Die NG Kerk en die duiwel

Net nog 'n artikel oor hoe die kerk mense kan manupileer. Wat ek wel interessant find is die laaste sin:

Die NG Kerk se algemene sinode het gister ruimte gelaat binne die kerk vir mense wat glo die duiwel en demone bestaan as persone én vir diegene wat dit nie glo nie.

Waaroor almal saamstem is dat die boosheid ’n werklikheid is, dat dit reeds deur Jesus Christus oorwin is, maar dat gelowiges steeds ’n geestelike stryd teen boosheid voer.

Oor die aard van die boosheid was daar egter uiteenlopende sieninge.

Prof. Johan van Rensburg van Bloemfontein het gesê die Nederlandse Geloofsbelydenis verwys na gevalle engele wat as demone funksioneer.

“Ons kan nie sê jy hoef nie dié deel van die NGB te glo nie,” het Van Rensburg gesê.

Hy het ook opgemerk dat ’n mens die Bybelboek Judas verwerp as jy nie die bestaan van duiwels of demone aanvaar nie.

Daarteenoor het dr. Ben du Toit van die Wes- en Suid-Kaapse sinode gesê hy glo nie in die bestaan van die duiwel nie. Hy aanvaar die bestaan van die bose en die verlossing van Jesus Christus egter absoluut.

Hy het gepleit dat daar ook vir mense soos hy ruimte geskep sal word.

Dr. James Kirkpatrick van Suidoos-Pretoria het hom by Du Toit geskaar en gesê dié siening berus op ’n ernstige vertolking van die Bybel en die belydenisskrifte.

Die sinode het besluit daar is ruimte in die kerk vir albei die sienings.

Die sinode het ook ruimte gemaak vir ’n bediening van bevryding waardeur duiwels uitgedryf word binne die NG Kerk.

Die sinode het egter gemaan dat dit ’n buitengewone bediening moet bly en ’n rits voorwaardes daarvoor gestel.

Dit sluit onder meer in dat ’n predikant dit onder toesig van sy kerkraad en ring moet doen en dat die betrokke persone ook vir mediese evaluasie verwys moet word.

Dus, my interpretasie is dat jy van looitjie getik is as jy in die duiwel glo, maar dis ok, solank jy jou tiende betaal en niemand vermoor in die kerk se naam nie, en net om seker te maak jou neigings is nie te oortuigend nie, moet jy eerder net 'n checkup by die kerk sielkundige ontvang.

Waaroor almal saamstem is dat die boosheid ’n werklikheid is, dat dit reeds deur Jesus Christus oorwin is, maar dat gelowiges steeds ’n geestelike stryd teen boosheid voer.

Dit is maar is nie, maar is, maybe.

Hy het ook opgemerk dat ’n mens die Bybelboek Judas verwerp as jy nie die bestaan van duiwels of demone aanvaar nie.

Ja maar kersies pluk is 'n doodgewone protestantse tydverdryf.

Hy het gepleit dat daar ook vir mense soos hy ruimte geskep sal word.

Ja nee ons wil nie nog 10 nuwe “suster kerke” he nie. Pretoria het klaar genoeg kerkgeboue vir almal.

Die sinode het ook ruimte gemaak vir ’n bediening van bevryding waardeur duiwels uitgedryf word binne die NG Kerk.

Wet jou nie baie kerkgangers gaan happy wees met daai ene nie.

Ongelowiges voer ’n heelwat groter stryd teen boosheid, nl. die stryd teen die boosheid van onverdunde, benullose twak.

Ek was onder die indruk dat die NGK al ’n ruk terug ’n duidelike verklaring uitgereik het dat die duiwel en demone nie bestaan nie, en dat boosheid mense se doenes is in samewerking met god se afwesigheid. Maaind jû, hierdie is dieselfde klomp wat nie regtig kan besluit of hulle nou die sg. Belhar Confession wil aanvaar of nie. Hulle karring en kerm nou al amper dertig jaar heen en weer oor dìè vraagstuk.

'Luthon64

Pretoria het klaar genoeg kerkgeboue vir almal.
Ek het Vrydag in Nababeep gewerk. Het nie eers geweet daar bestaan so 'n plek nie, maar dit is seker die plek met die meeste kerke per inwoners in ons ou landjie. As jy in die dorp inry is daar 'n groot bord wat jou vertel die is "Die Dorp van Gebed". Dit is naby Springbok in die Noord Kaap en nogal mooi berge om die dorp.

Ek verstaan hulle het nou uiteindelik besluit om die Belhar beleidenis te aanvaar.