'n Biddag vir reen vandag in die Oos-Kaap

Ek lees in vandag se Oos-Kaap Burger dat Angus Buchan, (van Faith Like Potatoes - faam) 'n biddiens vir reen in Uitenhage hou. Die omgewing ly erg onder droogte, sommige dele al die laaste drie jaar. Dit is voorbladnuus met 'n groot foto van 'n springbok wat dood le in die dorre veld.

Mintaka

Ek het ook nou net 'n gebed opgestuur - vir reën in die Oos-Kaap en ook hier in die Wes-Kaap, om die brande (fotos) te blus. En sommer ook sodat dit ophou om so baie te reën in Gauteng.
Dis nie te moeilik gewees nie, kan nie glo niemand het in drie jaar nie daaraan gedink nie ::slight_smile:

Ek wonder hoekom Liewe Jesus in die eerste plek besluit het om die mense en springbokke so te straf, of het die Duiwel ook beheer oor die weer… :-\

Na ’n ywerige gebedsessie ;), kry ek toe die storie hier.

'Luthon64

En het dit toe gereen?

Nog nie. Hulle het seker nie hard genoeg gebid nie. Dalk moet hulle oorskakel en met aartappels begin boer.

'Luthon64

Hulle is nie ware Xtene nie.

As dit wel gereën het sou dit natuurlik bewys het dat Angus met god kan gesels maar nou is dit dat ons nie aaltyd kan verstaan hoe hy werk nie. Meskien is daar 'n boer wat 'n les geleer moet, word of dalk is dit die duiwel se skuld.

Al die krediet as dit goed gaan maar as dit sleg gaan? Klink soos 'n politikus.

Ek was toe na die saamtrek toe om te sien wat gebeur. Ongelooflik baie mense in die Sportsentrum, ek dink selfs meer as met die laaste Patricia Lewis konsert. Gesukkel om te sien wat aangaan.

Daar was drie stelle gebede, en beleidenis van sonde was ook gedoen.

Ek’s bly om te rapporteer dat 'n lekker bui reen so 'n halfuur gelede begin val het: ek hoop dit hou aan en aan en aan …

Mintaka

Wel, ek is bly om te rapporteer dat die FSM my gebede ook gehoor het. Ons het Saterdag 'n lekker reëntjie gehad wat die vuur op die berg geblus het. Ek moet darrem bieg dat voordat ek gepost het, het ek so bietjie rondgesoek op weathersa.co.za se website en op dié topic afgekom: Possible Cape Town Rain This Weekend?
Daar was inderdaad 'n pragtige donderstorm met blitse en als oor die see gewees Saterdag aand. Was nogal mooi om so van die sand af te sit en kyk.

Ek wonder of Angus ook toegang het oor goed soos weerberigte en die internet? ???

Mmm… ja. Die probleem met so 'n eksperiment is dat dit maar sal sukkel om 'n kontrole op te stel.

Die weer is een van die min dinge waaroor die mens bitter weinig invloed het. Alle ander rampe soos politiek( ;)), oorloe, siektes en hongersnood is darm so min of meer beinvloedbaar deur menslike aksies, maar nie eintlik klimaat nie.

'n Gelowige wat siek word, sal beide vir gemnesing bid, sowel as van die mediese wetenskap gebruik maak. (Wonder wat hy sal kies as hy gedwing word om slegs een weg tot welstand te volg.)

Maar die weer is 'n ander storie. Ek kry die indruk dat as daar nou een ding is wat gelowiges tot aksie laat oorgaan, dit die weer is.

Ek was nog altyd onder die indruk dat dit die afwesigheid van weer is wat hulle tot aksie laat oorgaan…soos om met die gode in gesprek te tree of 'n tussneganger te huur wanneer die weer lank genoeg wegbly.

AS die gode natuurlik hulle job ordentlik doen en weer gee wanneer dit benodig word en die donderse ding weghou wanneer nodig steur die spookgloers gewoonlik nie die gode nie. ;D