Meisie uit skool verban ná verkragting

Meisie uit skool verban ná verkragting

http://afrikaans.news24.com/Wereld/Nuus/Meisie-uit-skool-verban-na-verkragting-20121009

Djakarta – 'n Indonesiese skool het 'n 14-jarige meisie verban en beweer sy het die skool se beeld geskaad nadat sy deur 'n vermeende mensehandelaar verkrag is, het 'n kinderregte-aktivis Dinsdag gesê.

Arist Merdeka Sirait, voorsitter van die Nasionale Kommissie vir Kinderbeskerming, het gesê 'n privaatskool net buite Djakarta het die tiener Maandag tydens 'n seremonie, wat deur leerders bygewoon is, verban.

'n Onderwyser het aan die meisie gesê sy het “die skool se beeld geskaad”, het Sirait gesê.

“Die skool het haar trauma vererger deur haar voor honderde skoolmaats te verneder,” het hy aan AFP gesê.

Die kommissie het 'n brief uit protes teen die verbanning aan die skool se bestuur gestuur en gaan ook 'n skrywe aan die ministerie van onderwys rig en vra dat hul lisensie nagegaan moet word, het Sirait gesê.

“Die meisie was 'n slagoffer van kinderhandel. Die skool moes haar help om haar trauma te verwerk,” het hy gesê.

'n Lid van die sindikaat het die meisie op Facebook kontak. Hy het die meisie verlede maand 'n week lank gevange gehou.

Die skool kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Skokkend en agterlik. >:(

Who the hell are these people. Really!

Dis opmerklik hoe effektief die Streisand Effek werk om diegene skuldig van orderdrukking 'n lepel van hulle eie medisyne te gee.

So, gaan die aap wat die skool nou RERIG aan 'n hoogs publieke vernedering blootgestel het ewe hard gestraf word?

Net as hy verkrag word. :slight_smile: