ek wil iets sê en ek gaan dit sê

…of meer soos in 'n vraag of twee vra. 'n Bietjie poilitiek vir 'n Vrydag oggend as jy die maag het daarvoor. Jy is gewaarsku.

In 1992 het ek ja gestem in die referendum. Ek was in die weermag, my jaar diensplig. In 1994 het ek tussen die stempos punte in Wynberg rondgery, tot die tande gewapen en slaggereed, vreesloos. 'n Jong speur-sersant in die Polisie Mag (wat 'n Diens geword het en as ek dit reg verstaan nou weer’n Mag is (wtf!!))

In geen stadium het ek regtig getwyfel in Suid Afrika of ons potensiaal nie. Of dat dinge regtig liederlik gaan skeef loop nie.

Nou in 2010 / 2011 voel dit vir my of daar 'n krappirigeid in die lug is, onderaardste bewegings wat dreig om soos 'n vulkaan te ontplof.

So. Na my gegorrel hierbo, om as agtergrond te dien, wil ek eintlik net weet of dit net ek is en of ek rede het om so te voel? Hoe sien ander die huidige situsie in ons mooi land?

ek dink daar is 'n general unhappiness onder mense in die meerderheid. die armes, want die ANC het nie vir hulle huise/jobs gegee nie, en hulle kak dik stukke af. en elke nigie en zimbo vat hulle jobs.
onder die middelklas, wittes, want ons kannie 'n fokken job kry nie, en swartes, want hulle kan nie 'n fokken lang slap kar ry soos die govament hulle beloof het nie.
ek dink dat op die einde van die dag, die voters gaan opstaan teen die ryk politicians en al hulle cronies wat hulle ook ryk gemaak het.
almal is te besig om hulle comrades happy te maak, en wil nie kak stir nie, dat cosatu and their ilk hierdie land opfok sonder lisensie.
ek mag dalk ignorant wees, maar fok my, elke maand is iemand besig om te tooi-tooi en shit te brand en breek.
gaan die kak die fan strike? wiedefok weet?
mense is kak-ongelukkig. die politicians sit in hulle kushy houses in sandton, terwyl een of ander single mother van tembisa nou al 15 jaar wag vir 'n hop huisie.
dit baffle my dat mens nogsteeds dink die ANC is piele. ek meen, fokken seriously. kyk net na een of ander no-name unknown persoon van die govament se blue-light-brigade die traffic opfok op 'n maandag oggend. wie de moer is die bra? en hoekom het hy 'n escort nodig?
maar ek check mense vat nie kak van krims in die locations nie. en die cops los dit maar uit.
persoonlik, as die paw-paw die fan strike en die common man opstaan teen die fat-cats, sal ek daar wees. ek sal die heat pack nie, maar ek sal seker maak dat ek by rallys en kak wees.
anyways, elke revolution volg met net nog een. freedom fighters word dictators. dis hoe hulle roll.

Cyggie, ek weet nie wat die krapperigheid in jou gat veroorsaak nie, maar ek voel dit ook. Dit het niks te doene met wit or swart nie…dis 'n “class-struggle”. en dis iets wat al jare aan die opbou is, selfs voor die demokratiseringsprosesse (fok dis 'n lekker lang woord) In die ou dae was mag alles: weermag, polisiemag, mag-istraat (my pa was een) alla magtig man en hulle het nie geskroom om dit te misbruik (use misuse and abuse)nie. Nou’s die skoen op die ander voet, maar ook eintlik nie…die base het net verander. En ja GCG is reg die kak kom…die vraag wat my pla is wat gaan 'n meerderheid swart polisiemanne en weermagmanne doen as die arm klasse (ook oorweldigend swart) in opstand kom? Hulle gaan nie in my opinie skiet slaat skop ens nie…hulle gaan omdraai en die ‘common enemy’ aanvat…die rykes! Die oplossing??? pomp soveeel energie en resources in 'n vrye liberale education (ja ek weet dis idealisties en langtermyn) maar daar’s g’n ander uitweg wat ek sien nie…sorry.

Eerstens: ek het agtergekom dinge is nie altyd naastenby so kak as wat mens verwag nie.

Aan die ander kant: raak dinge partykeer liederlik buite beheer voor enigiemand 'n reukie kry iets is kort.

Dit is vir my SA vs Zim. Zim was eendag skynbaar nog OK en die volgende toe gaan die hele land vir 'n bol strond. In SA hoor ek nou al van 1992 af van lang messe en massamoord, 'n stelsel wat “binne 5 jaar fucked is”, en totalitarian regimes. En weereens toe mr Zuma onskuldig verklaar is en toe dit begin insink dat hy ons president gaan wees. Paniek die hele wereld vol. En nou? NOU is hy (en die ANC se brass) die good-guy wat die land moet beskerm van die sosialiste. Hoe vinnag draai 'n ding nie?

Vir my is SA maar 'n mengelmoes, was altyd en sal altyd wees. Op een hand is daar altyd kak met mense wat wil strike en vloermoere gooi. Jy’t mense wat aangaan oor nasionalisasie en rerige dom strond. MAAR dan kom van die leiers en gee 'n goeie PK en skielik besef jy daar is dalk 'n paar mense met putte wat nie so luidrigtig is nie, maar wel effektief. Hulle kan net nie openlik doen wat hulle wil nie want die massas sal hulle verteer.

Dis vir my ooglopend hoe die “struggle” in SA al hoe minder (wel nog 'n bietjie, maar…) gepunt is op “witmense” en al hoe meer 'n interne stryd begin word sonder veel van 'n ras lyn. DIT is goed. Solank almal nie in 'n mooi lyn val en die selfde (verkeerde) opinie dra, of 'n sekere leier op hulle skouers dra nie, dink ek dit sal goed gaan. “Checks and Balances”.

Ek HET my bedenkinge oor SA gehad maar snaaksgenoeg is ek nou gelukkiger in hierdie land as ooit. Dis nie lekker om tou te staan vir jou ID nie, ens, al daai strond. Maar nou’t ek ook al baie gehoor dat 'n “trip to the DMV” ook nie rerig 'n piekniek is oorsee nie. Such is life, elke plek het probleme.

O, en die NHI storie. Nie 'n fan nie, maar weereens dink ek mense sien 'n monster waar daar dalk 'n omgekrapte chihuahua is. Denkende mense word nie ondergekry deur hierdie goed nie, dit maak jou lewe ongerieflik vir 'n rukkie maar mense pas vinnag aan en vind 'n manier om die probleem te omsingel. Slegte krag? Kry 'n gennie, Duur krag? Hey wat van 'n solar geyser… Call me optimistically ignorant, maar hel ek ken baie mense wat nou al blerrie lank in JHB bly met maar moer min misdaad probleme. Seriously. Hoekom? Wel dit help dat daar nou 'burbs in jhb is met community-sponsored wagte wat patrolleer al die tyd. Nie ideal nie? So what? Dit werk.

Dis dalk meer van 'n “waar jy bly” dink maar soos ek se, jy gaan mos nou nie jou kar in hillbrow park nie? Jy pas aan, jy bly weg van probleme, welcome to human existence.

ek fokken love my country. en ek dink, even as iemand my 'n kak-huis vol geld aanbied om in aus te gaan bly, sal ek baie moeilik trek. ek het ook hoop. die meer vooruitdenkende jonges van vandag, voel 'n fok oor velkleur. ek meen flip, die designer girlie saam wie ek werk, praat van haar ex’s clive or sipho dieselfde. hulle was altwee assholes. alle kleure kiddies jol ewe lekker in die parkie. en DIS waar ons toekoms le. en ja, velkleur raak al hoe minder die issue. want wittes bly ook nou in plakkerskampe, en tooi-tooi saam as daar protes is.
en ek kry altyd so lekker as ek in die traffic sit, en 'n ou bebaarde omie sit in sy bakkie, en dik stukke en kak praat saam sy swart werker. ek love dit!! dit wys vir my, dis nie die wittes wat die swart haat nie, dis die regering an daai tyd, wat dit kak-onmoontlik gemaak het om die swart man soos 'n mens te behandel. as jy enigsins vriendelik met jou werkers was, is jy 'n kaffir boetie, ek meen seriously.
en vandag, 'n swart of indier dude is jou baas. dit pla my fokkol. doen net jou bliksemse job.
as die nuwe generation begin puppies he, en hulle word groot met die ideals van die 'nuwe’suid afrika, dan sal dinge ook beter gaan.

Ek is min of meer posetief oor die land maar iets wat pla is Tutu se “White Tax”. Ons was die ouens wat gestem het vir verandering maar wat nie eintlik bevoorreg is deur apardheid nie. Gaan die nuwe elite eendag getax word? Ek glo nie.

Verskoon die Ingils.

Personally I am extremely negative about the future in SA, and, when the time is right, will encourage the kids to leave if they can.

We are run by a political party who are unlikely to be ousted for a long time, and who are pretty well clueless as to how to run a country. This leads to a sense of futility as more and more taxes are created as the ANC tries to pull in revenue to do things to placate the vast numbers of poor. It does not work though - they just have no idea how to utilise that money properly, and so much is just pissed against the wall or plundered into personal bank accounts. The poor remain poor, apart from some shoddily-built RDP houses and toilets littering the veld.

It’s all about the money as usual. The only way to improve the lot of everyone is economic growth, in significant chunks. With that, the jobs will come into existence, and there will be enough to start improving a dire education system that churns out barely-literate, unemployable people by the kilometre. The projected growth apparently cannot even cope with the numbers of school-leavers. Yet the municipalities strike, making insane salary demands, as happens in other sectors. I recall reading that civil-service salaries are something like 40% more than private-sector ones - that is crazy. It cannot be supported, except in the short-term by taxing everyone more via rates, new “hospital” tax, tolls, fuel taxes. Which in simple terms take more from the small/medium businesses that are the best at creating jobs, which then doesn’t happen. The labour laws are millstones.

Govt and municipal departments are so busy paying out salaries that there remains insufficient to do what needs to be done in terms of investment in and repair of infrastructure. Millions and millions get wasted propping up useless parastatals like SAA and the SABC. Telkom is a shambles, and another massive millstone around the neck of development of the country.

So we piss it all away. There is very little to be hopeful about.

It’s telling, though, that SARS is the only state department that half works. It means that the priorities are vaguely in the right direction.

SA’s tax base consists of just over five million individuals. Social grants are given to almost three times as many, a number that is steadily growing. Illicit theft, greed and self-enrichment aren’t the real problem; it’s the legitimised and institutionalised forms that undermine the future. Too many good intentions and lofty ideals coupled with concerted milking and squeezing of available resources isn’t sustainable in the long term.

In short, it’s the dark side of liberal democracy: Useful things rarely get done and cost ten times as much as they should because there’s this pervasive fear of treading on some or other set of toes.

'Luthon64

Thank you rwenzori. You said it far better than I could. The problem is to get this message to the people that keep on voting for them. But I try to stay positive.

Vir een of ander rede bly ek positief, ek voel net ek sien deesdae meer negatiewe raak rondom my as ooit te vore. (Dalk omdat ek meer op news24 is deesdae :P) Dom JubJub pla my, dit pla my dat my president se korrupsie ondersoek opsy gestel is omdat hy populêr is. Ek verstaan nie die ondersteuning wat die korrupte ouens kry van mense van wie hulle eintlik rot en kaal besteel nie - hulle dans jubbelend saam met Yengeni tronk toe. Is die persepsie dat dit ok is om van die wit imeprialiste te steel? Ek glo nie hulle dink hierdie sake reg deur nie.

Ek het oor die naweek in die Burger gelees van nog iemand wat Tutu se “versoenings tax” ondersteun - ek wil net weet hoeveel? R100, 'n R1000 of R10 000? Wat gaan hulle met die geld maak en as dit dan opgebruik is en niks het rerig verander nie, gaan hulle weer vra? En as ons betaal is dit dan so, ons is vergewe vir eens en vir altyd? Want godweet, ek het genoeg op my bord om my en my gesin te probeer onderhou om nie nog te veel te worry or 'n fokin guilty conscious oor dinge wat ek absoluut geen beheer of sê het nie. So sorry, maak ek geen skuldige gewete nie. En ek kan nie een optower nie.

Ek is 'n wit man. 38 jaar oud en blykbaar bevoorreg. Sonder om dit te veel in twyfel te trek, want ek kan seker as ek moet, het ek dit nou maar so aanvaar. Hopenlik kom ander wat hierdie moerse probleem daarmee het, ook daar oor. Ek hoop maar vir hulle part so.

Ek is redelik positief oor die algemeen, daar is krapperighede wat my soms laat wonder, en ek druk my seuns se onderrig om seker te maak dat sou dit nodig wees, hulle wel werk oorsee sal kan kry ook.

Ek werk vir 'n swart baas, en ons gesels so dan en wan oor die situasie, wat beduidend is, is die feit dat sy, asook die meerderheid van haar vriende en familie nie die ANC navolg nie. Hierdie is oor die algemeen die “educated” klas mense, mense wat kan dink vir hulself. Sy was hewig ontstelt 'n paar weke terug toe my seun se beurs afgekeur is vanwee sy ras, sy het uit haar persoonlike kapasiteit 'n guns (en 'n beurs) by 'n oud-kollega by 'n ander instansie vir my seun gereel. Hierdie is dinge wat in ag geneem moet word. Die massas is een ding, maar wat gebeur met die individue wat die massas form.

Die vrot kan beide kante toe loop, kyk maar na die huidige stakings hier in Gauteng, dit het geheel en al platgeval hier, en die rede daarvoor is eenvoudig en tweevoud, eerstens, daar is onenigheid in the Unie, en die storie verloop onder die skoonmakers hier by my dat die Unie die wenners is en die werkers moet betaal, tweedens, iemand met bietjie meer kop het besef dat 'n basiese salaris van R4200 beteken dat jy skielik moet tax betaal op jou inkomste, en DIT klink toe nou nie heelemal so goed meer nie.

Ons het ’ pragtige land, met baie potentiaal, ons moet net 'n manier kry om die “agtergeblewendes” op te voed en 'n ordentlike education te bied. Dit sal baie probleme oplos, maar dis 'n langtermyn oplossing, as ons NOU begin, kyk ons eers na 20 jaar na beter tye uit.

ek dink ons het 'n awesom land…dis net die fokken politicians wat dit bevuil!

ek het niks ‘white guilt’. ek was 'n snotkind toe al die apardheid kak gebeur het. my pa was in die army en al daai, maar dis nie asof hy 'n keuse oor die saak gehad het nie.
ek het hoerskool saam met swart kids begin, en ek begin al meer suur word oor my vriende en kollegas as hulle racist om my is. dit was snaaks jarre terug, dis nou net fokken slegte smaak.
ek het sweet blou boggerol gegain van apardheid nie. my ouers was lower-middleclass. ek het nie gestudeer nie. was in 'n govament school. bicycle getrap tot matriek skool toe. ek bly in 'n ramshackle cottage in 'n dude se agterplaas. ek het nie dstv nie. ek kannie brandname klere bekostig nie. ek kannie margate toe gaan vir vakansie nie. my kar se exhaust roggel soos 'n boksburg escort.
as hulle van my tax wil he, moet hulle eers kan bewys dat ek enigsins iets gegain het van wit wees.

ek sien God kies al weer kante? Is dit nie 'n slag tyd dat iemand Hom moet inlig om onpartydig te staan nie?

(ek link maar hier op in plaas van nuwe spraak baan te begin, juis omdat dit inpas met die tema, al dan iewat effe.)

nee dis nie god wat kant kies nie dis die bliksemse pastoor wat dink hy’t 'n hotline (en natuurlik derduisende wat hom glo)…hoe kan 'n invisible, irrational, impossible to believe god, kant kies? :wink:

Bewys vir sy alomteenwoordige, almagtige self - Hy is aan almal se kant, teselfdertyd!

Issie! As die Blou Bulle speel is hy aan Pierre Spies se kant…hy’t my so geseg!

God always chooses Chuck Norris.

As jy vewys na die politieke en ekonomiese situasie kan dit seker na enige kant toe gaan. Ek sien geen rede waarom dinge op chaos moet uitloop nie, maar ook nie veel tekens van melk en heuning nie. Ek vermoed ons sal maar so tussenin aanploeter vir nog 'n redelike lang tyd. Politiek bly maar 'n artifak van die meerderheid se grille, en ek sit maar moeilik my vertroue in mensgemaakte goeters. Behalwe miskien as jy dit kan eet, of petrol daarin kan gooi.

Rigil