Kreasionis met Jupiter se mane gepla

Nou ja, nou het ek alles gesien. Op LitNet is daar 'n kreasionis wat, onder vele ander vreemde idees, absoluut oortuig is daarvan dat mens nie Jupiter se mane met 'n verkyker of klein teleskoop kan sien nie. En nee, Galileo het ook nie die mane ontdek nie. Die spikkeltjies wat ons (en hy) rondom Jupiter sien is optiese illusies, nie die werklike mane nie (hy erken darem dat Jupiter wel mane het!)

Lees maar self sy relaas, as jy die moed het:

Dit behoort seker nie eintlik my bloeddruk te veel op te jaag nie, want die ou is duidelik so mal soos 'n haas. :slight_smile:

Ek verstaan ook net nie mooi nie wat de Klerk nou eintlik probeer sê in sy artikel. Meen hy miskien dat indien hy kan wys dat ons wel ’n fout maak en iets sien wat nie daar is nie, dat ons waarnemings van ander dinge (spesifiek sy god) dan ook sekerlik foutief moet wees?

Brian, in elk geval maak jou kommentaar op die artikel natuurlik ’n rits goeie teenpunte, hoofsaaklik hoe uiters vreemd dit is dat Jupiter en sy mane so noukeurig bekende dinamikawette in hul bewegings volg, veral in die geval van herhaalde waarnemings wat oor ’n aansienlike tydperk strek…

'Luthon64

Natuurlik bewys dit dat god bestaan! >:D Ewoliesie is net 'n “theory” en my bokkie se naam is Rudolf - dus die Kersvader is real, dus god is real.

Simpel as mense irrelavante feite in 'n mengelmoes gooi sodat jy kan op en af spring met jou storieboekie, dan nog as jy jou feite nog verkeerd kry en ander mense daardeur laat sif, en om die kaf van die koring te skei… net om te vind als is vol wind,

Dankie dat jy darem 'n interessante bydrae maak, dit het die post darem die post gered en hom behoorlik soos 'n harlekyn laat lyk en dit als sonder name noem en mens iets leer.

Miskien probeer hy bloot aantoon die wetenskap is nie altyd so akkuraat nie, maar dit is moeilik om te sê. Daardie brief van hom kom in elk geval na aanleiding van vorige koorespondensie. Maar dit toon weer eens aan dat die gemiddelde kreasionis van wetenskap heeltemal niks weet nie.

Ek kan glad nie die artikel volg, of agterkom wat die ou probeer verduidelik nie. As hy dink dat Jupiter se vier grootste mane nie sigbaar is met selfs 'n basiese 10x50 nie, maak hy natuurlik 'n groot fout.

Rigil

Net een!? :wink: :stuck_out_tongue:

'Luthon64

Excellent reply Brian in the comments

Ek sien Mefiante kon op die ou end die versoeking nie weerstaan om ook iets daar te gaan sê nie. :wink:

In ieder geval, die ou se nuutste boodskappe bereik nou 'n vlak van surrealisme wat geen fiksieskrywer sou kon uitdink nie. Dit is eintlik skreeusnaaks, en ek begin voel soos Carl Sagan toe hy in “Broca’s Brain” maalvleis gemaak het van Velikovsky se teorieë. Maar Velikovsky is 'n toonbeeld van rasionaliteit vergeleke met Kobus de Klerk.

Hoe dwaas en ontoepaslik en onsamehangend de Klerk se antwoorde ook al sy, die vrae moes gevra word en die punt daaragter gemaak word.

De Klerk het intussen uiters langdraadig antwoord gegee: As ek hom reg verstaan, omtrent die enigste bewys wat hom tevrede sal stel dat ons wél Jupiter se mane sien, sal wees as mense self Jupiter toe reis en die mane direk waarneem. (Hy swyg natuurlik oor die presiese afsnypunt waar ’n treetjie vorentoe geldige waarneming waarborg, en ’n treetjie terug ons sekerheid oombliklik aftakel.) Sy eintlike punt is blykbaar dat as ons iets nie direk en sonder hulpmiddels kan waarneem nie, dan is dit ongeregverdig om met beslistheid uitsprake oor enige eienskappe daarvan te lewer.

Hy vergeet seker dat ons, bv., bakterieë en virusse nie sonder ’n mikroskoop kan sien nie en tog weet ons dit is mikroorganismes. Of miskien is dit net die groot afstand wat die verskil maak — in watter geval hoe weet ons dat Jupiter self nie ’n groot spikkel iets is nie in plaas van ’n planeet?

'Luthon64

@ brianvds,
De Klerk se idees is belaglik, dus waardeer ek dit dat jy die geduld het om dit uit te wys. Skynbaar besef hy nie eens dat die mane beweeg relatief tot Jupiter nie. Deur boonop op die maansverduisterings en skaduwees te wys, beklink jy die argument.

Dit wil vir my voorkom asof hy my boodskap glad nie verstaan het nie, en geen duidelikheid het oor die uitleg van de sonnestelsel of enigiets van dié aard nie. So nie is hy nou bloot moedswillig. Ek het nou nog 'n boodskap geskryf waarin ek hom punt vir punt probeer lei, sodat die gevolgtrekking dat hy twak praat feitlik onvermydellik is. Ek is nuuskierig om te sien hoe hy hom daaruit gaan probeer lospaling.

Eintlik uiters eienaardig, hierdie idee dat ons nie Jupiter se mane sien nie, maar asteroïdes wat veel nader is. Want nie een van die bekende asteroïdes is helder genoeg om kandidate te kan wees nie. Hy postuleer dus uiters helder maar onontdekte asteroïdes, wat in 'n wentelbaan om die aarde sal moet wees (want as hulle om die son wentel gaan hulle by tye te ver van ons weg wees om volgens sy eie idees sigbaar te wees). Ek dink nie eers Velikovsky sou hom 'n geskikte wentelbaan kon voorstel, sodat die asteroïdes ten alle tye presies tussen ons en Jupiter se mane is nie.

Nee, dié ou is òf 'n trol òf hy is letterlik waansinnig. Dit is eintlik nogal interessant, want te oordeel aan sy taalgebruik en spelling en so aan is hy nie onintelligent nie. Dit is eienaardig hoe selfs soliede intelligensie nietemin die slaaf kan wees van volslae waansin. Ek wonder wat doen hy vir 'n lewe, en hoe sy idees sy daaglikse lewe beïnvloed.

Ek het nooit regtig besef dat mense hulleself regtig uitgee as kresioniste in SA nie, ek meen ek is nie onbewus dat meeste Christene beweer om in die hele skepping ding te glo en evolusie af skiet nie, maar dit is die eerste keer wat ek die term in afrikaans hoor, en is vir my 'n gruwelike anglisme imo.

So ek google dit toe natuurlik, en weliswaar daar is duisende sites.

Ek moet ongelukkig toegee dat hierdie soort ontrafeling nogal volop is met enige hardcore gelowige, ek het dit al heelwat gesien. Ek weet nie of dit is omrede hul in hul binneste self twyfel en dan vreeslik hard daarteen moet skop nie en of dit iets te doen het met hierdie idee dat evolusie of even wetenskap as 'n geheel maar ook net in 'n mate 'n geloof is nie en dus op gelyke voet met watookal geloof die ou het staan nie - een van die redes hoekom ek altyd wegskram as iemand vir my vra of ek “in evolusie glo,” maar dit lei gewoonlik altyd to langer debatte en die “debatte” verloop meestal dieselfde boring trant, maar soos Brian in een van sy litnet posts se, dit laat mens soms oplees op interressante onderwerpe.

Anyway die ou is duidelik vasbeslote om sy fout tot die bittereinder uit te stry, moet iets wees wat hy in sondagskool geleer het - die idee van “just go with it”

Ek het wel nogal op nog 'n interessante webwerf afgekom toe ek sa kreasionisme ge-google het kletskerk.co.za

Net so. Die ding wat die meeste in tel was in die godsdiens waarmee ek grootgeword het (of eerder, ten spyte waavan ek grootgeword het ::)) is geloof. Dis gesien as die één item wat nodig is om jou saligheid te verseker. Hoe blinder en breinloser jou geloof, hoe beter en hoe meer bewonderingswaardig. Dis pateties en hartseer.

Om jouself die heeltyd van jou eie geloof te moet oortuig is vir my 'n vervoeilike vorm van intellektuele selfverkragting. 'n Mens kan net nie vir jare sulke goed met jou kop aanvang sonder nagevolge nie. Een so 'n nagevolg is irrasionele kruistogte … destyds gevoer met swaarde, vandag met penne.

Rigil

destyds gevoer met swaarde, vandag met penne.
nee...met bomme ook vandag en dit sluit in die verwoesting van satanistiese oeroue beelde piramiedes edm.

Dit verbaas my tot geen einde hoe mense hulle self alle stories in hul kop kan uit dink. Net omdat hulle klaar iets besluit het
en geen veite sal hulle oortuig nie.

Ek wonder nou of vriend de Klerk reken dat enige een van hierdie ook onvoldoende sal wees om die werklike bestaan van Jupiter se mane te bevestig. Sou hy waarneeming deur ’n optiese teleskoop wat “groot genoeg” is as oortuigend aanvaar, stort sy hele argument ineen want die mane is en word inderdaad met groot optiese teleskope bestudeer. Indien nie, is sy idees blatant laf want sulke groot teleskope bring die spreekwoordelike berg na Mohammed toe.

'Luthon64

Ek dink julle ouens stort sommer baie tyd in die see deur hierdie ou enigsins die tyd van die dag te gee.

Miskien is ek net aan die siniese kant, maar ek dink hierdie is 'n verlore saak.

Gaan maak liewers 'n paar ekstra blare.

Om nie eers te praat van die Voyager fotos nie. Die vaartuie moes tog immers van die aarde af gekontrolleer word om die mane te kon afneem, of hoe? Dit wat ons van die aarde af sien is geyktydig deur Voyager bevestig as 'n maan. Of dalk is dit op die foto’s wat ons vir 'n maan aansien, net een van daai lastige “orbs”. ::slight_smile:

Rigil

Geld is maar net 'n korttermyn motiveerder. Om kreasioniste bietjie te roer is dalk 'n verlore saak, maar dis ten minste belastingvry. ;D :wink:

Rigil

Nee, dit is die mees bisarre aspek van sy idees. Hy is tevrede dat Jupiter se mane wel bestaan en met groot, professionele teleskope waargeneem kan word. Hulle kan net nie met 'n verkyker of klein teleskopie gesien word nie. Wat jy deur jou verkyker sien is 'n optiese illusie, of (selfs nog meer bisar) baie groot asteroïdes wat veel nader aan die aarde is.

Nou sit hy met 'n probleem: daardie asteroïdes is heeltyd presies in die posisie waar Jupiter se mane voorspel word om te wees. So as ons 'n professionele teleskoop op daardie punt rig sien ons die regte mane, maar as ons met 'n verkyker kyk sien ons die asteroïdes. Die professionele sterrekundiges sien om een of ander rede nie die asteroïdes nie, ten spyte daarvan dat die goed reg voor die mane is en heelwat helderder.

Dis fokken surrealisties. Maar ek het so gevoel hy is eintlik nou maar net besig om trol te speel omdat hy nie wil erken hy is verkeerd nie, en hy weet goed sy eie ondersteuners daar glo wat hy ook al sê. Wel, moontlik. Ek merk op sy gewone koor van ja-broers was nogal opmerklik in hul afwesigheid met hierdie Jupiter-ding. Dalk het hulle een aand gou met 'n verkyker na Jupiter gekyk… :slight_smile: