Geloof

Daar was die naweek in die BY die volgende brief:

Geloofsbelydenis van ’n ateïs

Daar word soms beweer dat ateïste ongelowig is in die sin dat hulle nie in enigiets glo nie. Dit sou meer akkuraat wees om te sê dat hulle nie soos Christene ’n Twaalf Artikels het wat hulle geloof opsom en wat seremonieel voorgelees of saamgeprewel word by hulle byeenkomste nie.
Ten einde hierdie leemte te vul, het ek die volgende belydenis opgestel:

Ek glo in die Oerknal, oorsprong van ruimte, tyd, materie en energie; en in die spontane ontstaan van selfrepliserende entiteite; wat gedurig verander deur evolusie en manifesteer as lewe; gedifferensieer in muterende spesies; waaronder die mens, ’n selfbewuste aap; wat vanaf sy planeet die natuur waarneem en kodifiseer.
Ek glo in die verklaarbaarheid en voorspelbaarheid van verskynsels. Ek glo in ’n aanvaarde, algemene korpus van kennis, die konsensus van die kundiges. Ek glo in die sterflikheid van sterre; die onomkeerbare uitsetting van die heelal; die uiteindelike verval tot entropie; en ’n ewige dood.

CORNELIUS JANSENIUS, Stellenbosch

Ek dink dit is glad nie sleg nie behalwe die woord “glo in” in bogenoemde. Dit is meer 'n aanvaarding van bewysse vir die Oerknal en oorspron van self replikeeders en evolusie ens as geloof. Of is ek besig om hare te kloof?

Hierdie is werklik uitstekend! ;D Selfs die ritme klink bekend.

Skeptiese geloof, is voorwaardelik en temporaal, en dus minder absoluut as teistiese geloof. Maar ter wille van beknoptheid en die komiese effek is “glo” heel aanvaarbaar.

Mintaka

Ek glo in die verklaarbaarheid en voorspelbaarheid van verskynsels. Ek glo in ’n aanvaarde, algemene korpus van kennis, die konsensus van die kundiges. Ek glo in die sterflikheid van sterre; die onomkeerbare uitsetting van die heelal; die uiteindelike verval tot entropie; en ’n ewige dood.

CORNELIUS JANSENIUS, Stellenbosch

Mooi Man !!
En jy het 'n ingeboude kontrole: sou daar konsensus wees van die kundiges om die teendeel te bewys van die onomkeerbare uitsetting van die heelal. [color=black] Jou geloofsbelydenis is dus opgradeerbaar, presies wat ontbreek by die godsdiens. Uitgediende kennis maak plek vir nuwe kennis.

Barryl

Ek stem saam maar wonder of mens dit nie moet aanpas:

Ek aanvaar die bewysse vir die Oerknal…” ens ens

Ek vermoed dit verloor dan van die tempo?

Dit is net vir my persoonlik 'n vreemde verskynsel. In gesprekke met teïste poog mens gewoonlik om te verduidelk dat geloof (die blinde tiepe) nie 'n goeie ding is nie. Hulle sal (noodgedwonge) die teenoorgestelde voorstaan en dan êrens ewe skielik uitkom met “jy glo ook maar, in wetenskap, of Darwin of evolusie of wat ook al”

Dit vang my gewoonlik onkant* al verwag ek dit nou al want dit is 'n ommeswaai in waarvoor hulle argumenteer, naamlik dat geloof 'n goeie ding is. Sit my op die agtervoet want dan moet ek die verskil in geloof verduidelik en ewe skielik geloof (die gebaseer op feite en bewysse) verdedig.

*onkant :slight_smile: