Die onderliggende gelowe van die skeptikus

Veel is al gesê oor geloof op hierdie forums, en oor die algemeen word [geloof in X] afgemaak as irrasioneel as daar nie ten minste goeie bewyse of sakke vol ondersteunende getuienis vir X bestaan nie.

Nou het ek 'n interessante en ietwat vreesaanjaende ding raakgelees. Die basiese idee is dat alles onder die son wat 'n mens mag dink hy weet en glo, maar net op nog verdere gelowe gebasseer is.

Hier is 'n voorbeeld:

Rigil Kent: Daar lê 'n snoek op die tafel.
Mintaka: Hoe weet jy dis 'n snoek?
Rigil Kent: Dit lyk soos die foto in hiedie boek oor visse van Suid Afrika.
Mintaka: Hoe weet jy die boek is reg?
Rigil Kent: Die boek is geskyf deur 'n igteoloog van die JLB Smith instituut.
Mintaka:: Hoe weet jy hy is wel 'n vakkundige?
Rigil Kent:: Dit sê so op die agterste skutblad.
Mintaka: LOL ;D

Net so het ek ook die (ontoetsbare?!) geloof dat my sintuie oor die algemeen 'n korrekte weergawe van realiteit aan my oordra. Maar dis steeds net 'n geloof!

Dis genoeg om 'n ou rasionalisme te laat oorweeg !

Rigil

Ek is redelik aangepak 'n ruk terug omdat ek gese het dat fondasies van enige filosofie wel gebasseer is op geloof (soos dat sintuie akkuraat is). (gesprek op die forum oor objektivisme)

My standpunt daar was dat, as sekere van daai gelowe vals is, dit geen verskil sou maak aan 'n mens se realiteit, want hy sou nooit weet nie.

OK ek het weer daardie fred gaan lees oor Objektivisme. (Geluk, terloops, met 'n paar goed deurdagte en lywige argumente. 8))
Ek stem saam dat ons tot verdere kennisgewing kan aanneem dat dit wat ons waarneem meestal realiteit is. Ons kan miskien selfs so ver gaan om realiteit te definieer as slegs dit wat waarneembaar of a priori afleibaar is.
Ek het om die waarheid te sê nie eers iets so ingewikkeld as Die Brein in die balie/ Matrix/ Plato se Grot/ Descartes se Moerige Demoon oorweeg nie. Hierdie verteenwoordig almal gevalle van opsetlike verkulling deur 'n intelligensie in 'n magsposisie.
Wat ek in gedagte het was bietjie minder dramaties. Dis gevalle waar, binne ons realiteit, ons sintuie ons klaarblyklik in die steek kan laat: illusies van water in die woestyn, 'n plat aarde, 'n soliede reenboog, ‘n aarde in die middel van die Oerknal, ensomeer.
Maar daar moet sekerlik nog ‘n voorbeeld of twee wees van iets waarin ons glo, of tenminste seker van is, wat nie bewysbaar is nie. Laat ek bietjie dink. |-O

Rigil

In hierdie samehang kan ek John Brockman (Ed.) se boek What We Believe but Cannot Prove hoogs aanbeveel.

Die opmerking dat ons sintuie nie 100% betroubaar is, is natuurlik die aanmoediging agter postmodernisme en die heeltemaal oordrewe relatiwisme wat daarmee gepaard gaan. Die feit dat ons bewus is dat ons ons soms sintuiglik misgis beteken nie dat dit altyd die geval is nie. Daar is waarhede en feite waarmee omtrent elke normale mens sal saamstem. Postmoderne filosowe is lief om dit as “intersubjective consensus” af te takel.

Die swak punt in die hele gemors word duidelik met besef dat daai filosowe se posisie self ’n geloofsstuk is, en dat hul aantyging van “geloof” onmiddelik en sonder verdere debat as skynheiligheid verwerp kan word. Hul bewerings is, uit hul einste aard uit, in geen sin glowaardiger as die ander ou s’n.

'Luthon64

Toevallig staan die boekie op my rak al vir 'n hele paar jaar - maar moet hom nog heeltemal klaar lees.Ek onthou planetêre wetenskaplike Carolyn Porco se oortuiging en motivering dat daar lewe elders moet wees. Maar in die konserwatiewe tradisie van 'n goeie wetenskaplike, spandeer sy meer as die helfte van haar opstel om te verduidelik hoekom haar opinie eintlik niks beteken sonder harde bewyse nie. Pragtig.

Rigil

Rigil ~ Daar lê 'n snoek op die tafel
cyghost ~ Wanneer braai ons hom en gebruik ons garlic of appelkoos konfyt of beide?

Ah man, nou praat jy! Dalk is die praktiese oplossing maar die beste. 8)

Ek vermoed ek skram weg van solipsisme oorlat elke keer wanneer ek wel probeer “filosofeer”, ek vir een of ander flippen rede daarnatoe dryf. En ek weet dit is blatante stront ~ selfs al is daar 'n klein moontlikheid dat die “brein in die vat” of soortgelyk (en alles wat daarmee gepaard gaan) waar kan wees.

So ek aanvaar daar is 'n objektiewe werklikheid wat ek subjektief ondervind en ervaar en dat ek gevolglik wel soms dwaal. My geheue is een voorbeeld ~ ek onthou soms goed wat ek nie regtig onthou nie of vergeet goed wat ek einltlike nie moes vergeet het nie. As die verelede nie so standvastig is as wat dit veronderstel is om te wees nie, wie kan sê oor die hede of die toekoms?

Maar wie wil regtig?

Ek wil net leef :smiley:

Inderdaad, maar wat op die agterste skutblad staan is nie al rede om te vermoed die ou weet waarvan hy praat nie. Dit is ten misnte in beginsel moontlik om self na te gaan of jy met hom saamstem of nie - jy kan immers self 'n studie van visse maak. Hoe lank sal 'n skrywer van veldgidse se boeke verkoop as die boeke vol blatante onwaarhede en onakkuraathede is? Vissers is immers nie heeltemal onnosel nie.

Dit is natuurlik heeltemal waar dat mens deesdae (eintlik reeds vir baie eeue) afhanklik is van ander se opinies, omdat daar nou soveel kennis is dat geen enkele mens dit alles meer in sy eie kop kan hou of alles self nagaan nie. Die waarde van daardie opinies word weer gewaarborg deur institute en stelsels soos universiteite en die eweknie-hersieningstelsel in die wetenskappe. As ons institute en stelsels in duie stort, word opinies skielik baie goedkoop, en daar is vele tekens dat dit inderdaad aan die gebeur is. Dus dan waarom mens alle opinies maar met 'n lepel sout moet neem: ons universiteite is al reeds deeglik deur postmoderniste geïnfiltreer.

Net so het ek ook die (ontoetsbare?!) geloof dat my sintuie oor die algemeen 'n korrekte weergawe van realiteit aan my oordra. Maar dis steeds net 'n geloof!

Alles is “net 'n geloof.” Die vraag is watter gelowe waarskynlik nader aan die waarheid is, of op ten minste redelik betroubare en konsekwente getuienis gegrond is. Jy hoef nie jou sintuie te glo nie - druk gerus jou hand in 'n vuur. Die voordeel van jou sintuiglike waarneming is dat dit darem min of meer toetsbaar is, anders as die vae filosofiese idees van die postmoderniste.

Dis genoeg om 'n ou rasionalisme te laat oorweeg !

Glad nie. Rasionalisme is net verdag as met met die woord “rasionalisme” bedoel word “die soeke na absolute waarheid,” of nog erger, 'n aanspraak dat sulke waarheid reeds gevind is.

In my opinie is die sentrale kenmerk van rasionalisme juis die afwesigheid van absolute sekerheid. Absolute sekerheid los ek maar vir religieuse fundamentaliste.

Yay! ;D

net 'n lekker verwysing:

"memories are not discrete entities that can be taken out of one person's head, Dumbledore-style, and distilled for someone else's viewing. They are mental reconstructions, nifty multimedia collages of how things were, that are shaped by how things are now. Autobiographical memories are stitched together as and when they are needed from information stored in many different neural systems. That makes them curiously susceptible to distortion, and often not nearly as reliable as we would like."
from http://www.guardian.co.uk/lifeandstyle/2012/jan/13/our-memories-tell-our-story
To emphasise its narrative nature is not to undermine memory's value. It is simply to be realistic about this everyday psychological miracle. If we can be more honest about memory's quirks, we can get along with it better. When I think back to my first attempt at solo swimming, it doesn't bother me that I have probably got some of the details wrong. It might be a fiction, but it's my fiction, and I treasure it. Memory is like that. It makes storytellers of us all.
I like that! 'n Mens raak partykeer net te klever vir hom/haarself: my memories is myne en ek gee nie 'n moer om of my brein in 'n bottle is nie...filosofie is lekker maar dis net filosofie; as my verwysingsraamwerk verskil van joune, so what? Dit kompliseer kommunikasie maar dit maak my nie reg en joune verkeerd nie. Postmodernisme sux...

Hope I am allowed to reply in English since I find it so hard to write in Afrikaans.

Our senses are physiologically determined so if you see a stick bending in the water and believe it is actually bending then it is not the fault of your senses but your brain identifying or believing it as bending in the water. Our knowledge is not automatic and we need to learn that the stick does not automatically bend in water. We learn this when we are very small.

I do not want to debate just how I prefer to see it.

Once again sorry for posting in English

Jy moet eers leer daar is nie 'n stok nie… >:D

I suppose I could regurgitate the entire Objectivist philosophy.
But last night I was thinking to myself that I must learn that Objectivism is not some religion and I should stop trying to convince people of its logic.

I know about atoms and that is is mostly nothing if that if what you are referring to.

Sorry I should not even have posted that and should learn some restraint

Nou hoekom dan so? Watter vermaak het weerhouding ons al ooit in die sak gebring? :stuck_out_tongue:

I know about atoms and that is is mostly nothing if that if what you are referring to
Ek dink [b]cyghost[/b] verwys dalk na die rasionalistiese idee dat ons nie slegs om die bos gelei word deur die oënskynlike knak in die stok nie, maar ook deur die moontlikheid dat die stok nie eers bestaan nie. Dus 'n illusie van 'n illusie. Dit sit alles natuurlik weer 'n paar stappe terug, aldus die " >:D".

Rigil

of lepel… ;D

En dan moet jy leer daar is g’n Zen nie… :stuck_out_tongue:

'Luthon64

Verseker … maar tonne motorfietsonderhoud :’(

Jy het my :wink:

Is jy 'n moerse serious *ou in die regte lewe?

*geld vir manlik en vroulik hier