:-\Luister na na hierdie storie. Mense by my werk soek altyd 'n goeie rede vir 'n “Party” en ek stem. So Halloween is nou weer 'n lekker geleentheid vir “dress up” en laf wees ens. ens. Almal beplan en toe skielik slaan die Christene in my afdeling toe. Dit is 'n duiwelse viering en hulle weier om aan te trek en die duiwel te vereer.Bla bla bla.
So nou stap jy deur die kantoor en almal het hope pret en lag en is snaaks aangetrek en my afedling is dit dood stil.
Ek meen regtig.Dis alles eintlik so ironies. Halloween is eintlik 'n Pagan fees en Pagans glo nie aan 'n duiwel nie in die eerste plek!!!.As jy boonop 'n regte pagan was sou jy weet dat dit met die verandering van seisoene te doen het- somer na winter. So eintlik moet ons dit in die suidelike halfrond eers op April of Mei vier.(Ek is nou nie fundi in die gebeid nie)
Maar die Christene hol nou weer weg met die konsep. Dis is so min 'n viering of vereering van die duiwel.Almal slaan eintlik die bal mis.Vir my is dit net 'n lekker rede vir party en vrek snaaks om almal op te dress.
Wat dink julle?
O ja en die storie van die brug.Ja is dit nie amazing hoe hulle die storie verander as dit nou nie uitwerk soos hulle gebid het.My baas wou 'n ander job vat . Toe sê sy die Here het dit vir haar gegee. Maar toe hulle haar meer geld gee om te bly , raai …toe bly sy…Hoe nou.Ek was lus om te vra , nou het jy nou die here se job terug gegee???
WENS DA WAS SPELL CHECK VIR AFRIKAANS …JAMMER OOR SPELLING!!!