Intelligente ontwerp en abiogenese

Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie maak dit vir ons moontlik on die onstaan van verskillende spesies te verduidelik.

Abiogenese, op sy beurt, verwys na die ontstaan van lewe uit nie-lewende voorgangers. Ons weet nog nie presies hoe lewe tot stand gekom het nie, maar daar is 'n paar interessante voorstelle. Persoonlik hou ek die meeste van die warm organiese poeletjie idee. Dit verwys na 'n mengsel van kooolstof en stikstofryke vloeistowwe, moontlik in die teenwoordigheid van klei, wat as direkte baarmoeder van die eerste, eenvoudige, selfrepliseerende molekule gedien het.

Neodarwinisme is absoluut vesoenbaar met abiogenese. Vandat die eerste selfrepliseerende molekule tevoorskyn gekom het is daar in beginsel geen rede hoekom natuurlike seleksie nie onmiddelik kon afskop nie. SO begin die pad na stelselmatig meer moderne en ingewikkelder vorme.

Voorstaanders van die Intelligente Onwerp (kom ons hou die afkorting ID) het blykblaar nie 'n probleen met 'n ou aarde en evolusie as sulks nie. Maar een van ID se strydperde is 'n beroep op die verskynsel van oonskynlike onreduseerbare kompleksiteit: die idee dat daar op molekulere vlak sekere proteien interaksies bestaan wat nie sonder enige van hul komponente, of gedeeltelike komponente kan funksioneer nie. Die argument is dan dat die hele stelsel gelyktydig tot stand moes gekom het, wat natuurlik in stryd is met die neodarwinistiese uitkyk, wat gelykmatige verandering vereis.

Dit wil dus voorkom of onreduseerbare kompleksiteit 'n minimum vereiste plaas op die ingewikkeldheid van die eerste “organismes”. ID is dus nie versoenbaar met abiogenese nie.

Mintaka

Maar die “warm organiese poeletjie idee” is 'n bietjie gestrand (of nie?) op die oomblik en die metabolisme-eerste voorstel lyk 'n bietjie moeilik om te glo. Intelligent-ontwerp is nie rerig 'n opsie nie want “who-designed-the-designer” (vra dit vir die SETI idiote >:D). Maar moenie worry nie, self-organisasie ('n nie-neodarwinistiese idee) en ander moontlike voorstelle sal gevind word nie waar nie?

OK, maar stem jy saam dat ID en abiogenese (of dit nou waar of vals is) nie versoenbaar is nie? Dit was die punt wat ek wou maak.

(Ek moet se ek’s verbaas en aangenaam verras dat jy Afrikaans verstaan - ek het aangeneem jy is 'n Amerikaner! Wys jou net: vooropgestelde idees beteken niks.)

Mintaka

Wel, die een stel voor dat lewe uit nie-lewende voorgangers onstaan en dat intelligensie nie 'n direkte rol speel nie en die ander stel voor dat intelligensie wel direkte rol speel. Dis vanselfsprekend dat die twee nie versoenbaar is nie of nie?.

Wat?! Nooit nie, eg boerjie… :smiley:

Nie noodwendig nie. Veronderstel die beroep op onreduseerbare kompleksiteit het nie bestaan nie. Nou sou die tot-dusver-ongenoemde-intelligensie in ID (god, marsmannetjie of watookal) net sowel 'n chemikus kon gewees het wat aardse lewe uit die ekwivalent van 'n warm poeletjie in die lab aan die gang gesit, en toe op natuurlike seleksie staatgemaak het vir spesifikasie. Dit sou nog steeds stryk met beide evolusieteorie en abiogenese.

Maar ID haal homself die beperking wat onreduseerbare kompleksiteit meebring op die hals, naamlik dat 'n verbod geplaas word op evolusionere regressie tot onder die vlak van interaktiewe proteiene.

Met ander woorde, ID sal altyd vereis dat die eerste organismes reeds gevorderd moet wees bokant blote selfrepliserende molekule.

Die onversoenbaarheid van ID met abiogenese is as gevolg van sy aandrang op onreduseerbare kompleksiteit, en nie as gevolg van sy aandrang op 'n skepper nie.

Mintaka