Hallo uit Namibië!

Goeie naand mede-denkers!

Ek is nuut aan hierdie forum aangesluit, en ek is verskriklik bly om te sien dat daar is mense in SA wat wakker is, en hulle verstand gebruik. Julle kan my Maanhaas noem. Ek is uit verre Otjiwarongo, en die plattelandse mense hier is so ver regs, dat as enige man net sy hare lank wil dra, word hy sommer onmidellik as 'n satan-aanbidder gesien [en al die ewils wat saam met dit kom, soos drugs, rape, voodoo ens.]

Maar, ek kom met 'n geskenk. Wie hier het al van die documentary met die naam Zeitgeist gehoor?
Dit gaan oor basies al die myths wat mense het oor geloof, en sowel die strooi wat die VSA hulle mense in voer; as ook die res van die wêreld. Dit is verniet, altwee van die Zeitgeists. Dit is beskikbaar op hulle webtuiste: http://www.zeitgeistmovie.com/ Jy kan dit sommer net daar kyk.
Elke skeptic moet hom/haarself 'n guns doen, en altwee kyk. Daar is 'n paar verbasende dinge wat 'n mens se oë nogal oop maak. Die eerste gedeelte van die eerste Zeitgeist gaan oor die bestaan van alle gelowe, en die rede vir diè WARE ewil se geboorte.

Geniet dit…
Cheers vir eers, uit Namibië!
Maanhaas

More Maanhaas,

Welkom van my kant. Self vir 20 jaar in Swakopmund/Walvisbaai gewoon (1960 - 1980) Mis die land en sy mense. Is besig om die dokumentere af te laai - lyk goed, baie dankie. Ek is self vertroud met die inhouds-kennis maar dis goed om so 'n DVD/video vir jou vriende aan te stuur want ek is nie so goed om die kennis en insig wat ek het oor te dra nie. Mooi bly.

Barryl

Hallo, en welkom Maanhaas!

’n Vorige bespreking van Zeitgeist op die forum.

'Luthon64

Ek het Zeitgeist glad nie geniet nie. Te veel paranoid delusions.

Welkom though!

Hallo Maanhaas.

Terwyl jy een post teen jou naam het en dit twee maande terug wil ek net sê dit is jou skrywe wat my laat registreer en meedoen het. So baie dankie. Dit mag vreemd wees, omdat ek glad nie met jou saamstem nie.

Ek het gekom weens ander redes, maar gehou van wat ek sien en so bietjie rond geblaai. Ek is self oorspronklik van Namibië en ek dink dit het 'n snaar geroer.

Indien jy rondhang of indien iemand anders wonder, zeitgeist is die grootset klomp snert onder die son. Dit bevat soveel onwaarhede en halwe waarhede en verdraaide waarhede dat dit as waarlik 'n meesterstuk in hoe om te lieg beskou kan word.

Skeptiese mense (of te wel mense wat hulle self skepties ag) word geteiken en meegesleur.

Ek raai jou aan om weer te besin hieroor.