Die neurologiese bedrading van 'n gelowige

Geïnspireer deur ’n onlangse debat in die afdeling, “General Skepticism”, is die volgende artikel gepubliseer.

Volgens twee studies, wat voltooi is deur Assistent Professor in Sielkunde, Michael Inzlicht, is daar ’n verskil in breinaktiwiteit tussen mense wat in God glo en ateïste.

Toetsresultate dui daarop dat gelowiges betekenisvol minder aktiwiteit toon in die anterieur gordel korteks (anterior cingulate cortex – ACC) van die brein.

Die funksie van hierdie gedeelte van die brein is bloeddruk regulasie, pols en rasionele kognitiewe funksies. Dit is ’n sentrale stasie vir die prosessering van stimuli en dien ook as bemiddelaar vir ander breinfunksies. Die AGK (ACC) is veral betrokke by die leerproses en die oplos van probleme.

Deur die Stroop-toets het hulle gevind dat gelowiges of selfs diegene wat slegs glo in die bestaan van God, minder breinaktiwiteit aandui teenoor foute, wat veroorsaak dat gelowiges minder gespanne is wanneer hulle ’n fout begaan. Daarin lê ’n voordeel, maar die nadeel vir gelowiges is dat hulle minder besorg is oor foute; dus lei dit nie tot korrektiewe gedrag nie en die fout kan herhaal word. In ’n ander verslag sê Dr. Joshua Brown dat die AGK die belangrike komponent is wat as bemiddelaar optree in feitlike redenasie. Hy noem ook dat hierdie gedeelte van die brein lankal besluit wat reg of verkeerd is, voordat daar ’n bewustelike besluit geneem word. (Is dit dalk die klein stemmetjie wat ons somtyds ignoreer?)

Deur briefwisseling en debat met gelowiges het ek gevind dat sekere feite en foute as onbelangrik bestempel word. Die teenstrydigheid tussen die werklikheid en die bonatuurlike, asook foutiewe modelle in argumente vir die bestaan van God, is vir my onaanvaarbaar, maar ’n gelowige reageer nie dieselfde nie. Hierdie onlangse studie staaf my vermoede dat daar nie net ‘n probleem is met die gelowige mens se vermoë tot rasionele denke nie, maar ook dat sekere feite en flaters geïgnoreer word en onuitgedaag voortbestaan. Dit verklaar ook hoekom foutiewe argumente herhaaldelik gebruik word.

Ek het ook opgemerk, veral by volwassenes, dat dit moeilik is vir iemand om iets te glo, maar as die geloof eers posgevat het, is dit moeilik of onmoontlik om die persoon van enigiets teenstrydig te oortuig. Dit is dié dat godsdienstige organisasies kinders verkies.

Deur studies is bepaal dat neurologiese bane as kind gevorm word, wat die aktiwiteit in sekere dele van die brein beheer. Indien daar skade aangerig is, kan dit later herstel word, maar dit raak moeiliker hoe ouer mens word. Indien mens van kleins af leer om onlogiese en onmoontlike stellings as die waarheid te aanvaar en teenstrydige feite en foute te ignoreer, maak sulke mense nie gebruik van hulle AGK nie, wat lei tot skade in die bedrading van neurologiese bane.

Sielkundiges skryf gewoontes en gedrag toe aan neurologiese afkoms. Die teensin om van geloof afstand te doen of te verander is moeilik, omdat dit ’n verandering in neurologiese bane vereis, net soos om afstand te doen van ’n slegte gewoonte.

Volgens Jenna Bryner van LiveScience is daar verskeie redes hoekom mense nie van gewoontes ontslae wil raak nie. Onder andere is dit as gevolg van die strewe na sosiale aanvaarding, die onvermoë om die natuur en risiko van gewoontes werklik te verstaan en die vermoë om gewoontes te rasionaliseer. Geloof val onder al drie van hierdie groepe.

Die eerste stap om van gewoontes ontslae te raak is om jouself en jou idees uit te daag. Wat die meeste mense doen, is om ’n substitusie te vind, wat die saak van geloof soveel moeiliker maak: Die Christendom het ’n alternatief aan heidene gebied, wat bekering makliker gemaak het. Ateïsme bied nie ’n plaasvervanger aan nie.

Die ateïs is egter vry van die kloue van religie.

Studies voltooi deur Richard Davidson en sy kollegas het gevind dat foutiewe bedrading of skade in neurologiese bane die oorsaak kan wees van impulsiewe aggressie en geweld. Hulle sê dat die AGK (ACC) ’n rol speel deur ander areas van die brein in te span tydens ’n konflik situasie. Die resultaat van die studie het bevestig dat ’n defek hierin kan lei tot impulsiewe geweld.

Is dit dalk ’n faktor wat bydra tot die geweld wat gepleeg word in die naam van religie en wat goeie mense dryf om slegte dinge te doen in die naam van hul God?

In die Oxford Journals, is ’n studie gepubliseer deur 10 Universiteite en sielkundige instansies. Hulle noem dat pasiënte met skisofrenie, lae aktiwiteit in die AGK getoon het en dat daar ’n versteurde reaksie teenoor foute bestaan, as gevolg van die uitwerking van die AGK se onvermoë om motiverende gedrag te versoen.

Kan dit die optrede van Joan of Arc en Peter Sutcliffe, die Yorkshire Ripper, verklaar? Hulle albei het opgetree volgens instruksies van “God”.

Peter Sutcliffe het ’n stem gehoor terwyl hy by die Bingley begraafplaas gewerk het. Die stem het hom gelei na ’n grafsteen waarop JEGO, WEHBY en ECHO staan of volgens sy interpretasie: “We be the echo”. Hy het dit as ‘n bewys gesien dat dit die stem van Jesus was wat hom later beveel het om prostitute te vermoor. Hy het vir die polisie gesê dat hulle ‘n fout gemaak het, want hy is ‘n instrument vir God en tree op volgens Sy persoonlike instruksies.

Volgens Professor VS Ramachandran, van die Universiteit van Kalifornië, is die temporale lobbe van die brein die kern van religieuse ondervindings. Deur eksperimente met mense wat aan epilepsie lei, en wat daarsonder is, het hy bepaal dat mense ‘n geweldige reaksie toon wanneer hulle na religieuse simbole kyk of ‘n woord soos “God” lees. ‘n Pasiënt met brein trauma het na haar ongeluk verskriklik religieus geraak en magtige religieuse visioene begin kry, wat soms tot drie ure lank geduur het. Professor Holmes is oortuig daarvan dat die stamp aan Ellen se kop, temporale epilepsie veroorsaak het. Hy sê dat dit daarop dui dat die visioene nie opreg is nie, maar die gevolg is van stuiptrekkings. Ellen White was die stigter van die Sewedaagse Adventiste.

Hulle vermoed dat sekere religieuse figure ook aan temporale lob epilepsie gelei het. Paulus en Moses is blykbaar goeie kandidate. Die anterieur gordel korteks dien as kontrole sisteem vir die temporale lobbe en pasiënte met AGK epilepsie toon psigopatiese en anti-sosiale neigings, verlaagde reaksie teenoor pyn en verminderde bewustheid van hulself.

Alhoewel daar nie ’n duidelike verband is tussen die geestestoestande wat hier genoem is nie, is lae aktiwiteit in die anterieur gordel korteks ’n algemene faktor.

(… Word vervolg)

Die feit is dat die gelowige brein verskillend bedraad is, partymaal met skrikwekkende resultate.

“I can’t question God’s methods, I just obey.” Christopher Turgeon

“God told me to do it.” Deanna Laney

“Allah ordered us in this religion to purify Muslim land of all non-believers, and especially the Arabian Peninsula where the Ke’ba is.” Osama bin Laden

“God told me to strike at al Qaida and I struck them, and then he instructed me to strike at Saddam, which I did, and now I am determined to solve the problem in the Middle East.” George W Bush

“In the end, there is a judgement that, I think if you have faith about these things, you realise that judgement is made by other people… and if you believe in God, it’s made by God as well,” Tony Blair

Bron van figuur en foto: [url=http://scienceblogs.com/mixingmemory/ACC.JPG]ACC.jpg[/url] [url=http://en.wikipedia.org/wiki/Peter_Sutcliffe]Peter Sutcliffe in 1981[/url]


Ek neem aan jy’t dié artikel geskryf, Sentinel. Indien só, wel gedaan!

’n Moontlike gevaar is natuurlik dat gelowiges (en dalk ander mense ook) die voorstelle daarin sal uitlê as ’n aanduiding van die stelling dat geloof ’n tipe wanorde van die brein is (wat dit eintlik wel blyk om te wees). Hulle reaksie sal seker wees dat dit onsinnig en voorbarig is om vier vyfdes van die wêreld se menslike bevolking van waansin te beskuldig.

'Luthon64

Baie dankie vir die kompliment. Ek hét dit geskryf, maar met jou hulp!

Jy het 'n punt. Die ou gesegde is mos: wanneer mens dink dat die hele wêreld mal is, is dit ’n aanduiding dat jy self mal is. Mens kan maar net die nuus dophou: Wie wil nou geklassifiseer word as by jou volle positiewe, in hierdie waansinnige wêreld?

'n Vriendin vertel vir my dat sy gedurende die week 'n koppie koffie by die Wimpie gaan drink het. Twee dames het met haar begin gesels, en soos die meeste gesprekke uiteindelik by religie uitkom, vra hulle toe of sy dink dat die Jode verantwoordelik is vir Jesus se kruisiging.

Hulle het haar antwoord interessant gevind: Sy het gesê dat daar geen Romeinse rekords bestaan wat die kruisiging van so iemand kan staaf nie, ens. Daarom is sy nie eers seker of Jesus wel gelewe het nie.

Nadat sy dit gesê het, word sy aangeval deur iemand wat aan die ander kant van die Wimpie gesit het. Sy het glo verskriklik te kere gegaan. Om ‘n lang storie kort te knip: Die twee dames het later vir my vriendin gesê dat hulle nie die ander dame se gedrag kan verstaan nie en dat my vriendin koel en kalm gebly het.

Mense moet nie vir my probeer sê dat gelowiges by hulle volle positiewe is nie.

Puik. Skepties en Afrikaans … ek hoop jy oorweeg dit om hierdie kaliber artikels eendag in 'n bundel soortgelyk aan George Claassen se Geloof,Bygeloof en ander wensdenkery uit te gee?

Mintaka

Dankie vir die groot kompliment. As ek maar net George Claassen se talent gehad het…

Hang af wat n mens definieer as Lewe: Wat is Lewe in terme van materialisme ? Hoe verstaan die outeurs lewe en waar het hulle formeel die definisie van Lewe gegee.

Ek verstaan nie so lekker die konteks of die implikasies van jou vraag nie, en ook nie wat dit met George Claassen te doen het nie. ???

Nogtans, lewe kan wel gedefinieer word in materiele terme as 'n lys van vereistes waaraan 'n kandidaat moet voldoen. Ek dink voortplanting, sensoriese prikkelbaarheid, groei en nog 'n paar ander was deel van die lys. Ek het die hele definisie geken op 'n stadium toe ek dit laas op skool geleer het. Terloops, daar was toe redelike debat of virusse lewendig is al dan nie. Weet nie of 'n formele besluit al geneem is oor die lewe-status van virusse nie. Ek weet wel Pluto is nie meer 'n planeet nie. :wink:

Hoop dit help.

Mintaka

Volgens [3700+] Music Wallpapers | Wallpapers.com is lewe in terme van materialisme nie gedefinieer nie. Dit beteken dat die woord “Biologie” wat Studie van Lewe beteken nie gebruik kan word deur materialiste nie. Jy kan iets in n argument gebruik as jy dit nie kan definieer nie.

Goed, aangesien jy 'n pragmatiese benadering so hoog aanslaan:-

Stel jy voor ons hou op om lyke te begrawe omdat ons nie kan pyl trek op ons definisie van lewend en nie-lewend nie?

Mintaka

Die feit is dat die gelowige brein verskillend bedraad is, partymaal met skrikwekkende resultate.

“I can’t question God’s methods, I just obey.” Christopher Turgeon

“God told me to do it.” Deanna Laney

“Allah ordered us in this religion to purify Muslim land of all non-believers, and especially the Arabian Peninsula where the Ke’ba is.” Osama bin Laden

“God told me to strike at al Qaida and I struck them, and then he instructed me to strike at Saddam, which I did, and now I am determined to solve the problem in the Middle East.” George W Bush

“In the end, there is a judgement that, I think if you have faith about these things, you realise that judgement is made by other people… and if you believe in God, it’s made by God as well,” Tony Blair

After having read (more like study!) Julian Jaynes’ “The Origin of Consciousness in the Break Down of the Bicameral Mind” More and more things start to add up for me. We are all different. The brain had an anomalous change in its development about 1000 BC. Prior to 1000 BC humans had a bicameral mind operating analogous to that of a schizophenic. That’s just to briefly introduce the subject. Read the book and learn much more.

My passion is very much like Spinoza’s: To try and understand why things (people) are what they are. We can and should be be skeptical about unsubstantiated claims made by people but I guard myself to be skeptical just for the sake of being skeptical.

Barryl