Gelowige wetenskaplikes

Iets wat ek nie lekker kan kleinkry nie is die verskynsel van gelowige wetenskaplikes. Hierdie is mense wat immers hul lewe wy aan die streng en pynlik stadige insameling van kennis oor die natuur. Hulle is op goeie voet met die wetenskaplike metode, en is deeglik bewus van die verskil tussen hipotese en feit. Hulle gebruik statistiese metodes, en verstaan die beginsels van waarskynlikheid. As daar iemand is wat die waarde van ware kennis verstaan, en die bloedsweet wat daartoe gely het, is dit die natuurwetenskaplike.

En tog. Dan kom Sondag, en skielik word al hierdie kognitiewe vaardighede eensklaps afgeskakel wanneer daar in die kerkbank ingeskuif word. Hoe is dit dan moontlik? Wat is daar aan geloof in die bonatuurlike wat so 'n treffer is, dat selfs van diegene wat 'n bestaan maak uit “anti-geloof” 'n spesiale plekkie daarvoor inruim.

Ek wonder ook of lewenswetenskaplikes nie dalk minder gelowig is as fisici nie … in my klein, onverteenwoordigende verwysingsraamwerk blyk dit tog so. Dit maak seker ook sin, want die Bybel maak belaglike aansprake wat lynreg indruis teen biologie, maar het nie te veel te sê oor dinge wat 'n fisikus verkeerd sal opvryf nie.

Rigil

Ek vermoed dat dit meer te doen het met kultuur en aanvaarding binne hulle persoonlike sosiale groepe. Dit vat 'n sterk persoonlikheid om jou ouers in die oe te kyk en hulle te beledig deur hulle hele opvoeding van hul kinders te verwerp. Dink self hoeveel familie en vriende jou vermy slegs omdat jy nie glo wat hulle glo nie. Nie almal het dit in hulle om dit te doen nie. Daar is heel moonlik enkeles wat wel “glo”, maar persoonlik dink ek die meerderheid is “undercover”.