Kaskar

Wie het met kaskarre bult af gejaag as kind? Ek probeer onhou hoe ons die gevaartes bestuur het. Het die voete nie 'n rol gespeel nie?

Ek merk dat afgesaagde rooi Shoprite trollies ook nogal deesdae as kaskar gebruik word. Daar is egter geen sprake van bestuur nie. Hopelik is daar darm remme. Eintlik is 'n afgesaagde winkeltrollie seker meer van 'n toboggan as 'n kaskar.

Rigil

Soos ek onthou het jy 'n tou aan altwee ente van die stuur-plank vasgemaak en die lus met jou hande gehou. Dan’t jy die plank “bestuur” met jou voete en hande saam.

Kyk net daar!

Ek kom affie plaas af: ons het kalwers gery eerder as kaskarre. :slight_smile:

ja! :slight_smile: Ek onthou die grootse probleem was om wiele te kry, die res was redelik maklik.