Kreasionis met Jupiter se mane gepla

Ek het al baie gewonder oor die sielkunde van fundamentalisme. Ek weet nie eintlik wat in hul koppe aangaan nie, maar die eienaardige ding is dit: ek kry die indruk dat hulle in sekere opsigte meer logies en intern konsekwent is as “verligte” Christene. Net soos enige goeie skeptikus, wil hulle bewyse hê voor hulle 'n ding glo. Die probleem is net dat hulle begeerte om die Bybel te glo so intens is dat hulle enige fokken ding as “bewys” sal aanvaar.

Die “verligte” Christen daarenteen, wat nie aan 'n letterlike vertolking van die hele Bybel glo nie, is tevrede daarmee dat geloof nie eintlik op wetenskaplike tipes bewyse berus nie en dus soek hy ook nie na sulke bewyse nie. Sy eie subjektiewe spirituele ervaring is vir hom genoeg. In dié opsig is hy dus minder rasioneel as die fundamentalis!

Dit is ook nogal opmerklik dat wanneer die fundamentaliste wel van hul geloof afstand doen, dit baie selde gebeur dat hulle fundamentalisme verruil vir minder fanatieke Christendom: hulle verander feitlik altyd in skuim-om-die-mond ateïste. Maar interessant genoeg bly hulle glo aan meeste van die ander snert wat fundamentaliste bo en behalwe hul geloof ook gewoonlik glo, gewoonlik te doen met ultra-regse politiek. Mens sien baie, baie selde dat 'n fundamentalis van sy geloof afstand doen, maar na jare se debat op die internet het ek dit nou al so paar keer sien gebeur. En elke keer nog het die ouens van hul bonatuurlike idees afstand gedoen, ateïste geword, maar verbete aanhou glo aan die minderwaardigheid van vroue en ander rasse, die “vrye” mark (wat in hul koppe eintlik maar net 'n verskoning is vir sosiale Darwinisme), allerlei vergesogte samesweringsteorieë ens. ens.

- een van die redes hoekom ek altyd wegskram as iemand vir my vra of ek "in evolusie glo," maar dit lei gewoonlik altyd to langer debatte en die "debatte" verloop meestal dieselfde boring trant, maar soos Brian in een van sy litnet posts se, dit laat mens soms oplees op interressante onderwerpe.

Inderdaad. Ek is al meer as tien jaar lid van 'n mailing list op Yahoo, wat begin is deur 'n Amerikaner in 'n poging om die opmars van kreasionisme daar te stuit. In die eerste jare van die lys het ons baie kreasioniste daar gekry, en in die proses om op te lees oor hul argumente het ek meer wetenskap en wetenskaplike metodiek geleer as wat ek op universiteit geleer het.

Ek het ook baie goeie vriende daar gemaak - die einste Amerikaner kom oor 'n week of twee die eerste keer Suid-Afrika besoek, en na amper vyftien jaar se aanlyn vriendskap sal ek hom uiteindelik in persoon ontmoet. Die web is 'n wonderlike ding.

Heel opmerklik het ons nou vir 'n hele paar jaar feitlik nie 'n enkele kreasionis op daardie lys gehad nie: in Amerika het hulle as politieke beweging heeltemal in duie gestort, en ons anti-kreasioniste daar is nou bloot 'n klomp aanlyn pelle wat oor alles en nog wat gesels.

In ieder geval, die ou is absoluut fassinerend. Hy het baie min in die lyn van formele kwalifikasies, en het jare lank as gewone arbeider op 'n produksielyn gewerk. Tog weet hy van wetenskap meer as feitlik enige professionele wetenskaplike wat ek al ooit ontmoet het - hy is 'n kenner van reptiele en outeur van verskeie boeke oor herpetologie.

Hy is ook 'n meester-taktikus as dit kom by die bestryding van die fundamentaliste, en omtrent alles wat ek daarvan weet het ek by hom geleer. Hy het altyd beklemtoon: die doel van die debat is nie om die fundamentalis te oortuig nie, want hulle koppe is in die reël klankdig. Die hele doel, wat mens die hele tyd voor oë moet probeer hou, is om aan neutrale waarnemers van die debat aan te toon hoe fokken mal die fundamentaliste is. Mens pluk dus hul argumente uitmekaar, en voeg 'n goeie dosis spot by (dit maak hulle woedend as hul nie gerespekteer word nie), maar probeer om nie te gefrustreerd te raak nie. Baie moeilik om reg te kry wanneer jy met ouens soos Kobus de Klerk te doen kry, en ek het dit eintlik bietjie verloor op Litnet. Miskien is ek bietjie uit oefening uit.

Nog 'n ding wat hy gedoen het, en vele ateïste hou daar niks van nie, was dit: hy het tydens die debat alle stryery oor godsdiens verbied. As eienaar van die mailing list het hy dié reël genadeloos afgedwing: nie gelowiges of ateïste is toegelaat om te preek nie. Waarom nie? Om twee redes. Die eerste is dat tydens die vele hofsake oor kreasionisme in skole in Amerika, die kreasioniste self onder eed getuig het dat hulle idees suiwer wetenskap is en niks met enige godsdiens te make het nie. Hy het hulle dus genadeloos by dié eed gehou: geen kwotasies uit die Bybel nie, geen bonatuurlike praatjies nie, geen dreigemente dat ons almal hel toe gaan nie. Onder daardie omstandighede het hulle hele argument onmiddellik ingeplof. Mens hou hulle bloot aan vra: wat is die teorie van skepping (of Intelligente Ontwerp) en hoe kan hy getoets word deur waarneming en/of eksperimentering? Hulle het geen antwoord daarop nie want hulle weet niks van wetenskap of wetenskaplike metodiek nie.

Waarom het hy ateïste verbied om teen godsdiens uit te vaar? Omdat, interessant genoeg, die klaers in die anti-kreasionisme sake feitlik almal deur die bank Christene was, wat kreasionisme as 'n belediging vir hul geloof beskou. Wat hy dit teen gehad het was nie geloof nie maar fundamentalisme; 'n hele paar van die lede van sy poslys was diep gelowige Christene en inderdaad selfs predikante. Dit dien geen doel om die ouens wat aan JOU kant is te vervreem nie, was sy redenasie.

Natuurlik, in Amerika was dinge dalk bietjie anders as hier: daar is kreasionisme grootliks 'n politieke beweging met politieke doelstellings (naamlik om Amerika in 'n teokrasie te omskep).

Toe dit in Amerika misluk, het die kreasioniste daar hulle gekke idees na die res van die wêreld begin uitvoer. Feitlik alle kreasionisme wêreldwyd is het Amrikaanse wortels en geld. Maar in die res van die wêreld staan die teokratiese agenda selfs nog minder van 'n kans, en meeste van die ouens wil bloot met alle geweld siele red.

Ja, ek het dít eers deeglik besef nadat ek die verdere kommentaar gelees het wat eers vroeg namiddag vandag vrygestel is. Soos jy aandui, dit is verstommend. Maar ek moet bieg dat ek de Klerk se uiteindelike punt nog steeds nie mooi beet het nie — ek neem aan hy het ene. Wat beoog (!) hy met hierdie dol haarklowery?

'Luthon64

Is there a word in Afrikaans that means floccinaucinihilipilification?

Yes, “jacobzumafikasie”. As you can see, being adapted from local conditions, it’s somewhat shorter and punchier but conveys much the same meaning.

'Luthon64

Daar’s 'n baie beter suiwer Afrikaanse woord(e) kakpraat!

Ek stem saam dat dit meer bondige en suiwer Afrikaans is maar die betekenis van “kakpraat” verskil nogal taamlik van die Engelse “floccinaucinihilipilification.” “Jacobzumafikasie” is meer akkuraat maar mens moet versigtig wees om dit nie met “malemafikasie” te verwar nie.

Hier’s ’n voorbeeld wat die verskil wys: Toe Kobus de Klerk ’n oorvloed tjol oor Jupiter se mane skryf, het baie mense dit eers gejacobzumafikeer. Nadat dit onontwriglik duidelik geword het dat de Klerk desperate kak praat, is sy werk afgeskryf as onverdunde malemafikasie.

'Luthon64

;D

;D

Blykbaar het die ding bietjie van 'n geskiedenis:

Hy sal enigiets wat 'n nie-gelowige sê aanval. As ek gesê het die aarde is rond het hy dit straks ook aangeval. :slight_smile:

Een van die kenmerke van fundamentaliste is dat hulle nooit, ooit sal erken hulle was verkeerd, op enige punt van enige aard nie. Ek dink hy weet goed hy is verkeerd; hy is bloot besig om wild en wakker bokspronge te maak om dit nie te erken nie.

Ek dink jy’s reg. In elk geval, die bostaande is ’n baie goeie beskrywing van wat “malemafikasie” behels. :wink:

'Luthon64

Ek’s nie so seker daarvan nie hoor. Die kognitiewe disonansie wat daarmee sou gepaardgaan kan negatiewe nagevolge he imo. Ek’s meer van mening dat mense soos de Klerk waaragtig oortuig is van hul siening en bloot nie die “memes” het om realitiete te internaliseer nie. Soos brianvds ook tereg se

ek kry die indruk dat hulle in sekere opsigte meer logies en intern konsekwent is as “verligte” Christene. Net soos enige goeie skeptikus, wil hulle bewyse hê voor hulle 'n ding glo. Die probleem is net dat hulle begeerte om die Bybel te glo so intens is dat hulle enige fokken ding as “bewys” sal aanvaar.
Hulle is partymaal logies en kan 'n saak baie goed beredeneer maar hulle igoreer die “premise” (wat’s Afrikaans daarvoor?)waarop hulle standpunte gebaseer is. In die fisiese wereld is 'n “contradiction” gewoonlik 'n mistasting van die feite: Ayn Rand se quote is nogal van pas:
"Contradictions do not exist. Whenever you think you are facing a contradiction, check your premises. You will find that one of them is wrong.”

Wat dalk kan lei tot malemadministrasie.

R.

Ja wel, hy’s nou maller as ooit. Uit sy jongste boodskappe daar wil dit voorkom of hy nou ontken dat selfs professionele sterrekundiges seker kan wees of hulle wel Jupiter se mane sien of dalk bloot asteroïdes tussen ons en Jupiter. En hy beskou my stelling dat ons verduisterings van die mane kan waarneem as “hoogs aanvegbaar.”

Met ander woorde, die ou het geen benul van selfs die mees basiese feite in die vakgebied nie. Hy besef blykbaar nie planete en mane volg spesifieke, voorspelbare bane nie. Ek het hom op dié fout gewys; ons sal sien waarmee hy volgende vorendag kom. Dit raak steeds meer en meer surrealisties, maar ek probeer hard om nie my humeur te verloor nie, want hoe langer ek hom aan die praat kan hou, hoe meer skade berokken hy sy eie reputasie. :slight_smile:

Jesus loves me this I know
Jovian moons are just for show

Geen rede om jou humeur te verloor terwyl hy sy eie naam gat maak nie, sit terug, lei hom aan en geniet jouself. Vir my is daar net twee maniere om met die lot te deel, of jy gooi jou hande in die lug out of utter disgust en loop weg, of jy doen presies wat jy besig is om te doen. Laasgenoemde kan nogal satisfying wees.

Hierdie foto sal dalk help. Io en sy skaduwee op op Jupiter. Maar hy gaan dan seker se dis 'n Photoshop naamaaksel.


Dit is inderdaad presies wat hy gesê het toe iemand daar hom na so 'n foto verwys. Die ou leef in la-la land.

Daai kletskerk site waarop ek afgekom het, het nogal 'n antwoord op “Die kop van 'n internet fundamentalis” - lyk my nie dis juis kerk georiënteerd nie, hmf, kreasionisme…

Brian het vroëer opgemerk dat fundamentaliste partykeer net so simpel ateïste maak, en dis inderdaad soms so, maar hier is ook 'n fundamentele :slight_smile: fout wat ek sien op die kuberruim, en dis dat mense aan neem dat net omdat jy nou god verwerp het, jou IK vansuis 'n moerse sprong gemaak het. Daar is baie ateiste wat glo in allerhande snaakse goed soos siele, UFO’s spoke en so meer, dan is daar ook mense wat hulself as skepties beskryf, maar soms té skepties is en dink dat alles sameswerings is en niks in die lewe vertrou kan word nie. Daar is wel baie “conspiracies” daarbuite, maar nie alles is 'n sameswering nie, my IK is maar net so laag soos altyd, maar ek dink nou net bietjie anderste en voel 'n bietjie meer ingelig.

Dis wonderlik om dinge te kan bevraagteken en nie kak op te hoef te maak om jou antwoordboek, wat natuurlik altyd moet reg wees, te staaf nie, wens net iemand kan uitfigure hoe om dit aan 'n fundamentalis te verduidelik, maar ek reken dis net so goed as 'n fundamentalis wat aan my probeer verduidelik hoe jesus met hom 'n verhouding het, behalwe net dat ek dit reeds kan verstaan omdat ek op 'n tyd ook daar was…

Waar dit nou rerig interresant raak is wanneer iemand jou vertel hoe hy ook 'n ateis was op een tyd maar homself toe bekeer het. Nou is die bootjie bietjie anders, julle het altwee mekaar se gelowe klaar gehad. En net om nou mooi op jou battery te piepie begin hy beweer dan hy’s “verder in die paaidjie af” as jy want, kyk nou, hy het homself weer bekeer en jy het “nog nie”.

Dis nogal 'n taai tameletjie.

haha, ja-nee, dis so! Natuurlik kan jy nie met hulle daaroor stry nie, even al kan jy uitwys dat hull waarskynlik net 'n “back-slider” was, het al so iemand gehad wat gese het hy was 'n ateis, maar dat hy net “kwaad was vir god” hierdie argumente kom nooit iewers imo nie (jammer oor die skakel, probeer edit, maar daar was nog steeds 'n fout) :smiley: