kom ons moan oor die atheists.....

Hades, dankie vir die post, ek was nie bewus daarvan dat ons so aangevat word deur die dude nie, en ek waardeer die geleentheid om the reageer.
Die eerste sin wat op my persoonlik gemik is waarop ek kommentaar sal lewer is dit:

Lilli, jy klink ‘n bietjie meer redelik, tog is jy nie want jy het geen bedenkinge om op te staan en te se “Ek is ‘n ateis” nie. Daar is geen verskil tussen ‘n man wat se hy glo in die een ware God en dat alle ander gelowe verkeerd is, en wat jy doen nie. Jy beweer ook dat jou standpunt reg is en al die ander verkeerd. Jy en ‘n christen ekstremis is kante van dieselfde muntstuk.
Ek haat nog altyd die labels. Noem my maar wat jy wil - ateïs, agnostic, pandabeer, ek gee nie om nie. Die feit van die saak is, as iemand my sou vra: “glo jy dat een of ander supernatural, supercool being (noem hom maar god) die aarde en al ons mense gemaak het en dat hy gekruisig is en opgestaan het en dat hy jou sondes sal vergewe en laat hemel toe gaan wanneer jy doodgaan of hel toe stuur wanneer jy doodgaan?” dan is my dood eenvoudige antwoord: “nee” Die moontlikheid dat ek verkeerd is bestaan (hoe unlikely dit ookal mag wees) Ek beweer inderdaad dat my standpunt reg is, dis my opinie en my reg om van daardie opinie te wees en dit uit te spreek. My opinie is gevorm en gebasseer op kennis wat huidiglik tot my beskikking is, maar ek gaan nooit vir 'n gelowige sê hy is 'n idiot omdat hy glo nie. Ek gaan wel as die geleentheid homself voordoen die konsep van geloof en religieuse instansies bespreek, en bevraagteken. Hoe presies maak dit my 'n ‘ekstremis’ ?
Aangaande die res van die post - ek is nie, en was nog nooit 'n eerstejaar filosofie student nie. En ek waardeer hierdie ou se aanname dat hy soveel slimmer as die res van ons is GLADNIE. Maar as dit hom laat beter voel oor homself - what’s the harm? Ek bly eerder stil as om verdere gate in sy alreeds gebreekte-net-wat-probeer-water-hou argument te maak. Ek voel gelukkig geen onverklaarbare drang om myself, my gebrek aan geloofsoortuiging, my opinies of my selfbeeld te bewys of teen hierdie maat te verdedig nie.
Amen

jirre dude, chill die fok uit, ons het mos nou ge-establish dat dit my bad was, en die hele situasie 'n misverstand was, so as jy van intelligensie wil praat, gebruik joune en sien dat jou twee posts van robert, moerse confusing was. en ek het mos nou gese direct die insult in sy rigting. so vat 'n pill, en moenie so kleinserig wees nie.

Hades, die nick is perfek. Die laaste ding waaroor ons bekommerd gaan wees. :smiley:

lol Hades, ek sien ons nuwe ouens word maar kakkerig aanvaar op die forum :smiley:

Nou weet ek dis nie net ek nie :wink:

Net vir almal se inligting, hierdie is deel van hoe ek my afleidings maak op die saak:

http://www.snaaksgenoeg.co.za/die-kerk-moet-jammer-se-vir-gay-musiek-onderwyser/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/maak-grootte-saak-nie-vir-god-nie/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/maak-die-comrades-die-here-kwaad/
http://www.snaaksgenoeg.co.za/afrikaans-rassis/

Dankie, ek is bly, en sal aanhou om julle kommentaar te geniet.

Moet ook byvoeg ek het n paar van die links wat Kozi hierbo genoem het gaan uitcheck en van hulle is baie snaaks. Net lekker ligte gespotery…

Dit is jou volste reg, Kosie, om mal te wees oor Worsbeursie, sy opinies aan te hang en om jou opinie oor die mens en sy uitlatings te lug. Feit is, dit is my volste reg om my eie opinies oor die saak ook te hê, en ek dink die dude is nie baie nice nie. Ek het nie eers al jou links nou gevolg nie, sorry, maar op die eerste een het hierdie nogal my oog gevang:

Dit is snaaks dat soveel tyd en energie aan die onderwerp spandeer word as Jesus, wat heel hoog op in die Kerk is (hoër as diaken byvoorbeeld), nie een keer in die Bybel (wat nogal belangrik is in die Kerk) eers praat oor moffies of selfs transvestiete nie.
In die eerste plek is die term “moffies” nie so baie nice nie. In die tweede plek is hierdie stelling nie akkuraat nie. In die derde plek is dit redelik algemeen aanvaar dat die meerderheid van christen-kerke die bybel baie selektief lees en toepas (ons hoef byvoorbeeld nie meer 'n hoed te dra nie, thank you very please, voor ons die ‘huis van god’ binnegaan nie)
Die ou se skryfstyl is entertaining genoeg, maar sê my - hoekom is jy so entoesiasties om hom te verdedig? Net nuuskierig.

Lilli, dankie dat jy ten minste met my gesels oor die saak.

Die punt van die links was nie om offensive gedeeltes uit te wys nie maar eerder om te wys hoekom ek glo die algemene siening dat WB 'n christen is moeilik is vir my om te glo gebaseer op die satiriese posts wat hy maak. Nou as ons dan die punt vat dat hy nie noodwendig van enige geloof is nie, hoekom voel die OP dat dit 'n slegte voorbeeld is vir christene aangesien hy ook van seks, drugs en RnR skryf?

Die rede dat ek sterk voel hieroor is dat ek self al aan albei kante gestaan het. En ek het persoonlike ondervinding met daai MyBB groep mense wat my dan seker bietjie bevooroordeeld maak in die saak. Dalk is ek 'n draadsitter, maar ek glo dat elkeen moet live and let live. Dit irriteer die kak uit my uit as iemand met 'n bybel onder die arm met my wil gesels oor geloof en so ook iemand wat my wil oortuig dat geloof 'n spul kak is.

Ek kan seker alles net ignoreer, maar die manier wat afrikaanse mense grootgemaak word is juis dat mens die hele kerk-ondervinding beleef en wat daar aangaan. Ek persoonlik voel dit is die mees skynheiligste mense (veralgemening) wat sondag-christene is (ek is nie een nie) en dit is sulke goed wat die jong mense van vandag al hoe meer raaksien en met die dat jongmense 'n stem het vandag in teenstelling met 20 jaar terug beweeg hulle weg van dit agv mense en nie noodwendig die geloof nie. ek rammel so bietjie maar ek hoop die maak sin. Hierdie is juis wat die verskil vir my gemaak het.

Hoekom ek opkom vir WB: Ek dink hy is verkeerdelik geboks en aangevat en ek probeer dat almal die punt insien dat die eerste aanname nie noodwendig korrek was nie

I’ve not read so much Afrikaans in a very long time. headhurtsnow.

:slight_smile:

Sure, ek hou van gesels, dis hoekom ek hier is :wink:

Ek dink die punt wat gemaak is, is dat die man baie negatief is tenoor mense wat nie gelowig is nie, terwyl die aanname gemaak is dat hy sleg sou reageer as hy aan die receiving end van soortgelyke ridicule was (ek weet nie of die aanname regverdig was nie, maar daai post van hom het my ook beledig, en ek dink 'n ateïs is justified om kwaad te raak daaroor, ongeag wat die dude se persoonlike oortuiging is)

In my ervaring gebeur dit baie selde hier dat iemand iemand anders met die spreekwoordelike bybel of dawkins-versamelde werke oor die kop probeer slaan - maar discussions sal daar wees, en mens moet maar vrede maak dat jy nie altyd gaan saamstem met ander hier se opinies nie.

Die engels onderskei tussen “religion” en “faith” Ek weet nie of die onderskeid in Afrikaans ook getref word nie. Oor faith kan ek nie argumenteer nie, want dit is per definisie nie op feite gebasseer nie, maar eerder op 'n diep persoonlike ‘gevoel’. My persoonlike gevoel is dat dit waarskynlik wishful thinking is (Lees Cyghost se definisie: Faith (n): A specific form of dishonesty where one pretends that the inability to distinguish hoping from believing is somehow a virtue)

Fair enough.

Daar was nie so 'n algemene persepsie nie. Dit sal beter wees om mense as individue te hanteer as om te glo daar is een of ander soort groeps denke.

En ek het persoonlike ondervinding met daai MyBB groep mense wat my dan seker bietjie bevooroordeeld maak in die saak.
Ek verskil van jou oor myBB.
Dalk is ek 'n draadsitter, maar ek glo dat elkeen moet live and let live. Dit irriteer die kak uit my uit as iemand met 'n bybel onder die arm met my wil gesels oor geloof en so ook iemand wat my wil oortuig dat geloof 'n spul kak is.
Geloof is 'n spul kak. Dit sal nie nodig wees om enige iemand te oortuig as mense wat dit aanhang nie geduring aan almal wil opdring nie. Die kak stop by hulle. Huidiglik glo hulle hulle het 'n goddelike reg om hulle kak te versrpei en te verkondig. In daai geval het ek (en ander wat soos ek dink) die reg om te verskil. Luidkeels. As dit vir [b]worsie[/b] en ander afpis, so be it.
Hoekom ek opkom vir WB: Ek dink hy is verkeerdelik geboks en aangevat en ek probeer dat almal die punt insien dat die eerste aanname nie noodwendig korrek was nie
Maak nie saak wat [b]worsknors[/b] is nie. Sy opinie is kak om verskeie redes. Grootendeels as gevolg van die wanopvattinge wat hy van ateïste gehad het in die eerste plek.

Geloof is ’n spul kak. Die feit dat vier vyfdes van die mensdom beweer om (valse) betekenis daaruit te kan trek is net so belangrik soos dat die oorgrote meerderheid mense meen hul eie kinders is spesiaal bo die res van die mensdom s’n.

'Luthon64

Worsknors vra die volgende:

Is daar ‘n organisasie van aktiewe ateïste wat byvoorbeeld welsynswerk doen?
Aktiewe ateïste? Nie seker wat hy bedoel nie maar kom ons kyk.

Die Bill and Melinda Gates Foundation kom dadelik by my op. En dan weet ek Warren Buffet het 'n moerse klomp geld aan liefdadigheid geskenk.

Hierdie lys van sekulêre organisasies spreek vir homself en worsie is welkom om self verder op te lees indien hy meer wil weet.

En dan ‘n verdere vraag, sou ‘n organisasie van ateïste kon registreer as ‘n tipe van ‘n “kerk” of dan ‘n geloofsorganisasie om sodoende ook belastingvry te kon werk, soos die “Church of Scientology”? Sou dit heeltemal teen die gemiddelde ateïs se grein ingaan om so iets te stig of bloot net aan te sluit?
Geen ateïstiese kerk of belasting vryskelding nie. En slegs een publike vakansie dag! (April Fool's Day) Diskrimifokinasie!

Ateïste is gewone mense. Hulle hou van geselskap en dan maak hulle so. tralala. Hierdie forum is 'n sprekende voorbeeld. SITP klink na 'n ander lekker voorbeeld wat ek self nog nie bygewoon het nie. Dit sal BAIE goed wees as mense sal begin verstaan dat ateïste een ding en SLEGS een dink in gemeen het met mekaar - die afwesigheid van geloof in gode.

Sjoe, en dan ‘n derde vraag. Hoe voel die gemiddelde ateïs oor haatspraak en diskriminasie op grond van geloof?
Daar is te min haatspraak en diskriminasie en dit het vir te lank aangehou. Godsdiens het baie intelligent vir homself hierdie moerse kombers van "respek" gebrei en dra dit soos 'n ridder van ouds se gewaad. Fok dit. As hulle allerande kak kan versprei kan ek beswaar maak soos ek goedink. Elke mens het die reg om te glo wat hulle wil. Maar sodra jy jou idees en geloof blootstel in die samelewing het ek die reg om dit te kritiseer. Wanneer geloof en godsdiens dan werklik 'n "persoonlike saak" raak, sal ek geen rede meer hê om dit te weerspreek nie. Ek sien nogal uit na daardie dag!

Dit is dalk nodig om uit te lig dat my gevoel teenoor godsdiens niks met my ateïsme uit te waai het nie maar wel met my anti-teïsme. En dalk is 'n verder opmerking nodig dat dit nie anti-teïste is nie. Ek hou van teïste, hulle verskaf my eindelose pret en pelsier.

daarso. konnit ni beter gestel het ni.

Jip - hierso:

http://forum.skeptic.za.org/news-and-current-events/true-acts-of-kindness/msg8018/#msg8018

Daashy Fearie! Ek is self nie 'n moerse liefdadigheids mens nie en gaan byvoorbeeld nie ou mense was of sop maak vir bergies nie. (ek het een keer gaan pikkewyne was nadat hull be-olie was, maar dit was om punte te score by 'n treehugger girl)

En ek het ook nie die klas van ding gedoen in my tydperk as Christen nie.

Wat ek wel doen, is om geld te skenk waar ek kan en waar dit gemaklik is, of ou klere, komberse en blikkies kos te gee aan organisasies wat dit aanwend. Hiermee is ek heel te vrede en doen dit omdat ek emaptie het en nie oorlat ek dink aan 'n volgende lewe nie.

Dis net vreemd dat worsie hierdie moerse siening oor InterWeb ateïste of wie dan ook al het, maar hy maak nie so lekker uit van dit wat hy nie like nie. Of iets. Deurmekaar bly deurmekaar.

;D

En het jy hulle darm skoongeskrop gekry?

Mintaka

my filosofie is: diere reproduce omdat hulle nie beter weet nie. humans reproduce want hulle is hups. so vir human suffering het ek ook net soveel trane. vir animals het ek altyd tyd. my huis is vol rescue cases. ek sal altyd my tyd gee vir animal charities.

hups en nie van beter weet nie kom op dieselde neer in die geval! >:D

Mintaka, ek het nie die skrop werk gedoen nie, hulle moes gevoer word want hulle eet nie vanself nie. So mens druk die sardientjie sommer so heel in hulle keel af. Nou het jy jou catch 22 situasie, trek handskoene aan en sukkel of doen dit kaal hande en gemaklik maar jy gaan defintief gebyt word en hulle byt fokkin seer. Ek het so tussen die twee uiterstes beweeg. Ek moet sê dit was moerse fun en as dit naby aan my was, sou ek sekerlik weer gegaan het.

My liefdadigheid hang definitef af van hoe gemaklik dit vir my is, en siende dat ek maar 'n lui ou is, is die wêreled beroof van een moerse filantroop.

Ja nee, ek stem saam.