Hoe se hulle in Engels....

money talks and bullshit walks…

Christen-vrou is nuwe redakteur van Loslyf 2010-06-24 07:04 Druk artikel e-pos artikel

Gauteng - ’n Vrou wat glo sterk Christelike beginsels en hoë morele waardes het, is aangestel as die redakteur van die twee bekendste sekstydskrifte in die land.

Rilette Meyer het twee weke gelede die redakteurstoel van Loslyf en Hustler ingeneem.

Meyer is ’n bekende joernalis wat veral vir die tydskrif Vrouekeur artikels met ’n sterk godsdienstige inslag geskryf het. Sy was ook ’n gereelde bydraer vir die tydskrifte Sarie en Rooi Rose.

Meyer, wie se aanstelling baie mense in die mediabedryf verras het omdat sy as ’n Christen bekend is, het gister gesê Loslyf en Hustler “verander niks aan my morele waardes nie”.

“Die uitdaging is om iets besonders van albei tydskrifte te maak. Ja, die seks gaan bly vir lesers wat die tydskrifte daarvoor koop, maar ek gaan met ’n proses van transformasie begin wat albei tydskrifte ’n nuwe gedaante gaan gee. Buiten die seks en foto’s, wil ek ­artikels van gehalte publiseer wat ook die denkende leser tevrede sal stel.

“Sodoende hoop ek om bestaande lesers te behou, maar om ’n hele horde nuwe lesers te werf wat sulke tydskrifte nie net vir die openlike seks wil koop nie.”

“Ja, ek het vir veral Vrouekeur artikels met ’n sterk godsdienstige en inspirerende inslag geskryf, maar hierdie is ’n hele nuwe uitdaging.”

  • Beeld

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Christen-vrou-is-nuwe-redakteur-van-Loslyf-20100624

hehehe, ja-nee, “Buiten die seks en foto’s, wil ek ­artikels van gehalte publiseer wat ook die denkende leser tevrede sal stel.”
ons sal maar moet sien hoeveel denkende christene nou die loslyf gaan begin aankoop - dis mos ok, dan nie?

O fok, ek sien kak as ek kak sien kom!

Wel meskien kan sy vir ons die Bybel herskryf met haar interessante blik op die lewe…

ek dink dis kak snaaks. die geld praat hard met daai enetjie.
die grap is, die loslyf is die nommer een publikasie onder christenmans se matrasse, naas die landbou weekblad.

ja en die landbouweekblad word net een keer gelees! ;D

As iemand 'n landbou weekblad onder sy matras wegsteek moet ek bekommerd wees oor sy seksuele voorkeure. Baaaaaa means NO!

My seun, Pan, noem my 'n huigelaar as ek dit vir hom probeer leer.

met 'n pa met die ‘naam’ Hermes en 'n seun met die naam Pan begin ek wonder… >:D

Haai, dit was 'n mooi bokkie en sy’t nie boe of baaaa gesê nie; sy’t gefluit!

[Ter inligting: In Griekse mitologie is Hermes die vader van Pan, 'n sater. sater: soort bosgodjie van die Grieke met die horings en onderlyf van 'n bok en 'n wellustige geaardheid.]