Kreasionis met Jupiter se mane gepla

As ek reg onthou het ek dit oorweeg om dit te noem maar toe daarteen besluit. Ek probeer nie om hom te oortuig nie. Ek skryf grrotliks vir die min of meer neutrale waarnemer en wil dus dinge nie te veel kompliseer nie.

In ieder geval, lyk of hy nou die aftog geblaas het. Hy het nou skielik allerlei ander dringende goed om te doen.

Goodness me, Kobus de Klerk has now thoroughly painted himself into such a tight corner that in order to defend his stance, he simply has to call the cosmological principle into question, even on as small a scale as our solar system. His ongoing and increasingly inventive dismissals of the physics and laws of optics are similarly entertaining and revealing.

'Luthon64

Die weersprekings en absurditeite raak al hoe meer komedies. Aan die een kant sê Kobus de Klerk dat sonder die ligstraling wat hy uitsit, sou ons son te klein verskyn om met die blote oog sigbaar te wees vanaf Jupiter (wat demonstreerbaar twak is). Verder meen hy dat dieselfde son op ’n afstand van min of meer 777 miljoen kilometer, ’n reuse skaduwee op Jupiter se oppervlakte sal veroorsaak van ’n klein ruimtetuig wat omtrent 400 duisend kilometer in lyn met die son van díé planeet af weg is.

Aan die ander kant skryf hy vanoggend: “As die effek van die luminositeit [van sterre] egter enige bestralingsvermoeë had, sou ons almal met sonbrand gesit het, selfs gedurende die nag en sou ons, ons eie skaduwees daarin kon sien.”

Met ander woorde, van Jupiter af gesien is die son ’n “kopspeld-klein spikkeltjie” wat sterk genoeg is om ’n skaduwee op Jupiter te kaats maar ander sterre wat ook “kopspeld-klein spikkeltjies” is, kan nie dieselfde ding op die aarde doen nie.

Watse netjiese trieks is die nuwe deKlerkse optika tog nie in staat toe nie!

'Luthon64

Klaarblyklik laat dit 'n mens toe om jou g*t te sien sonder 'n spieël. ::slight_smile:

R.

Ek dink hy weet teen hierdie tyd goed hy praat twak. Ek vermoed hy wil bloot ten alle koste die laaste woord oor die onderwerp inkry - in sy kosmos is dit gelykstaande aan oorwinning.

Die vraag is nou wie van hy of ons die meeste stamina hier gaan hê… ;D

Weet nie wie gese het: “Wars don’t determine who’se right, they determine who’se left”.

As sure as Sagan wearing polo necks.

Rigil

As ek die laatste publikasie oor die nuwe deKlerkse optika reg verstaan, dan is die verkleining van ’n voorwerp soos vanaf vergrotende afstande gesien, nie net ’n oënskynlike uitwerking nie, maar ’n werklike fenomeen waar die fisiese grootte van die voorwerp verander soos die waarnemer se afstand daarvan verander.

Die geval van wat met ’n voorwerp se grootte gebeur indien twee of meer waarnemers dit gelyktydig bekyk vanaf verskillende afstande, is nog nie verduidelik nie… ::slight_smile:

'Luthon64

O wee.

Die voorwerp verklein eenvoudig fisies in die een verwysingsraamwerk, maar nie noodwendig tot dieselfde mate in die ander nie. Die nuwe nie-geometriese optika is soms tru-intuïtief, maar hou moed: wat belangrik is, is die wiskunde daaragter. 0:)

Rigil

Ja, julle agnoste het net nie die nodige spirituele intelligensie om die De Klerk-disintegraal te kan verstaan nie…

Wel, will jy nou meer: 'n dag of drie sonder dat KdK die debat verder voer. Dalk het hy die aftog geblaas? Dit sou iets nuut wees vir hom!

Glo nie so nie. Ek verwag eerder dat hy kortliks weer sal opdaag met ’n nuwe klomp syfers wat hy tans mee besig is om op te maak — en as dié syfers nie in die regte verhouding met sy bestaande deKlerkse wette geklop kan word nie, dan sal daar ook ewe skielik ’n nuwe wet of twee verskyn.

Maar my verwagtinge is heel moontlik verkeerd.

'Luthon64

Ek hoop hy bly weg, want die hele ding raak eintlik nou vervelig. Mens kan net soveel visse in 'n vat skiet voor dit bietjie uitputtend raak. :slight_smile:

Soos ek al voorheen geseg het: ignoreer hom! Hy is soos 'n skoothondjie…selfs kritiek is welkome aandag!

Ja, maar nie ek of Mefiante is bereid om hom toe te laat om die laaste woord in daardie debat in the kry nie. :slight_smile:

Ek sal onttrek as KdK een van twee dinge doen. Of hy vra uitdruklik om die laaste woord te hê, of by begin sinvolle goed skryf. Dis sy keuse en ek het dit duidelik so aan hom gestel. Maar ek gaan nie toelaat dat hy onbetwis sy strooi verkondig asof dit feit was nie.

'Luthon64

Eish … dit herinner my aan die wiskundige bal wat nooit grond bereik nie!

Brian, gelukkig is die gemiddelde kreasionis se benadering meer as lomp genoeg om te verseker dat die bal misterieus vinniger grond toe versnel as die swaartekrag dit voorspel. :stuck_out_tongue:

Meer ernstig gesproke, jy’s seker reg as mens dié situasie oppervlakkig bekyk en individuë soos KdK in isolasie bekyk. Maar my siening is ietwat breër en lang termyn as dit. As meer mense ouens soos KdK sou aanvat oor die nonsens wat hulle hardop verkondig dan sal sulke ouens oor die algemeen toenemend meer omsigtig word oor dit wal hulle sê en skryf. En alhoewel dít tyd en moeite vat, kan dit nie ’n slegte ding wees nie. As skeptici is dit mos deel van ons doel om mense aan te moedig om nie sommer enige onsin te anvaar nie net omdat dit na ons smaak klink, hoe ondankbaar die pad daarnatoe ookal mag wees.

'Luthon64