wat tyd het vir bybelstudie in die botaniese tuine het te veel tyd op hande. Plaas dat hulle 'n klomp straatkinders bymekaarsleep en vir hulle arts en crafts leer.

Maar dis presies wat die biduur-tannies gedoen het; hulle het net nie gebuk nie, hulle het gekniel.