Is die heilige nagmaal kannibalisme?

Die brood wat jy eet is die liggaam van Jesus en die wyn wat jy drink is sy bloed.

Selfs vir iemand wat dit nie glo nie, bly die simboliek afstootlik. Die liggaam van Jesus eet en sy bloed drink? Ag nee magtag! Dis darem in baie swak smaak. As hulle nou die brood so bietjie getoast het sodat jy dit nie rou hoef te eet nie, mag dit dalk gehelp het, maar nogtans… En wat is nou so danig heilig aan hierdie sakrament - so voorbeeldig? Jesus het jou lief - eet hom!

En daar’s die gemeente: “Feeeed me!”

As Protestant was ek geleer dit is slegs simboliek. Natuurlik wanneer mens daaroor besin en nie met bo-natuurlike oë bekyk nie, besef jy die makabarheid daaraan verbonde.

Ek verstaan egter die Romeins Katolieke Kerk glo dat dit regtig verander in die blied en vlees van Jesus. Geen wonder die oproer toe PZ die koekie deurboor nie.

Hoe mense, andersins regdenkend en normaal, sulke absolute twak kan aanvaar sonder om te blik of bloos is vir my een van die groot geheimenisse van ons spesie. Dit is voorwaar onverklaarbaar.

gekoppel daaraan die afgryslike kruis, simbool van moord en oneindige foltering van derduisende jode en kriminele, insluitend die mitiese christus figuur, is ook makaber. Miskien is dit wat die gelowiges beindruk…die lyding vir hulle sondes is natuurlik die boodskap…goeie bemarking maar steeds wreed.

Hehe, herhinder my aan Bill Hicks: “If Jesus comes back to earth do you think he EVER wants to see a fucking cross? It’s kinda like going up to Jackie Onasis wearing a gun pin. ‘Hey Jackie! Just thinkin’ of John!’” mimes the speaker making head-shot gestures

Hierdie praktyk kom van die heidense gebruik waar mensvleis en bloed in 'n ritueel geeet word.

Die christendom is maar net 'n uitbreiding van die heidendom, insluitende die rituele, christelike vakansiedae, feesvierings en simbole.

Meeste gelowe se simboliek is maar biekie af hoor.
sommer so off the top of my head, die ou mayans, het hoevel miljoene mense ge-af, coz een van hulle gods sy eie bloed gegee het om die humans te red.
en die hundus, we ek nogals like, wat hulleself desmoers blixem, en hulself met penne deur hullese kieste steek en kak. of hulleself teen 'n berg opdonner en stadig vrek van honger om heilig te wees.
elke xtian like mos van suffer. het jy nou al ooit 'n kerk-tannie gesien wat nie die wereld se kwale op haar skouers dra nie?
(of is dit nou maar ou tannies oor die algemeen?)
ek kan uitmaak van die hele ritual van ‘the body of christ’, as moerse symbolism, as jy verstaan dat dit simbolies is, en nie actual nie.
en soos ek die hele deal verstaan, het JC supposedly gecroak sodat ons klomp sods nie meer allerhande strange kak hoef aan te vang om in die hemel te land nie. so…wtf?
en van die hele kruis ding. dis rof. watter persoon sal nou die rotting corpse om hulle nek wil dra. seriously bra? en check, ou JC is altyd moerse ripped. six pack en al. kannie nou dat JC Superstar 'n boepie he nie bra. of nog erger, kak maer wees nie. as die bra die land platgeloop het om groupies te werf, sou hy tog soos 'n pretoria wes carguard gelyk het. met missing tanne, lekker leer gevreet en crocs. (waar’s die smiley vir kots?)
as die dudes nou regtig wil into die hele ding wil raak, moet hulle dan nou maar mekaar se vleis eet, en mekaar se bloed drink.
ek sal rustig 'n vleisie offer op die braai, en my Red Heart en Rum aan die son bemaak.

Die enigste geloof waar hierdie ritueel amper begin sin maak is as jy 'n volgeling van die flying spaghetti monster is. Pasta Be Praised!! :stuck_out_tongue:

Haaaa! ;D
Ek twyfel of die Muslims Mohammed se vleis eet of die Boehddiste Boedha se bloed drink. Party van die besoekers aan hierdie forum wonder dalk of gothcatgirl die beentjies uitspoeg wanneer sy 'n kat eet.

ek eet net op occasion katte. net wanneer by bf my toelaat om een huistoe te bring. ek verkies katte wat nie so helse fur en beentjies het nie.

miskien skiet jy net ‘katte’…ken die gevoel! >:D

gelukkig lanklaas kat geskiet. bly weg van jaegermeister. en tequila. en pienkvoete.