kom ons moan oor die atheists.....

Kosie, so as ons jou nou reg verstaan, het jy nie alles gelees nie en sommer net jou opinie gelewer op dit wat jy vermoed besig is om te gebeur? interessant.

Ek het so bietjie van die ander dinge op ou wors en tril se bladsy gelees en daar is 'n heel paar snaakse sêgoed en gedagtes. Of dit snaaks genoeg is weet ek nie, maar daar was min anders waarmee ek nie saam gestem het tot 'n mate nie. Nie regtig my tiepe webwerfte nie, maar worth a glance.

Sy opinie oor ateïste op forums was skeef en duidelik voel hy steeds so. Sy goeie reg en ons sin om van hom te verskil. Ek vermoed onkunde is die orde van die dag. Die verdomde idee dat ateïste enigsins meer is as slegs mense wat nie in Gode glo nie. Ai tog. Eendag.

Anyway, ek sien hy weet nou van die forum en wat sommiges van sy opinie dink. Dalk 'n goeie ding.

Dit lyk my ek het al die pret gemis vandag.

Hierdie is klassiek:

Shit, ou bra Robert het julle mooi vertel!

Huh?

ek het ook lekker gegiggel. trust faerie om met so iets classic op te kom

Hey almal, redelik nuut hier, maar geniet my baie. “Flamewars” lyk my is die plek om te wees… Ek het die link besoek en ek dink die Robert waarvan die ou praat is die ou hier onder, geniet (Ek sien uit om julle reaksie te lees).

Robert says: September 25, 2010 at 10:11 pm]

Adele kan ons aflei van wat jy se dat jy “vloek, en spyker, en suip, en strip clubs nuttig” as niechristelike gedrag beskou? Indien so, is een van hierdie onsedelikhede en meer belangrik ‘n voorliefde op jou part daarvoor, dalk die rede dat jy jou van die hele god-ding onttrek het? Indien die tweede een, en/of ‘n kombinasie van die ander, dan sal ons goed oor die weg kom, en jy moet jou nommer stuur.

Jy is baie vinnig om te meld dat jy almal aanvat – Muslims, Christene ens. – “niemand kry voorkeur nie”. Dit is presies hierdie tipe gedrag wat ly tot ‘n slegte naam vir julle religieuse yweraars.

“Religieuse yweraar! Ek? Nee ek is ‘n ateis”. Hoor ek jou beswaar, maar jy het ateisme jou geloof en godsdiens gemaak.

Lilli, jy klink ‘n bietjie meer redelik, tog is jy nie want jy het geen bedenkinge om op te staan en te se “Ek is ‘n ateis” nie. Daar is geen verskil tussen ‘n man wat se hy glo in die een ware God en dat alle ander gelowe verkeerd is, en wat jy doen nie. Jy beweer ook dat jou standpunt reg is en al die ander verkeerd. Jy en ‘n christen ekstremis is kante van dieselfde muntstuk.

Papabear jy maak die arrogante stelling dat jy vir “onse mense” praat, en dat jy nie ‘n “heiliger-as-die-volgende-bliksem” houding het nie terwyl jy ook beweer dat jou standpunt reg is en ander verkeerd. Dan gaan jy aan oor wetenskaplike metodes en dat hulle meer aanvaarbaar is. Ok, WAAR IS DIE WETENSKAPLIKE BEWYSE vir jou standpunt oor ‘n god?

Michael you second Adele, so read my reference to her above as pertaining to you too (Not the part about wanting a telephone number though). As for more atheists being assholes, well there is a tendency nowadays to label oneself an atheist just for the sake of standing out and being special (God only knows why) – typical asshole behaviour. Having said that assholes abound in all walks of life and when it comes to assholes I humbly bow to your obvious expertise in this field.

Ek is bly God het ‘n verskyning gemaak op hierdie blog. Ateiste se God bestaan nie, julle sien geen bewyse daarvan nie en maak hierdie stelling op ‘n pure subjektiewe vlak. Kom ons aanvaar dit vir ‘n oomblik – daar is geen bewyse van God op aarde nie. Het jy al die buitenste ruim van ons heelal besoek? As jy daar kom en daar is nogsteeds geen teken van godheid nie, sal ek vir jou ‘n ander moontlike wegkruip plek voorstel. En so sal ons vir miljoene jare aangaan totdat ons onder elke klip en in elke bos na ons vermiste skepper gesoek het. Dan se jy vir my, “Sien, ek het jou gese jou Fuckwit”. “Maar wat as Hy rond beweeg”, vra ek. So, jy moet eintlik alomteenwoordig wees om te bewys dat God nie bestaan nie. In ‘n neutedop, net God kan bewys dat Hy nie bestaan nie.

Julle kan nie eers bewys dat julle ateiste is nie. Doen dit, ek “dare” julle.

Ek vra omverskoning dat ek weg beweeg het van die punt wat hier oorspronklik gemaak is, maar macho kak soos. “ons is mans genoeg vir julle” en “NS: kom vat ons aan ons wag!” maak my die moer in, ek is net mens.

Wors jy het om mee te begin ateiste gekomplimenteer met “Ek was altyd onder die indruk dat ateiste as ‘n groep nugter, wetenskaplike tipe ouens was, wat oopkop en onemosioneel na dinge gekyk het”. Hier het jy ‘n fout gemaak, ek dink dit is eintlik die agnostikus waaraan jy dink, dit is, ‘n mens wat ten miste erken dat hy nie al die antwoorde het nie, maar dat hy wel belangstel. Nie soos ons arrogante vriende hierbo nie, wie ook onder n ernstige aanval van eiewaan lei.

Oh, en as hy praat van god se verskyning op die blog praat hy van:

God says:
September 24, 2010 at 9:25 pm

Ah, my kinders, Adele, Lilli, Papabear (Ek weet), en Michael, ek is so bly om te sien hoe goed dit met julle gaan in julle eerste jaar van filosofie. Die slimkoppe waarmeer ek julle geseen het werk oortyd, en ek is trots op julle.

Julle sal natuurlik weer met my praat nader aan die eindeksamens. Intussen, los vir Wors en Trill uit of ek sal julle in grote dose verander as wat julle reeds is.

Amen

huh?

Hades, die “argumente” in jou aanhaling is antiek, en is al tot vervelens toe uitmekaargerafel nie net op hierdie forum nie maar oral en deur die eeue heen. Dis soms jammer dat iemand nie eers die moeite doen om te soek of 'n proposisie eers goed bekend is voor hulle dit as iets nuuts opdis nie. Wat betref ateiste se karakter, sien ek geen rede hoekom hulle nie dieselfde spektrum sal dek as die res van die samelewing nie. Net soos haarkleur, het ateisme bokkerol te doen met jou persoonlikheid.

Mintaka

alhoewel ek teen my eie beterwete hierop reageer, kan ek myself net nie help nie

Adele kan ons aflei van wat jy se dat jy “vloek, en spyker, en suip, en strip clubs nuttig” as niechristelike gedrag beskou? Indien so, is een van hierdie onsedelikhede en meer belangrik ‘n voorliefde op jou part daarvoor, dalk die rede dat jy jou van die hele god-ding onttrek het? Indien die tweede een, en/of ‘n kombinasie van die ander, dan sal ons goed oor die weg kom, en jy moet jou nommer stuur.
ek het myself aan die hele 'god-ding' soos dit genoem word, onttrek het, is omdat dit 'n pot stront is. ek het nie tyd vir kak-stories nie, en om my hele lewe te basseer op 'n geloof gebasseer op 'n supposed oom wat in die lug bly, is insane. grootmense wat in imaginary goed glo, kry medisyne daarvoor, of kry 'n stint in weskoppies. ek het nooit gese ek "vloek, en spyker, en suip, en strip clubs nuttig". ek het verwys na die general christian manier van dinge doen. 'n prozzie optel, en huistoe gaan na sy vrou en kinders, en sondag heel voor in die kerk sit. enigiemand wat al ooit in 'n klein dorpie gebly het, sal weet wat die doktor/tandarts/deacon/skoolhoof se kar lyk. en jy sal weet die vrou wat hy by die KFC optel, is nie die huishulp nie. mense wat agter hulle geloof wegkruip om sondae, terwyl hulle hulle vrouens en kinders blixem, geld wegsuip, die bediende slegse, sy besigheidsvennote verneuk.... dis die wetters wat die mooiste glimlag vir die dominee, die soetse in die banke sit. fokken hypocrytes. die feit dat ek vloek, is maar net soos ek is. want dom etters soos jy dryf my vloek. ek het nognooit 'n stripclub besoek nie, want ek wil nie al die tannies van die neighbourhood se mans daar raakloop nie. ek suip ook nie. ek rook ook nie. ek het meer moral values as meeste christene wat ek ken. en my moral values is omdat ek daarin glo, nie omdat ek bang is dat ek in 'n hel gaan brand as ek nie 'n goeie mens is nie. ek het nie 'n carrot nodig om 'n decent mens te wees nie. wanneer laas het jy of enige van die asshats wat jy so verdedig, meer as 'n miljoen arm kinders desks gegee? dis wat ek elke dag doen. wanneer laas het jy jou huis oopgemaak vir mishandelde diere? wanneer laas het jy jou saterdag spandeer om in 'n winkel te staan en geld in te samel vir endangered animals? wanneer laas het jy pasgebore kittens elke twee ure gevoer, dag en nag, omdat een of ander poes hulle weggegooi het? heh? as die god-ding so maklik is om van te onttrek, net vir die sake van party en suip, dan is die actual god maar biekie powerless. die grap is, dat christene rondslaap, suip, hulle girls verneuk, rasisties is, mense slegse, geld steel.... maar dis ok, want oormore gaan ons kerk toe, dan is ons mos ok. of nog beter, ons gaan nie kerk toe nie, maar wil homself nog as 'n christen verkoop, en up in arms raak as iemand waag hulle geloof (wat hulle soos in glad nie represent nie) wil aanvat. as jy wil jou maaikies en jou geloof wil defend, gedra jou dan soos een. en dis omdat die wereld vol fair-weather christians soos jy en joune is, dat ek in die eerste plek van die kerk af beweeg het. ek eht net mooi gatvol geraak om die vrome gesigte in die kerk te sien, en weet dat daai mak wetter die grootste assholes op aarde is. maar hulle is die eerste om haleluja en amen te skree. as daar regtig 'n god is, dan is hel die eerste stop vir die wat sondag-christene is. ek is 'n atheist elke dag, heeldag. ek pretend nie net vir die forum nie, en ek is nie net atheist met meetings nie. my behaviour is van so aard, dat niemand vir my kan se ek het hulle leed aangedoen nie. ek het niemand verneuk nie, niemand gemoer nie, niemand se geld gesteel nie. en glo my, hades, as jy die laaste lewende persoon in die heelal is, en die spesie van die human race afhang dat ek en jy praat, dat is die human race koebaai. watter tos username anyway? hades. die greek god van die underworld? greek god. as jy wil jou maaikies defend, hoekom nie gabriel of abraham nie? jy insult die naam van hades deur jou lame-ass insults. "of ek sal julle in grote dose verander as wat julle reeds is" ek lag my 'n papie. tipies kan ek net my kop skud vir jou, want ek het 'n doos, en sy is offended dat jy dink jy het een of ander magiese krag dat jy mense in vaginas kan verander. jy kan dan altyd net vir ons 'n foto van jou gesig stuur, ek is seker daar is 'n plastic surgeon wat 'n plan kan maak dat ons soos dose kan lyk.

lyk my jy is baie protective oor ou wors en trill “Intussen, los vir Wors en Trill uit”. ek het niks teen gay wees nie, maar los jou jealousy uit die forum uit asseblief. ons is hier om topical issues te bespreek. in fact, contribute biekie aan iets ander behalwe die flame wars. he biekie 'n opinion oor meer as net kak-soek en draadtrek. dis natuurlik as julle enige fokken idee het waar de fok enigiets anders op die forum te doen het.

ek willie vir Hades opkom nie GCG maar hy haal die Robert aan uit Worsbeurie se blog…ek’t hom daar aangevat en geantwoord…

dan moet hy sy goed in qoutes sit. mens kannie sien waar hy begin en ophou aanhaal nie. en wat is sy opinie en wat is iemand anders sin nie.

as dit dan so is, dan askies vir hades, en direct die poesklap in die direction waar dit hoort.

Hades you have been klapped

nee man, askies dat ek vir hades uitkak, en direct die poesklap in die direction van wors en tril en hulle boudstamper maatjie

Sjoe… Ok, ek verstaan dat jy dalk nie raak gesien het dat ek die Robert ou aangehaal het. Ek verstaan dat die vitrioel wat vir Robert se stellings perongeluk op my gemik is, maar waar kom die van:

“watter tos username anyway? hades. die greek god van die underworld? greek god. as jy wil jou maaikies defend, hoekom nie gabriel of abraham nie? jy insult die naam van hades deur jou lame-ass insults.”

Nou, watter naam mag ek gebruik? Watter naam sal jou gelukig maak. Of moet ek net hoofletters gebruik soos jy? Jy se Hades is n “tos username” maar dan se jy ek insult die naam van Hades. Hoe kan jy n toss naam insult?

Ek het hierdie post gelees en baie geniet, en die antwoord deur Robert op julle stellings, wat julle duidelik nie van geweet het nie hier gepost om te sien wat julle daarvan dink. En dan beledig jy my so?

Ek kan natuurlik nie namens GCG praat nie (en sy het allermins nodig dat ek dit doen) maar van waar ek sit lyk dit of sy dit ironies gevind het dat jy die naam hades gebruik terwyl sy onder die indruk was dat jy heel moontlik 'n apologeet is. Maar miskien sit ek die pot mis.

O ja, nog 'n ding. GCG se posts het 'n sekere, um, momentum. Dit bou so half op. Gewoonlik nogal heel vermaaklik. As jy nie die ontploffing aan die einde kan handle nie, “bail” uit so na 75%. :wink:

Moenie goed te ernstig opneem nie, en jouself ongelukkig maak nie. Dis regtig onnodig. Op die ou end moet dit tog 'n plesier wees om hier deel te neem.

Natuurlik is daar altyd GCG se penalty button as jy voel dat jy sonder goeie rede afgeskiet word - maar onthou ook ons is darm nou in die warm plek van die forums…! :wink: >:D

Mintaka

‘Natuurlik is daar die altyd GCG se penalty button as jy voel dat jy sonder goeie rede afgeskiet word - maar onthou ook ons is darm nou in die warm plek van die forums…!’

Hi daar.

Ek verstaan dat ons in die warm plek van die forums is, maar sou gehoop het dat daar nietemin n bietjie intelligensie gebruik word as dit kom by iemand aanvat.

Hades, met jou reputasie sou ek reken “die warm plek” pas jou baie goed. :wink:
(As jy probleme het met kwoteer, neem dit op in die forumverwante afdeling.)

:smiley: Dankie Hermes. Ja soos jy kan aflei is ek maar net n dag of twee lid hier, en moet nog so paar tricks leer as dit by aanhaal kom. Ek sal gaan kyk.