Kinder-mishandeling

Ek glo hierdie ma was lief vir haar kind, maar dit bly nog kindermishandeling in my opinie. Geen kind van 9 behoort tussen “105 - 125kg” te weeg nie. Selfs met 'n mediese kondisie moes dit afwendbaar gewees het, veral aangesien hy reeds 'n geskiedenis van hart probleme gehad het. Dit onstel my verskriklik.

Seun (9) sterf voor klas ná hartaanval 2011-11-16 12:29

Jeffreysbaai – 'n Negejarige seun van Jeffreysbaan het voor sy klasmaats gesterf nadat hy 'n hartaanval gehad het, het die polisie gesê.

Daar word geglo dat die kind tussen 105 kg en 125 kg geweeg het. Hy het by die Pellsrus Primêre Skool inmekaar gesak en omstreeks 09:35 gesterf.

Ao. Petra Els 'n polisiebeampte van Jeffreysbaai het gesê die kind – wat op 20 Desember sy 10de verjaardag sou vier – was erg oorgewig en het 'n geskiedenis van hartprobleme gehad.

Mariannette Olivier, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die kind by die skool dood is.

“Sy ma het inmekaar gesak en is na 'n hospitaal in Humansdorp geneem. Die kind se pa is verlede jaar dood.”


http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Seun-9-sterf-voor-klas-na-hartaanval-20111116

Strafbare manslag as jy my vra.

presies. dis kindermishandeling. no question.