Karre

Ek spandeer baie tyd op die pad (7500 km per maand) en het begin notiesie neem van karre wat breek. Ou karre tel nie - iets moet uiteindelik breek, so ek tel dit net as dit nog redelik nuut lyk. Ek weet natuurlik nie wat fout is nie, dit mag dalk 'n pap wiel wees of die bestuurder het dalk vir 'n ander rede gestop. Sover is dit die duurder, luukse karre wat “wen” met die swak naam make in die tweede plek. Jy sien bykans nooit 'n Mazda, Toyota of Nissan langs die pad nie. Ek weet ook nie wat die mark aandeel per vervaardiger is nie.
Nou dit kan wees dat BMW bestuurders nie kan goed ry nie en hard op hulle voertuie is, of dat hulle te windgat is maar hierna gekyk is die “jap crap” die beste.

Met gehaltebeheerstelsels soos ISO9000 ens wat vandag omtrent deur die bank toegepas word, sal ek verbaas wees as daar enige groot verskille in bougehalte tussen vervaardigers is. Maar dis 'n interessante idee dat eienaars wat geneig is om hard te ry dalk 'n sekere soort motor bo 'n ander sal verkies.

Van karre gepraat, ek het vandag toevallig by iemand gehoor dat daar van die DDMs (duur Duitse motors) is wat jou nie sal toelaat om te bestuur as jou alkoholvlak te hoog is nie! Ek vat dit maar vir eers met 'n knippie sout tot ek so iets self sien.

Mintaka

Ek weet Volvo het 'n breathalyzer wat hulle in goed soos die XC90 en S60 wil sit, maar ek weet nie wanneer dit gaan uitkom nie. Maar ook, hulle moet dit standaard maak, dit moet nie 'n opsie wees nie.

Weet nie regtig oor watse karre meer stop nie, ek vertrou maar die JD Powers surveys.

Dit is ook natuurlik moontlik dat die die rede vir die “duurder” modelle om te gaan staan ens. te doen het met die feit dat daar meer elektroniese bykomstighede is wat beteken daar is meer geleentheid vir iets om skeef te loop. Dit is teenoor die “eenvoudiger” modelle wat dalk nie die seldfe vlak van tegnologie bevat nie.

Ek het ook gehoor, “deur die GRAPEVINE” van toestelle wat hulle as bykomstighede instaleer indien iemand skuldig bevind is van dronk betuur, wat verhoed dat die motor aangeskakel kan word tensy die blaas toestel eers gebruik word. (ek sal die inligting probeer verivieer).

Nou sal elke dronk bestuurder vergesel word deur een van sy kinders.

“Blaas hier Jannie, Dankie…”

Ou karre tel nie - iets moet uiteindelik breek, so ek tel dit net as dit nog redelik nuut lyk.

Hmmm, ek ruik 'n sloppy stel criteria, miskien lyk die duurder karre nuwer vir langer.