Die woord rokkel.

My vrou, 'n rooinek, vra my wat beteken “rokkel”. Ek weet daar is so 'n woord en verduidelik dat dit iets is wat stadig gebeur soos in “sy rokkel jou kliente af”. Sy gaan kyk toe in 'n woordeboek vir 'n beter vertaling maar die woord is nie daar nie. Selfs Google translate het nie 'n antwoord nie. Iemand hier wat dalk 'n vertaling het?

Ek ken “afgerokkel”, maar sover ek weet beteken dit om iets teen iemand se will te bekom, miskien met 'n slenterslag, maar nie blatant te steel nie.

Hy het al R20 by my afgerokkel met sy alewige fondsinsamelings.

As daar 'n vertaling in Ingels is, sal die woord min of meer moet beteken to force someone to yield begrudgingly. :o!

Extort?

Rigil

Is hierdie dalk verkeerd of onvoldoende?

'Luthon64

I am not aware of the woord “rokkel”: “afrokkel” yes: meaning to take away from…usually in a somewhat nefarious manner

Volgens my woordeboek: to coax away, to wheedle away.

Klink omtrent reg. Maar daar is nou eenmaal kleurvolle Afrikaanse woorde wat nie eintlik 'n goeie Engelse ekwivalent het nie. Dink byvoorbeeld aan “sommer,” soos in “I’ll sommer bliksem you.” ;D