Ek is Afrikaans

Is ek die enigste Afrikaanse ou op hierdie “forum”? Wat is Afrikaans vir forum in elkgeval? Ek is 'n ateïs en ek probeer skepties wees.

Ek twyfel of jy die enigste is, ek dink almal verkies maar net om in engels te praat :wink:

Ek is darem ook Afrikaans.

Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo!

eks ook hier tjom!!!

Hi Almal,
Ek is ook hier (nuut). Net uit nuuskierigheid - hoeveel afrikaanse skeptics is daar wat wetenskap en godsdiens met mekaar probeer versoen. Ek is 'n post-teis en as ek weer ellelange redenasies om en oor intelligente ontwerp of onreduseerbare kompleksiteit moet deurworstel gaan my godsdiens opvoeding op myregurgiteer oos 'n goor maag!.

Welkom Ronnie.

Ek was 'n christen en het ook eers probeer om wetenskap met godsiens te versoen. Dit is egter nie moontlik om die twee te versoen nie. Godsdiens verwag dat jy niks bevraagteken nie, en alles glo wat iemand anders vir jou vertel. Wetenskap gaan oor die bevraagtekening van die wereld en om uit te vind hoe dit werk en beter te verstaan.

Die hele evolusie/intelligente ontwerp/onreduseerbare kompleksiteit debat sal seker nooit eindig nie. Lees maar bietjie op die forum. Gelowiges sal die feite en interpretasie daarvan sover as moontlik buig om te probeer wys dat daar wel 'n god is wat mense geskep het. Dit is in elk geval nie nodig nie want die hele konsep en definisie van god maak geen logiese sin nie.

Daar is seker wel skeptici wat in 'n god glo, en wetenskap met god probeer versoen, maar ek weet nie hoe hulle dit kan regverdig binne 'n skeptiese raamwerk nie.

Dis seker die meeste Afrikaans wat ek in 'n lang tyd geskryf het!

Wetenskap en godsdiens was en sal altyd deel wees van menswees. Ek het geen probleem hiermee nie. Dit is hoe dit is. Wat ek 'n probleem mee het, is wanneer die een valshede versprei oor die ander een. En ek dink altwee kampe maak hulself skuldig daaraan.

@Ronnie
Welkom!
Ek neem aan as jy praat van versoen, bedoel jy die bybel se weergawe van die wêreld met wat ons weet van bewyse wat in die natuur gevind word. Jy sal nie sulke dinge van my hoor nie :wink:

Hallous… ek is ook afrikaans… ::slight_smile:

Is so bluegray V…

Wetenskap en godsdiens was en sal altyd deel wees van menswees. Ek het geen probleem hiermee nie. Dit is hoe dit is. Wat ek 'n probleem mee het, is wanneer die een valshede versprei oor die ander een. En ek dink altwee kampe maak hulself skuldig daaraan.

Die geneuk is net… die een se valsheid is baiekeer die ander een se waarheid…

Hallo julle. Ek is Afrikaans en ek is skepties.

Hallo Almal. Ek is ook Afrikaans, is baie skepties oor alles, en het Ateistiese denke.

Ek is seker jy sal hier welkom voel :wink: